VLU Mpumalanga
  • Tuis
    • Snuffel Hoekie >
      • Kalender 2026
  • Wie is ons
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Wat maak VLUM uniek
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Streek Opdeling
    • Mpumalanga Streke >
      • Carpe Diem >
        • Carpe Diem Bestuur
      • Hoëveld >
        • Hoëveld Bestuur
      • Kosmos >
        • Kosmos Bestuur
      • Malieveld >
        • Malieveld Bestuur
      • Tambuki >
        • Tambuki Bestuur
      • Suikerbos >
        • Suikerbos Bestuur
  • Provinsiale Kompetisies
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
  • SAVLU Kompetisies
    • SAVLU Kompetisie 2027
    • SAVLU Kompetisies 2021
    • SAVLU Kompetisies 2018/2019
  • Jaarlikse Inligting
    • Inligting 2026
    • Inligting 2025
    • Inligting 2024
  • Communiqué & Albums
  • VLUM Mylpale
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
    • TVLU 100 oud
  • Beoordelaars
    • Beoordelaar vereistes
  • Sluit aan

VLU MPUMALANGA WORD 21!!!

Picture
Hierdie 21 jarige vrou is glad nie vreemd. Sy is ‘n positiewe vrou wat kan saamwerk en saambou, leef en laat leef. Sy is nie kleinlik nie, maar groot in gedagte , woord en daad.
Sy vermy foutvindery, kan ander eerlik in die oë kyk, is traag om te oordeel, is rustig, waardig, sagsinnig en minsaam.
Hoe was jy toe jy 21 geword het? Kan jy sê dat jy al baie lewenslesse geleer het,  was jy toe al so vaardig en  kreatief, knap soos die Spreukevrou?  Kon jy toe al ander inspireer en aanmoedig? Het jy toe al baie verrykende  geleenthede beleef, jou talente ontdek en ontwikkel, hegte vriendskappe gehad en jou passie as vrou  uitgeleef? Het jy toe al ‘n verskil gemaak in gemeenskappe?
Wat ‘n ongelooflike voorreg om 21 te wees, en al hierdie eienskappe te hê danksy voorgangers wat die pad vir jou gebaan het.  Dankie aan vroue  wat reeds  in 1925 die visie gehad het om ‘n vroue organisasie te stig waar al hierdie vrouwees eienskappe ontwikkel kon word sodat VLU Mpumalanga in 2016 die bonus kan geniet van ‘n verjongingskuur om 21 jaar te wees met al die ervaringe en vaardighede van baie jare.
Geluk aan VLU Mpumalanga met hierdie baie spesiale verjaardag en mag die seën van die Here saam met ons die toekoms in stap.
 
RINA POTGIETER
PRESIDENTE VLUM MPUMALANGA
​  

Picture
​Ons vier vanjaar ‘n pragtige jong dame se een-en-twintigste verjaardag. Baie van ons het haar eerste treetjies meegemaak en ander het haar as kind leer ken. Soms sorgvry en soms met groeipyne. Van ons het gesien dat sy maar ook deur tienernukke en grille gegaan het. Omdat sy egter in liefde, omgee en ondersteuning grootgeword het, het sy ontluik in hierdie pragtige jong vrou wat 21 is en wat ons VLU Mpumalanga noem. Ons lig nie net vandag ons glasies met gelukwensing en mooi woorde nie, maar ons buig ook ons hoofde in dankbare aanbiddding vir dit wat ons het en dit wat ons hoop om vorentoe te hê.
Geluk jong VLUMP dame - dis met liefde en trots wat ek die boodskap aan jou stuur.
 
MANDIE STEENKAMP
VOORMALIGE PRESIDENTE

Picture

​Op
nog
21 jaar
VLU Mpumalanga!!

​

Picture
​Om 21 jaar oud te word beteken dat volle verantwoordelikheid nou geneem word vir alle besluite en optredes - iets wat VLU alreeds vir menige jare suksesvol doen. Met die kennis en ervaring van die afgelope jare, beteken dit eerder dat die tempo nou gaan toeneem - daarom, maak vas die veiligheidsgordel en skiet uit tot in die stratosfeer. Mag elke uitdaging sinvolle antwoorde bring en mag elke geleentheid die vise van ons organisasie ten volle omarm en uitleef.
Baie geluk VLU Mpumalanga!
 
HENRIETTA SCHOEMAN
VOORMALIGE PRESIDENTE

Picture
Dankie vir die voorreg om my gelukwense te kan oordra aan die leierskap en lede van VLU Mpumalanga op 21 jaar se vreugde en vooruitgang.
Deur die genade van God, die toewyding van bekwame leiers en  lojale lede, is VLU Mpumalanga na 21 jaar ‘n reuse sukses.
Ek klink graag ‘n glasie borrelende vonkelwyn op die 21 jaar wat verby is. 
Mag VLU Mpumalanga Borrel en Bruis en Woeker en Wen! 
 
May the words of Psalms 127 always be with us and our beloved WAU Mpumalanga:
IF THE Lord does not build the house,
The work of the builders is useless;
If the Lord does not protect the city,
It is useless for the sentries to stand guard.
 
Long live WAU Mpumalanga!
ANPHIA GROBLER
VOORMALIGE PRESIDENTE
​

Picture
Een en twintig jaar gelede was dit my voorreg om hierdie organisasie te lei op ‘n VLU-pad die toekoms in en met die Here se leiding en krag kon  ek daarin slaag om hier “in die plek waar die son opkom” ons geliefde organisasie te stig.
Ek is dankbaar dat toegewyde Presidentes en entoesiastiese lede deur die jare steeds met dieselfde passie aan die toekoms van hierdie buitengewone organisasie gewerk het, sodat ons vandag kan  feesvier.
Ontvang hiermee my hartlike gelukwensing met die herdenking van VLU Mpumalanga se 21 ste bestaansjaar en wees verseker van my voortgesette ondersteuning en lojaliteit aan my geliefde organisasie.
 
MAGDIE DE KOCK
VOORMALIGE PRESIDENTE
​

Presidente

Alna Kapp
​e-pos: [email protected]
  • Tuis
    • Snuffel Hoekie >
      • Kalender 2026
  • Wie is ons
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Wat maak VLUM uniek
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Streek Opdeling
    • Mpumalanga Streke >
      • Carpe Diem >
        • Carpe Diem Bestuur
      • Hoëveld >
        • Hoëveld Bestuur
      • Kosmos >
        • Kosmos Bestuur
      • Malieveld >
        • Malieveld Bestuur
      • Tambuki >
        • Tambuki Bestuur
      • Suikerbos >
        • Suikerbos Bestuur
  • Provinsiale Kompetisies
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
  • SAVLU Kompetisies
    • SAVLU Kompetisie 2027
    • SAVLU Kompetisies 2021
    • SAVLU Kompetisies 2018/2019
  • Jaarlikse Inligting
    • Inligting 2026
    • Inligting 2025
    • Inligting 2024
  • Communiqué & Albums
  • VLUM Mylpale
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
    • TVLU 100 oud
  • Beoordelaars
    • Beoordelaar vereistes
  • Sluit aan