GESKIEDENIS & SIMBOLIEK
Die TVLU het op 8 September 1925 ontstaan. 55 Vroue het byeengekom in die raadsaal van die ou stadshuis in Pretoria o.l.v. mev Edith O’Connor, terwyl hul manne by ‘n Transvaalse Landbou Unie Konferensie was. Daar was behoefte by vroue om hulself op te hef en ‘n bydrae tot die gesin te lewer – die VLU was daardie jare die “universiteit van die vrou”. Ander provinsies volg Transvaal se voorbeeld en vorm saam (sedert 1931) die SAVLU. Na 1994, het ontbondeling van die TVLU plaasgevind en is daar in 1995 ‘n herindeling van VLU provinsies gedoen. Vandag bestaan SAVLU uit VLU Mpumalanga, VLU Noord, VLU Overvaal, Vrystaat VLU, Namibië (NVV), Noordwes VLU en Kwa Zulu Natal ((FWI) In Kaapland funksioneer die VLV.
In 1933 affilieer SAVLU met die WBPV (Wêreldbond van Plattelandse
vroue) http://www.acww.org.uk/ en word so deel van ‘n groot internasionale organisasie waarby meer as 300 vroue organisasies in meer as 70 lande betrokke is. Die WBPV hou elke derde jaar ‘n Konferensie en beywer hul vir die ontwikkeling van die vrou in veral die landelike gebiede. |
VLU is nie meer net op die boervrou gerig is nie. Alhoewel van die lede se manne nog boer, is die groter meerderheid van ons lede in dorpe en stede.
Mense moet ‘n kopskuif maak omtrent die VLU – ons is nie net boervroue nie en is nie ou tannies met styfgekrulde hare en voorskote nie! Ons is dinamiese vroue wat onsself op alle lewensterreine van vrouwees wil bekwaam en verryk tot diens aan die gemeenskap. VLU bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef! |