VLU Mpumalanga
  • Tuis
    • Snuffel Hoekie >
      • Kalender 2026
  • Wie is ons
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Wat maak VLUM uniek
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Streek Opdeling
    • Mpumalanga Streke >
      • Carpe Diem >
        • Carpe Diem Bestuur
      • Hoëveld >
        • Hoëveld Bestuur
      • Kosmos >
        • Kosmos Bestuur
      • Malieveld >
        • Malieveld Bestuur
      • Tambuki >
        • Tambuki Bestuur
      • Suikerbos >
        • Suikerbos Bestuur
  • Provinsiale Kompetisies
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
  • SAVLU Kompetisies
    • SAVLU Kompetisie 2027
    • SAVLU Kompetisies 2021
    • SAVLU Kompetisies 2018/2019
  • Jaarlikse Inligting
    • Inligting 2026
    • Inligting 2025
    • Inligting 2024
  • Communiqué & Albums
  • VLUM Mylpale
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
    • TVLU 100 oud
  • Beoordelaars
    • Beoordelaar vereistes
  • Sluit aan

GESKIEDENIS & SIMBOLIEK

Die TVLU het op 8 September 1925 ontstaan. 55 Vroue het byeengekom in die raadsaal van die ou stadshuis in Pretoria o.l.v. mev Edith O’Connor, terwyl hul manne by ‘n Transvaalse Landbou Unie Konferensie was.  Daar was 'n behoefte by vroue om hulself op te hef en ‘n bydrae tot die gesin te lewer – die VLU was daardie jare die “universiteit van die vrou”.  Ander provinsies volg Transvaal se voorbeeld en vorm saam (sedert 1931) die SAVLU. Na 1994, het ontbondeling van die TVLU plaasgevind en is daar in 1995 ‘n herindeling van VLU provinsies gedoen.

Vandag bestaan SAVLU uit:
VLU Mpumalanga,
VLU Noord,
VLU Overvaal,
Vrystaat VLU,
Namibië (NVV),
Noordwes VLU en Kwa Zulu Natal ((FWI)
​In Kaapland funksioneer die VLV. 

In 1933 affilieer SAVLU met die WBPV (Wêreldbond van Plattelandse
vroue) http://www.acww.org.uk/ en word so deel van ‘n groot internasionale organisasie waarby meer as 300 vroue organisasies in meer as 70 lande betrokke is.

​Die WBPV hou elke derde jaar ‘n Konferensie en beywer hul vir die ontwikkeling van die vrou in veral die landelike gebiede.


VLU is nie meer net op die boervrou gerig is nie. Alhoewel van die lede se manne nog boer, is die groter meerderheid van ons lede in dorpe en stede. 

Mense moet ‘n kopskuif maak omtrent die VLU – ons is nie net boervroue nie en is nie ou tannies met styfgekrulde hare en voorskote nie!

​Ons is dinamiese vroue wat onsself op alle lewensterreine van vrouwees wil bekwaam en verryk tot diens aan die gemeenskap.  VLU bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef!


Picture
VLU MPUMALANGA
GESKIEDKUNDIGE AGTERGROND

VLU Mpumalanga het op 1 Oktober 1995 ontstaan uit die ontbondeling van die Transvaalse Vroue
Landbou-unie wat in 1925 te Pretoria gestig is en die eerste georganiseerde vereniging in Suid-Afrika was, wat hom beywer het vir volwasse opvoeding van vroue.
Aanvanklik was daar 3 streke:  Middelburg, Malieveld en Hoëveld. In 2000 verdeel VLU Mp in ses streke: Carpe Diem, Hoëveld, Kosmos, Malieveld, Suikerbos en Tambuki.

Die eerste tydskrif, die Mpumalanga Communique verskyn in 1998 en in 2014 die leuse "In die belang van vroue en gemeenskappe/In the interest of women and communities."

Die eerste presidente was Magdie de Kock (1995-1998) daarna Anphia Grobler (1998-2004) Henrietta Schoeman (2004-2010) Mandie Steenkamp (2010-2012) en Rina Potgieter (2012-2018)
​​​​
VLU Mpumalanga is geaffilieer by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue, ‘n internasionale organisasie van vroue verenigings, verteenwoordigend van feitlik alle wêrelddele, met gemeenskaplike doelstellings: die belange, opvoeding, opheffing en veredeling van die vrou as tuisteskepper. 

VLU Mp is ook geaffilieer by SAVLU en die SA Verbruikersunie en is ‘n geassosieerde organisasie by Mpumalanga Landbou.

Anphia Grobler was deel van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se komitee onder andere as die visepresidente van die WBPV.  Magdie de Kock en Henrietta Schoeman dien sedert 2013 met die WBPV konferensie in Indië, op die Wêreldbond komitee.

Anphia Grobler SA presidente 2003-2009
Henrietta Schoeman SA presidente 2009-2015

STATUS VAN VLU MPUMALANGA
VLU Mpumalanga word internasionaal erken en word ook verteenwoordig op die drie-jaarlikse wêreldkonferensie van die WBPV.

BEDRYF
VLU Mpumalanga beskik oor ‘n hoofkantoor in die Provinsie van Mpumalanga. ‘n Sekretaresse is opsioneel met vergoeding soos bepaal deur die Uitvoerende Bestuur.

Ledegeld word jaarliks aangepas en is saam met inkomste uit beleggings die enigste inkomste vir die bedryf van die organisasie.

Indien nodig, word spesiale fondsinsamelingsprojekte van tyd tot tyd van stapel gestuur.

Die vernaamste oogmerke soos omskryf in die Grondwet van VLU Mpumalanga, is om deur middel van takstigting te voorsien in ‘n sentrum vir opvoedkunde, sosiale verkeer, ontspanning en ander bedrywighede vir die vrou. 

Op die maandelikse takvergaderings word opvoedkudige voorligting deurgegee deur middel van lesings, demonstrasies, kursusse, uitstappies, seminare, ens. Spesiale kursusse/werksklasse word ook buite die gewone vergadertye aangebied.

Die Organisasie streef daarna om die lede bewus te maak van die wyse waarop hulle hul land, volk, gemeenskap en huisgesin behulpsaam kan wees.

Gesonde kompetisie op tak-, streek-, provinsiale- en nasionale vlak, werk mee dat vroue hulle talente ontdek en beoefen.

Werksaamhede van VLU Mpumalanga bereik ‘n hoogtepunt op die jaarlikse kongres.

NUUSBLAD
Die amptelike blad van die VLU Mpumalanga is die Mpumalanga Communiquè.
Drie uitgawes verskyn jaarliks met sperdatums 3 Maart, 3 Junie en 3 September.

LIDMAATSKAP
VLU Mp is ‘n nie-politieke, nie sektariese,  tweetalige vroue-organisasie met lidmaatskap oop vir alle vroue bo 16 jaar.
Juniortakke met dogters jonger as 16 jaar kan ook gestig word – helfte van ledegeld dan betaalbaar.

SAMESTELLING VAN ‘N TAK
‘n Tak bestaan uit minstens ses lede bo die ouderdom van 16 jaar, woonagtig in die provinsie van Mpumalanga. 

Die tak moet ook ‘n naam hê wat deur die uitvoerende bestuur goedgekeur is. 
‘n Persoon kan alleen aanspraak maak op lidmaatskap as haar ledegelde een jaar vooruit betaal is, anders het sy nie stemreg nie en mag sy nie haar tak elders verteenwoordig nie.

AFFILIASIE
‘n Tak is outomaties geaffilieer met VLU Mpumalanga, die Streek, SAVLU en die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) en moet aan die volgende instansies verpligte gelde betaal:
  • Aan Provinsie: ‘n Bedrag per lid per jaar soos van tyd tot tyd deur kongres goedgekeur  word.
  • Aan Streek: Soos in die huishoudelike reëls van die streek bepaal is en van tyd tot tyd tydens ‘n streekkonferensie bepaal word.
  • Aan SAVLU: Ledegeld soos van tyd tot tyd bepaal.
  • Aan WBPV: Ledegeld en Vriendskapsmunte aan die organisasie wat ons wêreldwyd verbind aan ander vroue organisasies.
  • Aan die SA Verbruikersunie: Word jaarliks deur Verbruikersunie bepaal. Vergaderings van die Verbruikersunie word deur verteenwoordiger van die UB bygewoon.
  • VLU Mp is ‘n geassosieerde lid by Mp Landbou en het geen ledegeld verpligting nie. Vergaderings van Mp Landbou word deur presidente of skakelbeampte bygewoon.
 
LEDEGELD
Elke tak bepaal self sy ledegeld (met inagneming van bogenoemde verpligte affiliasiegelde).

AMPSDRAERS EN BESTUUR
‘n Tak se ampsdraers bestaan uit ‘n voorsitster, vise-voorsitster/s, ‘n sekretaresse, tesouriere, skakelbeampte en beoordelingsameroepster.
Die res van die bestuur soos deur die tak self besluit.

VERGADERINGS
Minstens nege vergaderings van ‘n opvoedkundige aard moet jaarliks gehou word.  Sodanige vergaderings moet op ‘n bepaalde dag van die maand gehou word.  Kennisgewing daarvan geskied soos u bepaal.  (Sommige takke beskou hul jaarprogram as kennisgewing om koste te bespaar.)  Die tegnologie is uitstekend vir die doel.

Die algemene jaarvergadering word elke Januarie gehou.  Hierdie vergadering word hoofsaaklik gewy aan die verkiesing van die bestuur, jaarverslag van die voorsitster en algemene organisasie.  Dit sal wys wees om iets interessant vir daardie vergadering te bedink om ‘n goeie opkoms te verseker.  Die sameroepster van die vergadering reël self vir ‘n spreker, demonstrasie, kursus, uitstalling of uitstappie.  Hulle stel die spreker aan die lede bekend en doen die nodige bedanking daarna en oorhandig dan weer die vergadering aan die voorsitster.

HUISHOUDELIKE REËLS VAN DIE TAK
Om ‘n tak se werksaamhede te laat vlot, is dit wenslik dat huishoudelike reëls saamgestel word.  (Riglyne is beskikbaar)  Hierdie reëls sal net geldig wees indien dit nie in stryd met VLU Mp se Grondwet is nie.  Daarna moet dit by die streekvoorsitster vir haar goedkeuring ingedien word.

WERKSAAMHEDE VAN DIE TAK
Elke tak stel ‘n jaarprogram op.  Dit gee die sameroepster genoeg tyd om reëlings te tref en die lede kan ook vooruit beplan.  Op die jaarprogram moet aangedui word watter dag van die maand u sal vergader, waar en ook hoe laat.

KOMPETISIES
Die VLU is ‘n opvoedkundige organisasie, maar ons kan nie ons lede net voer met prikkelende praatjies nie – ons is immers geen sosiale klub nie. 
Dit sou egter sinneloos wees as ons lede net demonstrasies van die een of ander handvlyt artikel of gebottel en gebak bywoon, sonder om hul die geleentheid te bied om vas te stel of hulle dit begryp en self kan bemeester.  Daarom het ons deelname aan kompetisies.

Gesonde kompetisies het nog altyd die beste in ‘n mens na vore gebring.  Daarsonder lewer ‘n mens maar net jou tweede beste, gooi dan tou op en beweer skouerophalend dat jy dit of dat net nie kan doen nie. Geen mens word aangespoor om ‘n ding ‘n tweede keer te doen as jy moet sukkel nie. 

Deelname aan kompetisies onderskei ons van ander organisasies.
Ons gee deskundige opleiding hoe om ‘n spesifieke artikel te maak en dmv kompetisies kry lede geleentheid om die wenke en lesse prakties toe te pas. 

Daardie artikels word dan beoordeel en so word u gewys waar u gefouteer het en wat u moet doen om dit uit te skakel.  Die beoordelaars is maar te gewillig om probleme op te los, wenke te gee en aanbevelings te maak.

As ons weet hoe, sal daar minder vermorsing plaasvind en sal ons nie so gou moed verloor nie. Niks gee ‘n mens meer bevrediging as iets wat jy self gemaak het nie en niks is ook goedkoper nie.

Hou kompetisie-artikels klein, prakties en bekostigbaar sodat almal lus sal voel om deel te neem.
Onthou niemand weet hoeveel talente in haar skuil voordat dit nie eers ontgin word nie.  Dit is ons taak om daardie ontginningswerk te doen.
​
VERSLAE
Daar word van enige georganiseerde vereniging verwag dat verslag oor hulle werksaamhede gedoen word.  Ons moet ook elke jaar verslag doen.  Elke takvoorsitster doen jaarliks aan die streek verslag, die streek weer aan die provinsie, die provinsie doen weer aan die oorkoepelende liggaam, SAVLU verslag en ook driejaarliks aan die Wêreldbond van Plattelandse Vroue.


Presidente

Alna Kapp
​e-pos: [email protected]
  • Tuis
    • Snuffel Hoekie >
      • Kalender 2026
  • Wie is ons
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Wat maak VLUM uniek
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Streek Opdeling
    • Mpumalanga Streke >
      • Carpe Diem >
        • Carpe Diem Bestuur
      • Hoëveld >
        • Hoëveld Bestuur
      • Kosmos >
        • Kosmos Bestuur
      • Malieveld >
        • Malieveld Bestuur
      • Tambuki >
        • Tambuki Bestuur
      • Suikerbos >
        • Suikerbos Bestuur
  • Provinsiale Kompetisies
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
  • SAVLU Kompetisies
    • SAVLU Kompetisie 2027
    • SAVLU Kompetisies 2021
    • SAVLU Kompetisies 2018/2019
  • Jaarlikse Inligting
    • Inligting 2026
    • Inligting 2025
    • Inligting 2024
  • Communiqué & Albums
  • VLUM Mylpale
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
    • TVLU 100 oud
  • Beoordelaars
    • Beoordelaar vereistes
  • Sluit aan