VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

streek KOMPETISIES



verkorte Kompetisie Riglyne 2020/2021

gebak
​​Anysbeskuit

Lekkers
​​Vrugte joep-joeps​

Masjienwerk
​​n Piekniek Kwilt

Hekelwerk
Gehekelde mandjie

Handborduurwerk
​Kussingoortreksel in Saishiko​​

skryfkuns
​En toe kom die reën

Blomme
Die Lappop

gebottel
​Heel Nartjies

‘Mikrogolf gebak
‘Geen

handbreiwerk
​​ n Stel van twee gebreide stewelboordjies ​

borduurmasjienwerk
​n Skinkbordlap in Richelieu werk​

skets
​n Voël in pastel​

fotografie
​These boots are made for walking

handvlyt
​‘n Bak van papiermache
​


REIWERK:
‘n Stel van 2 gebreide stewelboordjies(boot cuffs)
VEREISTES:
  • ‘n Stel van 2 gebreide stewelboordjies vir die winter.
  • Breidraad en patroonsteek is deelnemer se eie keuse. Geen vasmakers.
  • Geen hekelwerk word toegelaat nie.
Riglyne:
  • Breidraad en patroonsteek is deelnemer se eie keuse
  • Die ontwerp en patroonsteke moet geskik wees vir die artikel wat gemaak gaan word.
  • Gebruik breidraad wat geskik is vir die patroon wat gebruik word.
  • Geen breidraad word voorgeskryf nie, dus kan dit dun wol of katoendraad wees.
  • Die dikte van die naalde word bepaal deur die draaddikte, persoonlike breispanning en die tipe patroonsteek wat gebruik word.
 AFWERKING EN AANBIEDING:
 Oordeelkundige parswerk word aanbeveel. 
Naam van lid en tak moet op ‘n lappie geskryf, toegevou en met speldjie aan artikel geheg word
.Voorkoms: 50%
Werksgehalte: 50%

HEKELWERK
‘n Gehekelde mandjie
Vereistes
  • Nie kleiner as 20 x 20 cm nie
  • Nie groter as 50 x 50cm nie
  • Geen gekoopte bodems nie
 
Riglyne:
  • Enige tipe kleurvolle Hekelgare kan gebruik word. T-yarn kan ook gebruik word
  • Kan met meer as een kleur gemaak word.
  • Gekoopte handvatsels mag gebruik word.
  • Deelnemer se naam word op toegevoude lappie onderaan die artikel vasgespeld
 
BORDUURWERK   
  Saishiko borduurwerk  - kussingoortreksel.

 Saishiko is 'n Japanese borduur volkskuns, wat met behulp van die basiese lopende steek ‘n patroon agtergrond skep.
Die geometriese patrone sluit in reguit of geboë lyne van stiksel in 'n herhalende patroon . Die Japanese woord Saishiko beteken klein steekstene en verwys na die klein steke wat in hierdie vorm van naaldwerk gebruik word.
Inspirasie vir ontwerpe kom gewoonlik van die natuur af, soos wolke, golwende water of golwe, blomme en blare.
 Benodighede.
Indigo(denim) gekleurde stof. Kan ook op wit gedoen word.
"Stranded " katoengare, grootte 8 of 22 pêrel katoen of fyn hekelgare.
Naalde is tipies baie  lank met 'n groot oog.
 Mate.
Vierkantig of langwerpige slope word gemaak. Openinge eie keuse. 
Verwys na handleiding aangaande kussingoortreksels.

MASJIENBORDUURWERK
‘n Skinkbordlap in Richelieu werk (uitsnywerk)
 
Riglyne:
  • ‘n Skinkbordlap kan reghoekig, ovaal, rond of enige ander fatsoen wees, afhangende van die skinkbord waarvoor dit gemaak word.
  • Die skinkbordlap moet vir ‘n middelgrootte skinkbord gemaak word.
  • Netjiese afwerking is belangrik
            Item moet in sy doel slaag
            Voorkoms:               50%
            Werkgehalte:          50%

MASJIENWERK
‘n Piekniek Kwilt
Vereistes:
  • Maksimum grootte 150 x 200cm
  • Die kwilt moet 3 lae hê. Bolaag, watteersel en agterkant.
  • Maak gebruik van jou naaimasjien om deur al 3 die lae te stik. Geen borduurmasjien nie.
  • Die artikel moet wasbaar wees.
Riglyne:
  • Enige afvallappies kan gebruik word solank dit wasbaar en kleurvas  is.
  • Materiaal kan vooraf gekrimp word.
  • ‘n Ou kombers kan ook as middellaag gebruik word.

HANDVLYT - BAK VAN PAPIERMACHE
VEREISTES  -  Dit moet ‘n bruikbare artikel wees
  • Grootte;  Ronde bak se deursnee moet nie kleiner as 15cm of groter as 20cm wees nie.  ‘n Langwerpige bak moet binne die mate van kortste sy 15cm x langste sy 20cm wees en ‘n vierkantige bak se mate sal dieselfde wees as ‘n ronde bak.
Riglyne:
Vorm;  Vorm van bak eie keuse.  Rond, langwerpig of vierkantig.
Media;  Gebruik koerantpapier of ander soort papier of kombinasie van papier met dieselfde eienskappe. Die papier moet goed aanmekaar kan kleef. Papier met ‘n baie gladde bedrukte en blink oppervlak is nie geskik nie omrede dit nie gom goed absorbeer nie. 
Gom;  Daar is verskeie soorte gom beskikbaar.  Koue lym (Alcolin cold glue) en Mod podge is goeie voorbeelde.
Seëlaar;  Gebruik ‘n waterdigte seëlaar.
WERKSGEHALTE
  1. Papier moet in repies geskeur of gesny word van omtrent 2.5cm breedte. 
  2. Plak stroke laag vir laag en laat die eerste laag goed droog word voordat ‘n volgende laag opgeplak word.
  3. Druk die lugblasies deurentyd uit en sorg dat die gom die hele oppervlakte van elke strokie bedek.  Dit is moeilik om agterna ongeplakte dele en lugblasies te verwyder.
  4. Plak minstens 6 tot 7 lae strokies om ‘n stewige bak te vorm.
  5. Strokies moet laag vir laag kruis en dwars geplak word sodat alle oop spasies bedek kan word.
  6. Behou eenvormigheid sodat bak heeltemal gebalanseerd voorkom.
  7. Versier bak met patrone en kleure van eie keuse. Gebruik akrielverf of ander tegniek.
  8. Verseël met waterdigte verseëlaar.
SKETS  
Skets ‘n voël in pastel
Tema; Voëls as onderwerp materiaal. Invul van agtergrond of net skets van onderwerp word oorgelaat aan u eie keuse. Onthou dat komposisie en kleurgebruik baie belangrik is.  
Vereistes:   Grootte; A4 Pastel papier.
Pastel papier het ‘n effense grein sodat die pastelpoeier daaraan kan kleef. Die papier is verkrygbaar in verskeie kleure by kunswinkels.   Waterverfpapier is ook toelaatbaar.
Media; Pastelle kom voor in verskeie kleure.  Daar is Oliepastelle of gewone pastelle. Oliepastelle kan geskakeer word met behulp van terpentyn.  Met gewone pastelle kan ‘n vinger, stukkie spons, watte of spesiale kwas gebruik word om die poeier mee te kompakteer. NB. Kleure word nie op die skets gemeng nie.
Werksgehalte; 
  1. Hou hande skoon sodat die kleure op jou skets skoon bly.
  2. Daar is spesiale kwaste om te gebruik vir skakering. ‘n ‘’Stumping’’ kwas of ‘n ‘’paper stumping’’ kwas. Die kwaste help om die pastelpoeier  makliker te kompakteer en te skakeer op die papier.  Daar is ook ‘n sponskwas verkrygbaar of maak jou eie.
  3. Keuse van kleur van papier is baie belangrik.  Grys, blougrys en groengrys kleure skep neutrale agtergronde en hoef nie ingekleur te word nie.  
  4. Onthou; Die kleurgebruik van die agter- en voorgrond moet nie met mekaar kompeteer nie maar moet mekaar komplimenteer.
  5. Pastelwerk moet geseël word met Fixative of gebruik ‘n deurskynende haarsproei.
Opgestel deur Kato Neveling 

SKRYFKUNS
En toe kom die reën……
Vereistes:
  1. ‘n Vertelling
  2. Minimum 350 maksimum 500 woorde.
  3. Goeie spasiëring
  4. Dubbel  spasiëring tussen paragrawe
  5. Skrif –  Calibri 12
  6. Naam van deelnemer agterop vasgeplak in toegevoude papier.
  7. Moet in plastiese leêr sakkie aangebied word.
         Handgeskrewe stukke sal ook aanvaar word.
  • Font, Calibri of Times New Roman
  • Gee aandag aan leestekens en paragrawe.
Let op na taalgebruik, sinskonstruksie, korrekte spelling, leestekens en paragrawe. Dit is belangrik dat die skryfstuk geproeflees word
 
FOTOGRAFIE
“These boots are made for walking”
Riglyne:
  • Fotogrootte:  Jumbo
  • Geen manipulasie word toegelaat nie, niks mag weggelaat of bygevoeg word nie.
  • Montering moet op ‘n A4 karton (eie keuse) gedoen word.
  • Naam en taknaam moet op ‘n toegevoude papiertjie agterop die montering gedoen word en met kleefband vasgeheg word.
  • Die gemonteerde foto moet in a A4 plastieksakkie aangebied word.
  • Dit is nie nodig om die kamerabesonderhede te noem nie.
  • Gewone riglyne geld, bv. Fokus, komposisie, beligting.  

  • GEBAK, LEKKERS EN PRESERVERING
    “Sproeireën” deur DJ Opperman
    My nooi is in ’n nartjie,
    my ouma in kaneel,
    daar’s iemand … iemand in anys,
    daar’s ’n vrou in elke geur!

    As ek ’n stukkie nartjieskil
    tussen my vingers buig of knak,
    breek uit die klein sproeireën
    wat geurend om my hand uitsak,
    die boorde weer van Swartfoloos
    en met nartjies om my heen
    weet ek hoe dat ’n vrou kan troos.

    O my nooi is in ’n nartjie,
    my ouma in kaneel,
    daar’s iemand … iemand in anys,
    daar’s ’n vrou in elke geur!

    Gebak
    Anys beskuit
    Riglyne:
  • Direkte insuurmetode word gebruik.
  • Anys word as geurmiddelgebruik
  • Resep moet die beskuit vergesel
  • 6 stukke gedroogde beskuit word aangebied.
  • Algemene voorkoms: Vorm en kleur   30%
  • Tekstuur en smaak                                               70%

  • PRESERVERING
    Gepreserveerde heel nartjies
    Vereiste
  • Geen houers groter as 500ml nie
  • Riglyne:
  • Heel vrugte in “n dik helder stroop wat soms jellieagtig is by pektienryke vrugte.
  • Houers moet lugdig verseël wees.
  • Geskikte flesse moet gebruik word. Wees versigtig vir beskadigde deksels.
  • Vul bottel tot 1cm van bo af.
  • Etiket met naam van konfyt en datum van vervaardiging moet 2cm van onderaf geplak wees.
  • Voorkoms:                           30%
  • Konsistensie en smaak     70%
  •  
    LEKKERS
    Vrugte joep-joeps
    Vereiste
  • 6 lekkers in ‘n lugdigte plastiek bakkie.
  • Grootte: Blokkies van 2 x 2 x 2cm
  • Riglyne:
  • Gelatienlekkers word in fyn korrelsuiker gerol.
  • Lekkers moet die indruk van netheid en keurigheid hê.
  • Lekkers moet styf maar nie taai of gomagtig wees nie.
  • Algemene voorkoms, vorm en kleur: 50%
  • Tekstuur en smaak: 50%

  • Hou die reël van derdes in gedagte.

​

VOLG ONS OP FACEBOOK VIR MEER INLIGTING

Proudly powered by Weebly