VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012
Picture
Picture
Picture
Picture
Witbanktak is veertig jaar oud
Carpe Diem Konferensie 2018
Carpe Diem Konferensie 2018
​
Picture
Picture
Dames v Carpe Diem
Picture
Picture
Picture
Picture
Picture

VLU se harte groot en hande oop:

Carpe Diem besoek Clover
VLU Mpumalnga samel nie-bederfbare produkte in vir die Highveld Steel Hulpfonds wat deur Solidariteit Helpende Hand bestuur word. Die kos is hier aan Annemaroie van Heerden oorhandig.

VLU Carpe Diem samel kos vir troeteldiere in en gaan oorhandig dit aan Dr Rezin. 

Carpe Diem allegaartjie 

Celebre leef die jaar met passie...

Op 10 Maart 2016 het Celebre ‘n heerlike werksklas gehad.  Elsabe Nortje het aan die dames demonstreer hoe om 'n kruis te maak vir die komende Paasfees.  Elke dame het 'n swart geverfde plankie gekry en kon volgens haar smaak ‘n stuk lap om die plank draai en ‘n mooi versiering op die kruis aanbring.  Daarna het ons heerlike “hot cross buns” geeet en die ete afgesluit met ‘n marshmallow paaseier.
Picture
  


                     
​

Picture
Picture


​
Elza Derbyshire  demonstreer aan die dames van Celebretak hoe om kruisiesteekborduurwerk op Hessian te doen.  Die borduurwerk gaan gebruik word om ‘n tafelloper vir ‘n braaitafel te maak.  Elza het aan elke dame ‘n Hessianlappie uitgedeel waarop elkeen kon oefen.
Op die foto van links na regs: Elsabe Nortje, Sandra Kemp, Anneke Kleynhans, Marina Hattingh, Elza Derbyshire, Kathy Boshoff en Anthea Lyndley

Nocturne se Teddie projek:


Witbank Tak by Konferensie 2016

Carpe Diem hou streeksvergadering, getooi in rooi en vol grappies

Witbank leer om 'n omelet in 'n jiffy sakkie te maak

Azaria maak speldekussings in die vorm van 'n eier

Celebre bederf hul Voorsitter

Picture
Celebre hou beplanningsvergadering op 19 Januarie 2016
 Celebre hou vergadering op 19 Januarie 2016 by die Koshuis van HGH.Daar was 8 lede teenwoordig.  Die lede onder voorsitterskap van Marina Hatting doen fluks beplanning vir die jaar.  Almal is baie gretig om deel te neem aan die kompetisies en Marina motiveer almal om so veel as moontlik aan die kompetisies deel te neem. Almal hou baie van die tema van die jaar en voel die artikels is modern en baie relevant.
 Een van die lede Dina Steenkamp het na Pretoria verhuis en moes bedank omdat dit te ver is om vir vergaderings te ry.



​Foto van links na regs

Elsabe Nortje, Kathy Boshoff, Sandra Kemp, Anthea Lindley, Anet van Zyl, Anneke Kleynhans, Elza Derbyshire en Marina Hattingh
Op die foto hou Celebre se dames ‘n pragtige deken vas wat deur die lede van Celebre gemaak is.  Elke lid het ‘n blok borduur of gemaak en al die blokke is aanmekaar gewerk om ‘n deken te maak en dit is as trougeskenk vir Marina Hattingh gegee.

Noc turne doen dit met passie

Ons het vandag weer n suksesvolle dag gehad, ons het die seepsakkies vandag oorhandig aan die Victims in X-treme groep.  Vianca Kotze het ook kom gesels oor die Physical and Sexual Abuse by kinders, jongmense, vrouens en self bejaardes, wat n insigewende praatjie.Ons het vandag 215 sakkies vir hulle gegee, die dankbaarheid was deur en deur die moeite werd.Sedert 2014 het ons al reeds 14 suksesvolle projekte agter die blad, en die einde nog glad nie in sig nie.
 Tans is ons besig met n groooooot teddiebeer projek wat April aan die Teddie kliniek oorhandig gaan word

Witbank tak hou hul lywe Hippies ....

SAVLU Kongres te Aldam:

VLU Mpumalanga lede slaap oor op Parys na SAVLU Kongres 

Azaria sluit 2015 af met geskenke in bottels....

Carpe-Diem is bedrywig:

Azaria tak geniet VLU....

​Noc turne tak, Goue hartsvriendinne en Waste-me-not bederf Huis Immergroen met oorgetrekte hangers:
Picture

Delmas tak maak krale:

Witbank tak hard aan die werk en speel:

Lede van Witbanktak met speelgoed vir kindertjies in onkologiese sale of getraumatiese kindertjies Mpumalanga Projek.
Babs,Martie en Ria bespreek sake in die vergadering!Lede ondersteun die Bokke!
whimsical verfklas

Carpe Diem word bekroon as die Streek met die meeste punte op Kongres te Numbi Hotel 2015:

Streekvergadering - gevul met lewensvreugde:

As jy mooi luister sal jy hoor hoe babbel hulle
Speelgoed gebrei vir VLUM se projek van die jaar
Soiree het ons lekker onthaal met heerlike eetgoed.

Azaria klets en kuier die koue weg:

Kyk hoe lekker lyk dit ..... hulle stap, versier 'n koek met truffels, skenk kos vir die DBV, skenk bederfgoedjies vir Edenpark, kook marmelade, maak sjokolade hartjies, versier bottels en blikkies, besoek Margaret Roberts se Lavenderplaas, hou Streeksvergadering by Köhler Auto, maak eetgoed vir die Streeksvergadering, maak mooi krale en uile, vou blomme met mielieblare, bak Clover koeke, maak hout kruise, leer meer oor hul rekenaars en hoe om 'n makro foto te neem, hou konferensie en kuier lekker elke maand tydens werksklasse en vergaderings.


Konferensie op 14 Maart 2015 te Witbank:


Kompetisie artikels Konferensie 2015:

Avontuurlustige Azaria:

Vlytige Celebre:

Altyd besige Witbank tak:

Azaria -Tak nooi alle Dames oud en jonk om by  hulle vergaderings te kom  kuier of aan te sluit. Dit vind plaas op elke 2de donderdag van die maand by die A.P. Kerk Rita straat 7 om 8.30 vir 9H00. Die datums is soos volg:
14 Mei Tema: Denims en diamante
11Junie Tema: Foto vasvra
13 Aug: Tema: lag die lewe lekker
10 Sept Tema: Potte, panne en pampoene
8 Oktober Tema: Blom blare en bloeisels
12 Nov Tema: Kersfees ons afsluiting vir die jaar
Vir die dames wat wil kom inloer en wil aansluit by hierdie oggend tak dit is wat ons oulik dames hierdie jaar gaan doen met ons Temas. Moet dan ook nie vergeet van ons werksklasse wat elke 3de donderdag plaasvind by n lid se huis. Tydens vergadering word dit gesê by wie se huis daar lekker geleer en gewerk gaan word
Picture
Picture

Celebre sprankel:

Picture

Azaria kuier lekker by Primi Restaurant:

Witbank kuier en kook:

Neo-Luna kuier vir die laaste keer in 2014:

Azaria werksklas:

De Voetpadkloof 2014

Nee wat die foto's vertel 'n storie van pret, plesier en ons wil weer!!! Meer foto's op ons Facebook blad - VLU CARPE DIEM STREEK
PicturePure konsentrasie - Azaria, Witbank en Soiree
Die laaste Streeksvergadering in 2014 word 'n lekker kuieroggend! Nie net word die laaste belangrike sake vir 2014 bespreek nie, daar word ook lekker koek versier. Die Dames word verras deurdat die Takke nie bymekaar sit nie en lede mekaar so bietjie beter leer ken. Verder is daar op elke tafel 'n verrassinkie vir die lede -  'n koek, versiersuiker en doedels om die koek te versier. Hulle moet hul VLU jaar uitbeeld en dit in 10minute. Kyk, en is daar lekker gelag, geskerts en baie beplan! Die Dames sluit die oggend af met kaas en wyn.


Picture
Christell en Madeleine in pure verwondering
Picture
En so leer hulle .... te veel van 'n goeie ding ..........met 'n baie waterige versierstroop word hierdie koek in 'n nar verander ...VLU IS MOS LEKKER! Soiree en Magnolia
Picture
Nadat die helfte van die versiersuiker op die grond beland het - doen hierdie groepie dames van Soiree, Delmas, Magnolia en Witbank nie te sleg nie.
Picture
Kyk hier is beplan, gepraat en beraad. Celebre en Witbank
Picture
Versiersuiker aangemaak, beplanning klaar - nou gaan hulle begin versier. Celebre, Witbank en Nocturne.
Picture
Kyk hier is die gesigte van wenners. Celebre, Soiree, Neo-Luna en Witbank

Nocturne making a difference, while having fun:

Picture
Such a good feeling to teach these girls every week
Picture
The children are very eager to learn and can't wait for school holidays
Picture
Articles made by the ladies with our weekly classes
Picture
Handing blankets and Teddies to Maryna de Beer (from Xeroderma Pigmentosium organization)

Celebre vier die lewe:

Picture
Kunsborduur Uitstalling Ragel Steyn Elza Derbyshire Ria van Heerden Marina Nieuwoudt
Picture
Agter Judy Pietersen Elsabe Nortje Dina Steenkamp Voor Anet v Zyl en Sandra Kemp werksklas leer rose vou van organza en satyn materiaal
Picture
Sandra Kemp konsentreer hard as sy die rosie vou

Picture
Picture
Picture
Ons Besoek Cullinan Diamand Myn op 14 Oktober 2014. Ons groepie bestaan uit lede: Frances Theron, Elsa Stevens, Madeleine Burger amper lid: Olive vd Westhuizen besoeker: Ria Schoonraad Dit was heerlik en ons het so lekker gekuier.
Magnolia sluit 2014 af op Cullinan

Picture
Magnolia plant 'n huilboerboonboom. Maar dit was heerlik. Lede: Frances Theron, Elsa Stevens, Madeleine Burger Amper Lede: Olive vd Westhuizen, Wilmi Roux
Picture
Lede: Frances Theron, Elsa Stevens, Madeleine Burger Amper Lede: Olive vd Westhuizen, Wilmi Rox

Altyd besige Witbank:

Picture
Ina,Martie en Anria besig met hul koppie speldekussing
Picture
Elize Prinsloo bederf vir Lida maak vir haar 'n mooi koppie speldekussing
Picture
Witbanktak lede luister na 'n lesing oor die laventel en wit ysterhout bome deur Schalk van Witbank Tuin Sentrum
Picture
Helena,Ria en Daleen van Witbanktak maak 'n mooi koppie spelde kussing tydens hul besige bytjies werksklas
Picture
Witbanktak maak mooi deurstoppers Ria, Daleen, Anria, Lida en Elize
Die lede hou hul besig met die maak van deurstoppers en speldekussings in 'n koppie.

Azaria lekkerte:

Picture
Die lede moes soos manne aantrek......en dit was so snaaks. Bettie du Toit, Irene Keet en Debbie du Plessis
Picture
Lekker vol bravade voor hul vertrek na die Bloedbank
Corrie de Beer, Bettie du Toit, Ragel , Susan Kruger en Anna-Marie Venter
Picture



Azaria tak het op 24 Julie  'n heerlike bymekaarkom gehad.Ons was om 'n paar redes bymekaar.
Ons verlang na mekaar as ons mekaar lank nie sien nie.....dis die eerste rede! Tweedens het ons die markdag wat voorle se items bespreek. Ons het mekaar raad gegee  oor pryse  van die items wat hierdie klomp besige vrouens gemaak het! Debbie du Plessis het toe vir ons n heerlike werkklas gegee. Ons het geleer om n boksie  vir n klein geskenkie op baie eenvoudige manier te maak
Judy Maritz het toe  vir ons n idee gegee om kersgeskenke op n ekonomiese en kreatiewe manier te verpak.
Dit was n heerlike oggend wat natuurlike afgesluit is met stomende koppies sop en toebroodjies!
Madeleine Rossouw
Skakel-Azaria


Picture
Besige Bytjies besig met Besige boeke! Ons almal geniet die boeke maak vir Alzheimer lyers.

Picture
Witbank tak lede geniet 'n VLU uitstappie na De Oude Werf en kuier lekker saam met Mandie Steenkamp.

Picture
Skaduborduurwerk werksklas by Frances. Witbank Tak lede geniet die borduurwerk.

Picture
3 Julie vergadering Botter kan nie in Ralie, Sannie of Phyllis se monde smelt nie! Luister aandagtig na voorsitster!

Picture
Hier word hard gewerk om geskenkies mooi toe te draai. Judy Maritz, Ragel, Madeleine Rossouw

AZARIA skenk bloed

Picture
Hester Pretorius (ook 'n VLU lid) saam met Azaria Tak nadat hul bloed geskenk het
Dogters leer om naaldwerk te doen
Picture
Magnolia Tak  hou in April 'n dogtersoggend,waar dogters van die begin
af 'n projek aanpak  - van die uitsny van die patroon tot die insit van 'n rits. Die dogters en die lede het dit baie geniet!

Picture




Frances Theron wys vir Corne eat om te doen.

Picture


Elza Stevens wys vir die dogters hoe word dit gedoen.

Picture




Corne Vermeulen is trots op haar eindproduk

Picture
Robyn Schmidt  en Marina Nieuwoudt  van Celebre Tak by die bederfsakke wat Carpe Diem Streek aan Immergroen uitgedeel het.




Picture
Annette, Kathy en Anneke - nuwe lede
Picture
Wonder darem wat daar weer kwytgeraak is?? Susan Kruger en Bettie du Toit
Picture
Debbie du Plessis (Takvoorsitter) stel die voorbeeld

Picture
Celebre Tak
 by die Yarn Indaba by die Voortrekkermonument.

Picture
Celebre Tak 
by die Snuffelmark wat gehou was by Die Duckpond in Witbank.

Picture
Sandra Kemp en  Elza Derbyshire by 'n lekker werksklas.

Picture
Anthea Lindley, Judy van Deventer  en  Marina Nieuwoudt. Celebre "Feed  a Child" projek.

PictureWITBANK TAK
Martie en Pastoor Zulu. Pastoor vertel meer oor sy omgee vir straatkinders tydends ons tak vergadering 3 Julie ons gee ook 'n skenking!

Picture
Elza en Marina (Celebre tak) beoordeel artikels met Witbank se  miniskou
Op Saterdag 7 Junie vat vroue hande om 'n verskil te maak! Die gaste word onthaal met koffie en beskuit by hul aankoms, genoeg voorraad om 2 artikels klaar te maak en 'n heerlike middagete. Die reaksie en terugvoer is so positief - dat Carpe Diem streek weer so 'n oggend sal wil aanbied.
Picture
Corne en haar dogter Charne.
Picture
Drie nuwe vriendinne baie trots op hul kunswerke
Picture
Vroue vat hande!!
Picture
Lida wys haar huishulp hoe om mooi te verf

Picture
Marinda bederf 'n vriendin
Picture
Frances wys hoe om die armbandjie te ryg

Picture
Robyn en Martie gee instruksies

SOIREE MAAK 'N VERSKIL

Picture
Soiree leer broomstick lace hekel.

Picture
Magda en Wilna by die Vroue maak 'n verskil kunsoggend.

AZARIA MAAK KAARTJIES

Picture


So loop ‘n storie mos maar......almal hoor van Leilanie Pike se oulike skoondogter wat sulke mooi kaartjies kan maak! Uiteindelik is dit haar beurt om ons vergadering te lei en sy reel, dat haar skoondogter vir ons gaan kom leer hoe om ‘n kaartjie te maak. Wat ‘n belewenis! Ons mond hang oop vir die, pragtige scatterbox wat sy in ‘n japtrap vir ons leer om te maak. Selfs die vrouens wat altyd spot omdat hulle tien duime het, slaag daarin om die pragtigste kaartjie te maak. Voor ons oë word ‘n gewone stukkie karton verander in die pragtigste kaartjie! Die dames het heerlik pret gehad, was verstom, word gestimuleer om eie idees verder te ontwikkel en net.....om pret te hê terwyl hulle hard werk.!

Madeleine Rossouw
Skakelbeampte

ONS KUIER LEKKER BY DELMAS SE TAKVERGADERING

Marie, Christell en Belinda
Lekker groot groepfoto - Delmas, Neo-Luna en Witbank
Om hoede te dra...maak ons lekker laf

WITBANK TAK SE BETROKKENHEID BY DIE GEMEENSKAP

Picture










Lida Posthumus gee skenking aan N G Kerk Suid vir Ogies se barmhartigheids fonds skenking deur lede van Witbank tak

Picture
Witbank tak se kniekombers projek

Picture









 
Lida Posthumus saam 'n dame wat 102 jaar oud is

Picture
Witbanktak se cowboy girls. Lede trek soos cowboys aan met hulle vergadering 5 Junie 2014

Picture
Witbank tak se oormaak mooimaak projek Tannie Valerie kon dit nie glo nie

Picture
Witbank tak lede leer broomstick lace hekel op die stoep van Big Al's - Lekker blootstelling

NOCTURNE WOEKER MET HUL TALENTE

Ek het gedink om 'n paar fotos met julle te deel,  ek het verlede jaar Junie,begin om n Crazy Patchwork brei klassie aan te bied by Waste me Not in Witbank, ek is in die VLU Nocturne aandgroep, en my vriendin wat ook saam by
Nocturne is werk daar.  Ek het toe aangebied om die ouens bietjie touwys te maak met die crazy Patchwork klassie een Woensdag middag, groot was my verbasing oor die groot belangstelling, en net daar het dit begin...
Ek is elke week by Waste me Not op n Woensdag middag, ons groep het so uitgebrei, daar is ekstra stoele aangekoop, en toe is daar geen keer nie.
Dit is vandag vir my wonderlik om te kan se van my outjies genereer al hulle eie inkomste, ons deel patrone uit, help mekaar, deel wolle onder mekaar uit en deel in almal se lief en leed.
Ons het ook n projek aangepak waar ons blokkies gebrei het vir die Xero Pigmentosium (Kanker kindertjies) wat op n kamp gegaan het, en elkeen n kombersie saam kon vat.
Ons is tans besig met n vingerlose handskoen projek, en dit is wonderlik om te sien hoe ons almal saambrei.
Vandag kan ek met n groot glimlag se, hierdie is een van die projekte wat
nog altyd baie na aan my hart le, en n groot sukses is.
Groete
Wilma Van Zyl

Picture
Kombersies is oorhandig aan Xero Pigmentosium
Picture
Ons leer brei

Picture
Paasfees tema

Picture
Lede van die breiklassie
Picture
Baie trots op hul handewerk
Picture
Snorre en dasse vir Vadersdag

 UITSTAPPIE NA McCAIN OP DELMAS

Picture
Picture
Picture
Picture
14 Dames (Celebre en Neo-Luna) en 'n busbestuurder gaan op 'n uitstappie na Mc Cain by Delmas georganiseer deur Olive en Die Aartappelraad. Op die bussie kry hulle blykbaar tot padkos, sal ons ander hoor.... 
Hulle kom almal uitgeput maar baie entoesiasties terug. Van Aartappels en watter Wegneem ete instansie se skyfies die lekkerste is, kan hulle ons alles vertel!


WOMAN WALK THE WORLD
'n Bewusmakings veldtog van die WBPF.

Picture
22 Lede kom bymekaar by Ben Fleur Boulevard in Witbank, waar Big Al's regstaan met lekker koffie en eetgoed. Hulle gaan stap om die VLU en WBPF te bemark. Verteenwoordigers van bykans al die takke in die Streek is daar - Celebre sommer 6 van hul 8 lede!! Daar heers so 'n lekker gees dat die dames sommer net daar besluit dat daar volgende jaar 'n kompetisie geloods gaan word vir die Tak met die mooiste bannier...
PictureSandra Kemp 'n lid van Celebre hou trots hul plakkaat omhoog. Lede van die Tak het beurte gemaak om dit te dra.

Picture
Witbank tak was deur 14 lede verteenwoordig - selfs 'n lid wat vir weke siek in die bed was, het die staptog kom aandurf.

KONFERENSIE 2014:
Carpe Diem se konferensie word op 8 Maart 2014 gehou. Gaste en lede trek almal volgens die Gatsby-tema aan en dit verleen sommer lekker atmosfeer aan die oggend. Allyson Broodryk van Alzeimer's Suid -Afrika kom vertel die Dames  meer oor Alzeimer's en wat hulle in hul besige boeke kan sit en nie. Die fotohoekie was 'n wenner en die fotograaf moes op 'n stadium bontstaan om almal gehelp te kon kry. Elmien Botha was die gasspreker vir die oggend en die Dames stap met 'n beter begrip daar weg van waar hulle 'n verskil kan gaan maak al voel dit vir hulle of hulle net nie nog iets in hul besige skedule kan inpas nie. 

Allyson Broodryk en Anel van Niekerk.
Witbank tak
Rina Potgieter saam met van die streekbestuur.
Debbie du Plessis, Irene Keet en Anna-Marie Venter glimlag breed oor al die pryse waarme hul tak weggestap het.
Nocturne tak.
Gerda Swanepoel in ekstase oor haar 5 jaar lidmaatskaptoekenning wat sy ontvang het.
Elmien Botha en haar sus Madeleine Rossouw.
Azaria tak.
Picture



Drie takke  in die Carpe Diemstreek was teenwoordig met die V.L.U borduuropleiding  aangebied deur Corne Gaspar. Van links agter Ragel Steyn, Bettie du Toit, Debbie du Plessis, Susan Kruger, Elza Derbyshire. Links voor Robyn Schmidt, Anna-Marie Venter, Corne Gaspar en Marina Nieuwoudt.  

BORDUUROPLEIDING

Ons doen en late in 2014:




CARPE DIEM!!
BELANGRIKE DATUMS:
                            
19  Julie        Streeksvergadering 

9  Augustus     Snuffelmark Duckpond

3  September   Immergroen uitreik   
13 September  Golfdag en moontlike kunsdag                                           Tweefontein Golfklub

27 September  Streeksvergadering      10:00

14-16 November De Voetpadkloof Retreat

22 November    Streekvergadering en Streekafsluiting 


KOMPETISIE ARTIKELS:

Masjienwerk: Wasgoedsak vir ‘n koshuiskind Grootte 50cmx80cm as voltooi is.
Handbreiwerk: Manssokkies
Hekelwerk:  ‘n Mat (Bavarian hekelwerk) Grootte minimum 50cmx85cm en maksimum 55cmx90cm
Borduurwerk: Teenet (Skaduborbuurwerk) Grootte: 1mx1m
Handvlyt: Muurhorlosie van herwinbare materiaal Grootte 50cmx30cm  in deursnee
Gebak:    Gesondheidsbeskuit Aanbieding – 6 op ‘n bordjie.
Gebottel: Kerrievis
Lekkers: Nougat Aanbieding – 6 op ‘n bordjie.
Mikrogolf: Wortelkoek
Fotografie: Troeteldier
Potloodskets: Selfpotret
Blomme: Eenvoud







'n Viergang piekniek, 'n Cafe met  verbeelding, baie lag -  so sluit ons 'n jaar af..... 

Picture
'n lieflike klompie mense vir ewig vasgevang op 'n foto.
Picture

Carpe-diem hou hul laaste streeksvergadering en -afsluiting sommer op dieselfde dag, in die vorm van 'n "mezmerai" piekniek by die pragtige Imagine Cafe by Bronkhorstbaai. Die Dames het die vorige aand al hul eerste leidraad ontvang en is by elke punt met 'n heerlike versnappering en nuwe leidraad verras! Daar is sommer net daar besluit dat meer uitstappies van sulke aard in 2014 gedoen moet word .....sal net 'n lekker bus iewers moet kry want ook gonna kan julle nou net dink hoeveel pret hierdie gryp-die-daggers in so 'n vervoermiddel gaan maak!!

Picture
Almal soek 'n sit, staan of lêplekkie sodat die vergadering kan begin
Picture
kyk daar was aanhoudend geklets
Picture
ag die liewe Adonis, die vyeblaar en die 2de leidraad .....lekker giggel Christell en Marinda.
Picture
Marinda het vriende gemaak met die hondjie ....
Picture
ag is dit nou nie lekker nie, so op die maag word die kwitansieboek ingevul en nota's geneem.
Picture
ons twee jongste lede ontspan te heerlik.....dis nou nadat ons sekretaresse (regs in pienk) alles moes regkry vir die koeverte wat ons uigedeel het.

Damesoggend met Lindie Stander ...... 'n anderse, lekkerte!

Op 12 Oktober 2013 hou ons 'n heerlike Damesoggend met Lindie Stander as ons gasspreker! Die Lede verkoop kaartjies en op die ou einde is ons saal gevul met amper 120 pragtige Dames. Elke tafel lyk anders en groet die gaste met die boodskap dat hulle baie welkom is by hierdie fondsinsamelingsgeleentheid van hierdie VLU streek. Met Lindie se opregtheid raak sy elke hart aan, en hoor jy amper die spreekwoordelike speld val, terwyl sy vir ons 'n kykie gee in haar lewe en ons almal verseker dat daar hoop is daarbuite vir almal van ons! Die Dames maak elkeen 'n speldekussinkie uit 'n ou koeldrankbottelprop, rek, lap en watteersel (ja, so kry 'n ou prop ook weer 'n doel in die lewe) en die dag word afgesluit met 'n heerlike bord Lasagne, slaai en broodjie. Dankie aan almal vir 'n wonderlike dag!!
Picture
Lindie besig om haar speldekussinkie te maak en ons te vertel van haar laaste verhuising. Carien lag lekker saam.
Picture
Madeleine Burger, 'n nuwe en baie ywerige lid by Magnolia tak, geniet die oggend saam met haar gaste!
Picture
Soiree tak se tafel was so mooi in groen - hier kyk Wilna Strydom of almal gelukkig is.
Picture
Laat my dink aan die sportliedjie ..... "kyk net hoe baie Dames is ons hier ons kan maak met die ander wat ons wil ....." Lyk dit nie vir jou lekker nie???
Picture
Delmas tak se Voorsitter Belinda Duvenage het vir ons as gasvrou opgetree by 'n tafel - en het hulle nou vir jou lekker gekuier.... Saam met haar is haar skoonmoeder Miems Duvenage (links)
Picture
Ons lawwe bestuur saam met Lindie.
Picture
Ria Botha, Lenie Swan en Leanna de Beer van Neo Luna ('n Tak met baie jong lede) kuier lekker saam.
Picture
Leilanie Pike en Zandra Hampson van Azaria Tak. Zandra het haar gaste bederf by 'n tafel met 'n see tema en vreeslik baie bederfgoed!
Picture
Margaret Booysen en Marinda Hattingh die Voorsitter van Nocturne by haar tafel. Marinda steeds besig om mooi te maak.

Makhosikazi in Carpe Diem: 

Makhosikazi (My name is Woman...) is 'n projek wat landwyd deur SAVLU gedryf word. Oral in stede en dorpies word dit gratis deur VLU lede aangebied. So gee VLU lede gratis, hul kennis en tyd aan gemeenskappe.
Twee takke in Carpe Diem het onlangs ywerig daarmee begin naamlik Nocturne en Azaria. Wilma en Zandra wat die projekte dryf het dit albei eens, dat hulle nie besef het dat hulle so 'n verskil in ander vroue se lewens gaan maak nie. Wilma gee elke Woensdag breiklasse by 'n breiwinkel in Witbank, waar een van hul taklede werksaam is en sy vertel nou dat haar klasse elke Woensdag net groter en groter word.
Zandra het weer twee dames geleer naaldwerk en borduurwerk doen. Voor die opleiding het die dames geen inkomste gehad nie, en geen regtige opleiding in ‘n spesifieke veld nie.  Die dames is nou ten volle opgelei om naaldwerk te kan doen, en is gekwalifiseer as ‘n borduur masjien operateur asook naaldwerk assistente.  Die twee dames is nou permanent aangestel by Zandra se borduurbesigheid, en leer nog elke dag.
Picture
Hier begin hierdie mensie met haar eerste projek....
Picture
Kyk hoe trots is sy op haar Crazypatch kombersie.
Picture
Zandra Hampson besig om Tuli Adelaide Mokwena te wys hoe om ‘n industriele naaldwerkmasjien te bedraad en te stik.
Picture
Pinki Thandi Shabangu word opgelei om klere te raam en voor te berei vir die borduur proses
Picture
Opleiding word verskaf op die borduur masjien.

Loer bietjie wat maak ons by Takvergaderings...........
kom kuier gerus en leer sommer so speel-speel meer.

Picture
Celebre - 'n oggendtak - het tot almal se verbasing geleer hoe om pasta te maak!! Dit is toe gekook en en het heerlik daaraan gesmul!!
Picture
Saffier - 'n middagtak - my genade tog het vir Bobby Angel, Barbara Ray, Sias Reyneke en ander langspeelplate vervorm in bakke ens. Interessant en baie maklik!!
Picture
Witbank - 'n oggendtak - kon nie uitgepraat raak oor hul verjaardag wegbreek nie. Kort-kort het daar 'n giggeltjie uitgebreek en is 'n storie vertel!! Ons het gesmul aan die heerlikste sop.
Picture
Soiree - 'n aandtak - maak doedels wat jy aan jou handsak kan hang. Die twee jong Dames het sommer onlangs aangesluit. Die lede en gaste is die aand met heerlike sop, sjerrie ne brood onthaal.
Picture
Nocturne - 'n aandtak - ek lid moes 'n ou resep wat in ouma se handskrif geskryf is saambring en aantrek soos of 'n baba of 'n ou mens .... Wel, sonder om doekies om te draai ....dit was 'n heerlike aand!
Picture
Azaria - 'n oggendtak - Leer om sommer so met blomme uit jou tuin die mooiste rangskikkings te maak. Dit terwyl hulle heerlik onthaal word met koek in 'n glaspotjie en geskenkies. Die Dames was geklee in hoede en hakke
Picture
'n Foto vertel meer as 'n 100 woorde ---- VLU is LEKKER!!!!
Picture
Neo-Luna - 'n aandtak - het die aand mini skou gehad met 23 inskrywings en is gewys hoe om papierblommetjies te maak van ou koerante en tydskrifte.
Picture
Silwerfleur - is 'n tak in Kriel - en het die oggend geleer om te mosaiek. Hul bymekaarkomplek is so oulik gelee - warm en snoesig -- Kriel dames kan gerus gaan loer!!

Ons brei en hekel mussies vir Kankerlyers en stap sommer ook deur die Mall:

Elke jaar kry ons die geleentheid om die publiek bewus te maak van die VLU en ook die WBPF, deur te stap - ons besluit toe daar is geen beter plek om dit te doen as in 'n Mall nie! Ons besluit om dit saam met 'n hekel en brei maraton, waar ons mussies vir kankerlyers wat vir chemo behandeling gaan  te hekel of brei, te hou. Ons brei/hekel 84 mussies en het nou al oor die 120.  Dit gaan op een van ons Streeksvergaderings aan Projek Mussies vir Kanker geskenk word. Die staptog deur die Mall was 'n groot sukses en ons gaan dit weer doen volgende jaar!! 
Picture
2 nuwe lede van die Witbank tak het opgewonde saam kom kuier. Lida die tak voorsitter laat hul lekker tuisvoel.
Picture
Magda (Takvoorsitter van Soiree) en Rina kuier lekker saam met Beulah van Neo-Luna. Soiree is hoeka Neo-Luna se "moeder" gewees.
Picture
Azaria tak was die meeste verteenwoordig daar die oggend en het uitgestaan in hul pient tak t-hempde.
Picture
Neo Luna tak kuier lekker sam en leer sommer hul nuwe lid Samantha om te hekel......
Picture
Christell (Streekvoorsitter), Frances ( Vise) en Debbie (Vise) is opgewonde oor die berg mussies wat gehekel is. Frances het ook die Magnolia tak verteenwoordig.
Picture
Marinda en Wilna van Nocturne het lekker geklets en gebrei.
Carpe Diem hou konferensie 2013
9 Maart 2013 - Witbank - 12de Konferensie 
Polkadots, deftige dames, sjampanje, heerlike kos, lekker kuier en 'n spreker wat jou tweekeer laat dink oor of jy moet aangaan of net met jou kop onder die kombers moet bly le  - dis wat jy sal onthou as jy terugdink aan Carpe Diem Streek se 12de Konferensie!!
Picture











Die tafels was keurig versier met polkadot geskensakke, sneespapier (tissuepaper) en lekkernye...

Picture
Registrasie hanteer deur Belinda Duvenage (Delmas tak) en Phyllis Scrutton (Witbank tak) en behoede jou as jy nie tenminste 3 lootjies vir daardie wintie rooi koppie en piering gekoop het nie ...

Picture










Ons Uitvoerende Bestuurslede van VLU Mpumalanga wat vir ons kom kuier het.

Picture
Elsabe Bosch (Voorsitter Neo-Luna tak) en Gasspreker Susan Coetzer (wat ons anders na 'n smartie laat kyk het)

Picture





Deftig lyk die dames in hul pers - die Witbank tak se tafel was ook te mooi versier met pers....

Picture













Breed glimlag die twee nuwelinge op die bestuur - Christell Nel (Streekvoorsitter) en Debbie du Plessis (Vise-Streekvoorsitter)

Proudly powered by Weebly