VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012
Kosmos hou Konferensie 2018
​Kosmosstreek aktiwiteite en pret

Banke:

Picture





         Dames geniet hul eerste takvergadering vir 2016

Leeuklip:

Keurige gedekte tafels was te sien by hierdie Tak met sy baie jong lede se eerste Takvergadering vir 2016

Lenata tak:

Picture


​ By Kosmosstreek se eerste Streeksvergadering by Solid Ground


Alta vd Merwe, Mandie Steenkamp, Magda Nel(Skakelbeampte),Miemie
Stolts(Voorsitster)

Swartgoud tak:

Picture





​Gauldie en Henrietta geniet Kosmosstreek se eerste Streeksvergadering by Solid Ground

Oukliptak se eerste Bestuursvergadering van 2016

Picture
​Cindy het Oukliptak kom besoek en elke Dame is met `n tong in die kies
staaltjie vermaak. Daar is heerlik gelag.

Foto: Van Links na regs: Celia Burger (uittredende Sekretaresse), Cecelia
van Zyl, Lien Luus ( nuwe Bestuurslid), Val Rathbone (nuwe Bestuurslid),Ria
Roets(Skakelbeampte), Cindy Coetzee (MP Visie-Presidente), Elsie Versfeldt,

Kathy Erichsen( Tesouriere)
Picture




​Ria Roets bedank vir Cindy Coetzee saam met Annette Strydom

Kosmos in aksie:



SAVLU KONGRES TE ALDAM:


Tydens die afgelope week is daar VLU SA Kongres gehou by Aldam  Vakansie –Oord in die Vrystaat.  Eie aan die Vlu is daar wonderlike opbouende toesprake en sang gelewer, maar die hoogtepunt van die Kongres was die verkiesing van `n SA Presidente.  Henrietta Schoeman se termyn  van sesjaar was verstreke.  Dis met `n groot hartseer dat Kosmosstreek ons eie Middelburger salueer en groet. Henrietta bly egter nog `n VLU lid by die Swartgoudtak en gaan dan ook voort met haar verpligtinge as Tesouriere by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue, waarvan die hoofkantoor gesetel is in London, Engeland. Kosmosstreek wens u alle sterkte toe.  Groot was ons vreugde toe Me. Tharina Rossel van Noord Limpopo Provinsie verkies is as die nuwe SA Presidente. `n Baie bekwame dame wat in Henrietta se voetspore sal volg. Kosmosstreek in Mpumalanga is baie opgewonde om saam met Me. Rossel hande te vat tot die uitbou en bevordering van die Vroue Landbou Unie. Cindy Coetzee en die Bestuur wens haar baie sterkte toe.
 

OUKLIP SE KERSFEES AFSLUITING BY MIDWATER ESTATE
 
Na `n opwindende, voljaar waarin Ouklip uitstekend presteer het op Kosmosstreek se konferensie, is dit tyd om te ontspan.  Die dames het heerlik gekuier by  tafels wat pragtig gedek was. Daar is `n heerlike hoenderslaai bedien met `n besonderse peppermint sjokolade mouse nagereg in `n blikbekertjie, wat die dames dan huistoe geneem het. Cindy Coetzee het elke dame  seȅnwense en voorspoed toegewens.  Annette Strydom het die tak bedank vir hul positiewe gesindheid en wonderlike samewerking.

KOSMOS SE TOPPRESTEERDERS BY VLUM KONGRES KRY ERKENNING:

Margaret van Niekerk, Elsie Versfeld, Connie Webb en Susan Viljoen se kompetisie artikels was die top presteerders in masjienwerk,fotografie en breiwerk. Susan Viljoen se handgebreide teemus was algeheel tweede op die SA Kongres

KOSMOS BESOEK ALZU - die eierboerdery

​

​Pragtige komberse en penne sakkies vir Rabbedoedies:


Elise de Bruin van Middelburg Bernina het `n projek geloots waar sy van haar kliȅnte betrek het om veertig pragtige komberse  en  veertig penne sakkies te maak.  Die groep dames en dogters van dertien tot agtienjaar was deel van die wonderlike projek. Karla Willemse en Jeani van Heerden gedemonstreer –“hoe om die sakkies se ritsluiters in te stik”. Elke kombers is met `n pragtige appliek motief en omgesoom met  “Cover Pro”.  As mens na die talentvolle vyftienjariges se praktiese insig, rondom naaldwerk kyk, kan jy nie anders om te dink dat dit dalk S.A. se toekomstige nuwe mode ontwerpers is nie.Middelburg  Bernina het `n baie besonderse toekenning ontvang nl.”die handelaar van die jaar” en Middelburg is die dorp van die jaar. Ons  dogters is die Vroue van die toekoms. Cindy Coetzee(Mpumalanga Visie-Presidente) bedank die Middelburgse gemeenskap wat op verskeie maniere  bydaes gegee t.o.v. ons Rabbedoedies(dogters kamp). Jul onbaatsugtige tyd en energie word opreg waardeer.
Foto: Vlnr: Maureen Fourie, Cindy Coetzee (Kosmos Voorsitster en Mp Visie-Presidente), Ria Roets (Ouklip en Kosmosstreek Skakel), Sandie Archer, Elise de Bruin (Bernina Eienaar), Marcolene Steenkamp, Lorrain Marits(Meyersbrugtak).
Ouklip kuier en geniet die Streeksvergadering. Foto: Vlnr sittende: Ri-Eth Roos, Ria Roets, Lien Luus . Vlnr staande: Cecillia van Zyl, Annette Strydom

 OUKLIPTAK  - spog met die handgemaakte Rabbedoe skouersakke 

Met die komende Rabbedoekamp van  Kosmos streek , ondersteun elke tak die projek.   Ouklip het hierdie handgemaakte drasakke van stukke tapisserie lap  gemaak en versier met `n mooi gehekelde blommetjie, wat die sak meer dogtertjie laat lyk. Hierdie opheffing, bederf en aanleer van vaardighede van 40 dogters is elke jaar, is `n hoogtepunt vir ons dorp en omliggende dorpe se skole.  Baie vriendskappe word gesluit tydens die naweek se kuier by Kruisrivier.
Picture
Voor sittend vlr: Susan Kidson, Nesie de Beer, Kathhy Erichsen. Agterste ry vlr: Annette Strydom, Trudie van Zyl, Ria v.d. Walt, Rina Faure, Yvonne Deiner,Joan Anderson, Dawn van Baalen


`N BAIE GESLAAGDE VLU OPLEIDINGSOGGEND:


Kosmos- en Carpe Diem streek se dames het die koue getrotseer ,om die opleidingsoggend by te woon in die Solid Ground Church se saal.  Die Mpumalanga Uitvoerende Bestuur het aandag gegee aan elke portefulje.  Die Tesouriere , Skakels, Voorsitsters en Sekretaresses van elke tak het baie baatgevind met die  waardevolle inligting wat verskaf is.   
Elkeen wat lid is van die VLU se kennis word verbreed, sy ontdek en ontwikkel haar talente, sy stel hoȅ eise en standaarde en is net met die allerbeste tevrede, van haar `n beter vrou en moeder vir haar gesin sal maak, haar mensekennis te verbreed, haar vriendekring uit te brei en om haar sorge te vergeet, aangenaam en gesellig te ontspan, terwyl sy `n heerlike koppie tee saam met haar medelede te geniet.
Die Kosmos streek se takke bedank vir Mpumalanga Presidente Rina Potgieter en haar bestuur vir `n baie sinvolle en geslaagde opleidingsoggend.


Picture
vlnr – voor: Kathy Erichsen, Lecia Steele, Dane Ferreira, vlnr – 2de ry: Annatjie Snyman, Susan Viljoen, Rina Potgieter (MP Presidente), Elbie de Lange (Comminique Redaktrise), Cindy Coetzee (MP Vise-Presidente), Lizl Prinsloo vlnr – 3de ry – middel: Anita Hugo, Mariana Scott, Ria Roets, Inge Lewis, Yolandi Botha, Magda Nel , Jeanette van der Linde, vlnr – agterste ry: Marietjie du Toit, Betsie Kruger, Nerissa Bondesio, Cecilia Schmidt, Annette Strydom, Corine de Jonge, Alta van der Merwe, Ri-eth Roos, Marietjie Fevrie
Nellie Cullen was `n negejarige dogtertjie toe die Voortrekker Monument ingewy is.  `n Hoogte punt van die dag was dat haar tweeling niggies Petro en Ina Gangel gedoop is in die mooiste langdooprokkies.  Omdat sy `n verstuite voet gehad het moes sy orals heen gedra word en kon sy nie eintlik saam met die kinders gespeel het nie. Tydens die neem van die foto het sy baie herinneringe opgeroep. Nellie is vandag 88jaar "jonk"
Picture
Nellie Cullen is 88jaar Kosmos se oudste deelnemer tydens Konferensie. 'n Statige Dame maar ook`n bok vir sports.
Picture
Nellie Cullen by die Voortrekker Monument - 79jaar na die inwyding

Konferensie 11 Maart 2015:

Kompetisie artikels Konferensie 2015:

MIELIES die produk van die jaar en 'n besoek aan Pan Silos.
Die Dames het meer kennis opgedoen oor die plant en produksie van
mielies.Koos de Clerc bestuurder van Pan Silos en sy 2 regterhand werkers,
het ons vertel van die meganiese werking van - hoe die mielies in die Silos
gestoor word. Groot was ons verbasing om by Pan Silos te hoor dat mielies nog per
treinspoor vervoer word

Picture
Die Willie Hamman Dames in die klein lokomotief wat die trokke rangeer van en na die silos. Voor van L na R: Maryna Kloppers, Nerissa Bondesie, Petro Pieterse, Sonja Creighton (Tak Voorsitster), Koos de Clerc Heel agter: Alice de Beer, Cindy Coetzee, Susan Viljoen
Picture
Die groep dames van Kosmos Streek besoek Beestepan vir praatjie oor mielie produksie

Die LEARN TO EARN skills developingday was `n reuse sukses.  Die dames het nou `n beter insig van watter kos soorte en hoeveel (porsies) van elk op bord, vir `n gebalanseerde dieet.Kyk die Dames het vele vrae gevra.

Picture
Joan Anderson het die beoordeling behartig en Kathy Erichsen – Kosmos se talentvolle blommerangskikker en wenner van vele pryse op Kongres nhet haar talent aangewend om die dames te leer om ietsie moois uit niks te maak.
Picture
Dames woon die 23ste Oktober 2014 'n opwindende dag by Nkangla District opleidingskamer by . Agter v.l.n.r Emma Mtshweni, Thandi Mahlangu, Johanna, Lara Dieetkundige van Futurelife , Ritta Tihobi (Skills Dev. Faciliator of Nkangla Disctrict Municipality), Maria, Cindy Coetzee( Streekvoorsitter Kosmos Streek en Mpumalanga Vise-presidente), Irene, Voor v.l.n.r: Dane Ferreira (Voorsitter Hendrina tak) Dina Skosana, Tryphina Mnguni, Maria Sibanyoni, Ria Roets ( Verteenwoordigende van Kosmos streek).

Kosmos rabbedoedie kamp:

Picture
Kosmos se 40 gelukkige Rabbedoedies
Picture
Kosmos se Rabbedoe Mammas en organiseerders neem `n blaas kansie
Picture
Cindy Coetzee saam met die organiseerders van Greenside Collery, Kosmos se borg vir Rabbedoedies se sakke.
Picture
Werksklas - dogters versier hul toiletsakkies
Picture
Kosmos se Rabbedoedies leer by Susan Eksteen knoop en doop
Picture
Kosmos se Rabbedoedies leer tolletjie brei
Picture
Die Rabbedoedies kamp van Kosmos - die wenspan vir algehele netheid en stiptelikheid

KONFERENSIE 2014:
Die lede en gaste van Kosmosstreek se konferensie is bederf met keurige gedekte tafels, kompetisie artikels van gehalte en 'n heerlike program.


Kosmos hou Konferensie 2013

Picture
Op 19 Maart 2013 is die gaste van die Kosmos streek se jaarlikse konferensie verras met 'n saal vol rooi, groen en geel pepers  (die produk van die jaar). Elke gas kon 'n peper boompie/plantjie huistoe neem as 'n geskenkie. Die Dames is toegespreek deur Lulu Brink. Sy het oor die Tema - Gesinne is Kosbaar gepraat en onder meer vertel dat die vroue hul mans en kinders moet liefhe en 'n lekker atmosfeer vir hulle tuis moet skep.Elke vrou is mooi en kosbaar. Vroue moet hul kinders toerus vir die wereld daarbuite!
Picture
Pragtige kreatiewe borduurwerk deur Helda de Klerk van Bonsoirtak. Bonsoir bestaan uit jongdames met kindertjies en vergader in die aand.

Picture










Lulu Brink (gasspreker) en Cindy Coetzee (Kosmos Streekvoorsitter)

Picture












Maryna Kloppers van Willie Hamman tak, ontvang van Cindy Coetzee ( Kosmos  Streekvoorsitter) erkenning vir lid met die meeste kompetisie inskrywings (Provinsiaal en Streek), lid met die meeste punte en algehele wenner in groottotaal deelname in kompetisie artikels.

Picture
Cindy Coetzee oorhandig aan Ria Botha ( Voorsitter Clivia tak) 'n sertifikaat vir die beste presterende Voorsitter.

Picture
Meriete toekennings - 90% en meer
Susan Eksteen (Hendrina tak - Windpomp skets 90%) en Sophia Uys ( Meyersbrug tak - Damesbroek in masjienwerk 90%)

Proudly powered by Weebly