VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

streek KOMPETISIES



verkorte Kompetisie Riglyne 2022/
Konferensie 2023

gebak
​HERTZOGTERTJIES – SES OP 'N BORD

Lekkers
​NOUGAT

masjienwerk
​‘N ARTIKEL IN APPLIEKWERK

hekelwerk
DOILIE MET KRALE

handborduurwerk
​'N ARTIKEL IN SRILANKA BORDUURWERK

herwinning
​
COLLAGE IN AFVALMATERIAAL

gebottel
​LEMOENROLLETJIES IN STROOP(HEUNINGFLES)

Mikrogolf gebak
sjokoladekoek

handbreiwerk
​BREI 'N ARTIKEL IN 5/6 VERSKILLENDE KLEURE.

masjienborduurwerk
​ 'N TAFELLOPER.

handvlyt
​‘N TEDDIEBEER.

blomme
groen

​BREIWERK
 BREI ‘N ARTIKEL IN 5/6 VERSKILLENDE KLEURE
Enige gebreide artikel met 5 tot 6 verskillende kleure.
 Riglyne
Breiwerk in meer as een kleur word meestal met koussteek gebrei.
Breigaring en kleur is eie keuse.
Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep.
Spanning en patroon steek moet egalig en stewig wees, veral waar die patroon steek / garing na ander kleur verander.
Wees versigtig vir te veel soorte patroon steke in dieselfde artikel dit skep ‘n deurmekaar indruk en moet liefs vermy word.
 Verpak  in ‘n Jiffy sakkie
         
GEBAK:
Hertzogtertjies - 6 op 'n bord
 Hertzoggies (oftewel Hertzog koekies) is vernoem na die Suid-Afrikaanse politikus en Anglo-Boereoorlog general, J B M Hertzog. Dit was blykbaar een van sy gunsteling lekkernye. Vandag bedien die Kaap-Maleise gemeenskap dit gereeld nog as nagereg gedurende Eid. Dit bestaan uit ‘n tertdoppie gevul met appelkooskonfyt met klappermeringue bo-op. Alles word tegelyk gebak.
Die unieke teetyd tertjie is eintlik ‘n kombinasie van twee Nederlandse pasteitjies – outydse Nederlandse appelpastei en die vrugte gevulde vlaaien.
Daar is verskeie resepte om van te kies en ander tipe vulsels kan ook gebruik word, maar tradisioneel is die klassieke tuisgemaakte appelkooskonfyt die klassieke resep. Selfs bruismeel kan gebruik word.
Hertzog tertjies laat mens onmiddelik terug verlang na ouma se kombuis!
  1. 6 Hertzoggies op ‘n bord word gevra.
  2. Broskorsdeeg word gewoonlik gebruik en dit word gebak in ‘n kolwyntjiepan.
  3. Die deeg moet effens rus voordat dit uitgerol en die sirkels uitgedruk word. Hoe kouer die deeg bly, hoe beter.
  4. Gebruik liefs strooisuiker ipv gewone suiker vir die klappermeringue mengsel.
  5. Botter gee altyd ‘n lekkerder smaak as margarien.
  6. Maak seker die konfyt vulsel is heeltemal bedek met die klappermeringue anders kan dit uitkook tydens die bakproses. Deur die konfyt in meel te rol keer ook dat dit uitkook.
  7. Ken jou oond.
 Henrietta Schoeman
082 388 3104
​GEBOTTEL
 LEMOENROLLETJIES IN STROOP (HEUNINGFLES)
 Punte toekenning:
Voorkoms                       30
Tekstuur en smaak           70
 Vereistes
Gebruik heuningflesse.
Produk moet lugdig verseël wees.
Etiket moet die produk se naam op hê asook die datum.
 Wenke
Gebruik pektienryke vrugte.
Vul fles tot 10mm van bo.
Stroop en vrugte moet in regte verhouding wees.
Vrugte moet met stroop bedek wees anders oksideer dit.
Lê vrugte in warm skoon flesse in.
Vrugte moenie in fles opstyg nie.
 Gebruik jou handleiding vir meer inligting.  Preservering Vanaf bl 10.   Kos en kookkuns het ook handige wenke.. 
​HANDBORDUURWERK
Srilanka Appliek
Srilanka borduurwerk word gekenmerk deur kleurvolle afval lappies wat volgens dele van die ontwerp gesny en vasgeryg/vasgestik word op die agtergrond lap.  Die verskillende dele van die ontwerp word in verskillende kleure gedoen.  Hierdie is ‘n vorm van appliek, met borduursteke versier.  Die rante van die lappies word afgewerk deur oplegging van skuinsband of koord, wat met borduursteke versier, en vasgewerk word.  Borduursteke soos komberssteek kan ook die rafelrand afwerk.
Die artikel is kleurvol.  Dit is die ideale borduursoort om klein lappies, strokies skuinsband of sigsag koord sinvol op te gebruik.
Enige voltooide artikels
Die volgende is voorbeelde van voltooide artikels:
Muurprent, kwilt, kussing oortreksel, skinkbordlappie, plekmatjies (net 1 ingeskryf), deken, tafeldoek.  Onthou die artikel moet in die krat pas.
Die artikel moet met SRILANKA handborduurwerk versier wees.  Die ontwerpe moet groot geoeg wees om die tegnieke op uit te oefen.
Ontwerpe:  Diere, voëls, visse, vlinders en blomme.  Blomme, takke en bv ‘n kuikentjie of selfs ‘n voël eier kan deel van die ontwerp vorm.
Borduurstof – agtergrond: Verkieslik suiwer katoen, maar wees kreatief en speel met verskillende stowwe.
Borduurdraad – enige borduurdraad kan gebruik word.  Wees skeppend, maar sorg vir netjiese borduursteke.
Kontak gerus vir Mariëtha van der Merwe.  Sy is ‘n spesialis op die gebied, en het pragtige pakette te koop.  Mariëtha bied ook werksklasse aan.  Kontak haar by: 0722999428 of besoek www.marietha.co.ca  of epos haar by: marietha.web@gmail.com 
​HANDVLYT
TEDDIEBEER
Materiaal:
Enige stof is toelaatbaar bv. Pels, wol, linne, vilt.
Stopsel:
Lae massa, moet goeie fatsoen gee.
Wasbaarheid is aanbeveling.
Versierings en tooisels:
Verhoog die trefkrag van die artikel
Tooisels en bykomstighede moet egter stewig vas gewerk wees.
Grootte:
Maksimum 30 cm.
Algemeen:
Beweegbare arms en bene is opsioneel.
Nate moet netjies vertoon,
​HEKELWERK
 MELKBEKER DOILIE MET KRALE
 Melkbeker doilie met krale. Medium grootte  doilie  (+- 20cm)
 Riglyne
Dit moet verkieslik in sy geheel gehekel wees en nie met tekstielstof gekombineer word nie.
Die patroon steek vir die middelstuk moet stewig en dig wees en die randpatroon moet daarby pas.
Die gebruik van groot hoeveelhede krale in die middelstuk word nie aanbeveel nie, maar in klein hoeveelhede mag fyn krale wel met oorleg gebruik word.
Kies ‘n goeie gehalte hekelgare en krale. Krale waarvan die gate se rand goed afgerond is, sodat dit nie die garing mettertyd sal sny nie.
Krale moet oor die kettingsteke ingetrek / in gehekel word. (krale word eers in hekelgare ingeryg voor jy begin met jou patroon, krale word volgens jou patroon in getal / kleur  ingeryg) *kyk na voorbeeld.
Baie belangrik krale mag glad nie met ‘n enkel draad aangeheg word nie.
Kleur van groot en kleiner krale moet bymekaar pas
Die krale moet nie te groot en te swaar wees nie.
Gebruik groter krale om die buiterand.
 Artikel word ⅔ gemonteer en verpak in ‘n Jiffy sakkie
​HERWINNING
Collage van afvalmateriaal
‘n Collage – van die Franse woord “coller”beteken om te plak of aanmekaar te plak.  Hierdie is ‘n tegniek van kreatiewe kuns, en in die geval van die kompetisie, visuele kuns.  Die artikel moet dus ‘n kombinasie van afval materiaal wees, wat ‘n heel nuwe skepping tot gevolg het.
Kies ‘n ontwerp, en maak dan van afval materiaal, bv lap, papier, leer, plastiek, blik ens gebruik om die ontwerp ‘”in te kleur” of ”lewe te gee”! Kleiner voorwerpe soos krale, knope, sade ens KAN tot 20% van die oppervlak bedek.  Voel egter vry om slegs materiaal/lap of slegs afval papier te gebruik bv tydskrifte.
Artikel:  Muurprent – nie groter as A3 nie.
Tegnieke:  Plakwerk van verskillende materiale, vorms en teksture.                                                                   Geen masjien/naaldwerk toegelaat.  Geen verfwerk toegelaat. Beskermende bedekking is toelaatbaar.
Lees gerus: SAVLU Handleiding  vir Handvlyt – bladsy 33 vir agtergrond kennis.  Google Collage – maak net seker u artikel val binne die raamwerk soos vir die kompetisie uiteengesit.
​BLOMME
TEMA:  GROEN
Bring die volgend saam:  Blomsker, blomme draad, blomme tape, krammasjien ens.
Die tema GROEN beteken jy kan enige groen plant materiaal gebruik daar is ook groen blomme beskikbaar.
Tafeldoeke is klaar op die tafels met die spasie uitgemerk 75cm x 85cm en maak seker jy gebruik twee derdes van die spasie.  Die hoogte is onbeperk.
DIE VOLGENDE PUNTE IS BAIE BELANGRIK:
  1. Wees kreatief met veral blare gebruik ‘n verskeidenheid maar ook nie te veel, jy kan hulle vou, krul, vleg of sny maar wees versigtig dat draad of krammetjies ens, nie wys nie.
  2. Kyk na jou houer dat dit by jou rangskikking pas, dit hoef nie noodwendig groen te wees nie maar maak ook seker dat dit maklik kan staan en nie sal omval en water lek nie.
  3. Enige ander bykomstighede soos bv., skulpe glas, seewaaiers ens., kan gebruik word maar moet nie meer as jou plantmateriaal wees nie so dit moet minimaal gebruik word.
  4. Vrugte en groente is ook plantmateriaal en mag gebruik word.
  5. Alle plantmateriaal moet in water of waterhoudende medium wees tensy sodanige plantmateriaal vir die duur van die geleentheid vars sal vertoon buite water, nl. Vetplante, kaktusse, vlas, ruscuss, lugplante, mos, sade ens.
  6. Geverfde en of kunsmatige gekleurde plantmateriaal mag gebruik word tensy die skedule anders bepaal.  Jy mag glad nie met spuit verf werk nie. Kunsmatige materiaal is VERBIED behalwe as dit skedule anders bepaal. Droee materiaal mag gebruik word in jou rangskikking.
  7. Dit is baie belangrik dat jou oase of spykerhouer nie wys nie jy verloor punte hier.
  8. As jy klaar gerangskik het maak seker jou tafel is skoon van enige blare ens., en ook op die vloer werk met n boks of plastiese sak vir afval materiaal. Bring ‘n klein skoppie en  besem om skoon te maak.
  9. Beoordelaars se beslissing is finaal.
  10. Geen fotos gedurende rangskiktyd word geneem nie.
  11. Absolute stilte en geen gesels wod toegelaat gedurende rangskik tydperk.
WENKE:
  1. NEVER COPY ANOTHER PERSONS ARRANGEMENT try and be your own CREATOR. Jy kan miskien n idée van een rangskikking neem en kombineer by joune maar moet nooit probeer om iemand  anders se rangskikking n ate maak nie.
Opgestel Deur:  KATHY ERICHSEN
​LEKKERS
Riglyne vir Nougat:
Nougat word geklassifiseer as gekookte, nie-kristallyne lekkers (waar kristalvorming nié plaasvind nie.)
Voorkoms: (Vorm en kleur)
Dit moet netjies en keurig gemaak wees en vars en aptytlik aangebied word.  Noga het ‘n laag ryspapier bo en onder. Dis ‘n ryk lekker wat neute en/of vrugte mag bevat.  Dit moet eenvorming gesny word en word gewoonlik in stafies aangebied.  Lekkers kan in waspapier toegedraai word.  Kyk uit vir spesiale waspapiertjies by spesialiteitswinkels. Daar word geen afmetings vir die stafies gegee nie maar ek stel voor so 25mm x 50 mm (2,5cm x 5 cm).
Die aanbieding is altyd 6 lekkers.
Tekstuur:  Noga is sag en romering asook effe sponsagtig.  Dit mag nie klewerig wees nie.  Dit moet ‘n aangename en delikate geur hê, wat die neute en/of vrugte behoort te gee.  Dit moet nie net soet wees nie.
Smaak:  Geen bysmake nie.
Wenke:  Sorg dat u die vars moontlikste produkte gebruik.  Neute wat nie vars is nie, kan maklik u produk met ‘n galsterige bysmaak bederf.  Gebruik ook vars eiers.
Belê in ‘n suikertermometer om die presiese stadium van die kookproses te bepaal.  Noga word tot die stywebal-stadium gekook, alhoewel sommige respte ook kan verwys na die hardebal-stadium. Onthou dat ons nie by seevlak is waar water by 100ºC kook nie.  Trek so ongeveer 3ºC af vir kookpunt by ons.
Baie belangrik is om te sorg dat die suiker eers gesmelt is voordat die mengsel kook.  Gebruik ‘n kwassie om suiker teen die kante van die kastrol af te was.
Daar is geen voorgeskrewe resep nie.  Volg u resep maar net noukeurig.  Daar is nie kortpaaie met noga nie.
​MASJIENBORDUURWERK
 ‘N TAFELLOPER VIR JOU TAFEL
 ‘n Reghoekige tafellap word beskou as ‘n loper wanneer die lang sy ongeveer 3 keer die lengte van die kort sy (of langer)is.
Die loper moet egter goeie perporsie hê, dus moet dit ook nie te lank wees in verhouding met die breedte nie. 
Vereistes:
Maak gebruik van masjienborduurwerk en gebruik jou naaldwerkmasjien optimaal. Hier wil ons poog dat die persoon haar naaldwerkmasjien leer ken en die maksimum uit hom kan haal. Daar is vele tegnieke wat ons hier kan aanleer.
 Ontwerp
Enige dekoratiewe patroonsteke mag gebruik word.
 Borduurstof en gare: Gebruik stewige tekstielstof en masjiennaalde van goeie gehalte.  Dit gee vir jou ‘n baie goeie eindproduk.
 Afwerking
Die afwerking van die artikel word bepaal deur die soort artikel wat gemaak word. Die artikel kan gevoering word.
 Poog altyd dat jou artikel vertoon soos ‘n gekoopte item.
 Verpak in toepaslike sakkie.
​MASJIENWERK
 APPLIEKWERK
 Hier word julle die geleentheid gegee om enige appliekwerk artikel (bv. Mola appliek, Loodglas appliek) te maak. Beide Mola en Loodglas is baie ou vorme van appliek wat weer kan herleef. Indien jy die boek van Marie Peacey het kan jy baie wenke kry op Mola appliekwerk.  Daar is so baie inligting beskikbaar op verskeie media.  Pinterest het pragtige voorbeelde van appliekwerk en die verskillende artikels wat jy kan maak.
 Wenke:
Gebruik goeie kwaliteit materiaal, masjiennaalde en goeie kwaliteit gare dan het jy ‘n wenner produk.
Krimp jou materiaal vooraf in sterk soutwater.  Dit maak die materiaal se kleur ook vas.
Beplan baie goed en verstewig elke ontwerp voor dit gestik word.
 Hier is slegs ‘n paar voorbeelde van artikels wat gemaak kan word.
 Verpakking
In gepaste jiffy sakkie.
​MIKROGOLF
SJOKOLADE RINGKOEK, ONVERSIER
 Daar word gevra vir ‘n sjokolade ringkoek, onversierd, gebak in ‘n mikrogolfoond.
Maak seker dat jy jou mikrogolfoond goed ken. Tans is daar verskeie tipes op die mark, van die enkel mikrogolf tot die konveksie mikrogolf. Vergewis jouself van jou oond se bakproses en stellings.
  1. Gebruik die korrekte pan. Gebak in ‘n mikrogolf is geneig om heelwat te rys tydens die bakproses so maak seker die wande is hoog genoeg sodat die beslag nie oorkook nie. ‘n Silikon bundt pan werk goed. Enige mikrogolf ringpan kan egter ook gebruik word.
  2. Gebruik altyd vars bestanddele.  Koop nuwe produkte as jy nie gereeld bak nie.
  3. Bestanddele soos eiers en botter behoort by kamertemperatuur gebruik te word.
  4. Die baktye sal afhang van jou oond. Druk ‘n tandestokkie elke 4 – 6 minute in die koek terwyl dit bak en sodra die tandestokkie skoon uitkom, is die koek gaar. Hou net in gedagte dat daar ‘n staantydperk van 5min is voor jy toets.  In daardie tyd werk die mikrogolwe nog. Toets eerder gereeld as wat jy jou koek oorbak.
  5. Die sjokoladegeur moet oorheers.
  6. Kakao of sjokolade kan in die beslag gebruik word.
  7. Die koek moet klam en geurig wees en ook ‘n mooi donker kleur hê.
  8. Daar is ‘n magdom resepte beskikbaar. Dis ‘n koek wat vinnig gaar word so gaan oefen maar ‘n paar resepte.  Jou gesin sal die proe baie geniet!
  9. Geen versiering word toegelaat nie.
  10. Bied aan in ‘n politereen koekhouer (polistereen basis met plastiek koepeldeksel).
 Henrietta Schoeman
082 388 3104

SKILDERKUNS 
 Vir jou kombuis, moet ‘n eenheid vorm. 3 X A4 (nie groter as A3)
Slegs inkleurpotlode mag gebruik word.
Moet gemonteer wees en pas in lêer sakkie of toepaslike verpakking.
 Wenk
Oefen, oefen en oefen
 

Proudly powered by Weebly