Jaar Inligting 2022
TEMA/ THEME Ons glo in môre / We believe in Tomorrow
PROJEK / PROJECT: Plant 'n boom
SKRYWER / WRITER: Suzaan Walsh, lid van Tambukistreek
PERSOONLIKHEID / PERSONALITY: Jan Hendrik van der Westhuizen
KUNSTENAAR / ARTIST: Tertia Jacobs , kunstenaar van Middelburg
PRODUK / PRODUCT: Gemmer en Heuning
KONGRESPROJEK / CONGRESS PROJECT: Ons oë is belangrik – skenk jou ou brilraam.
BOME / TREES: Dais Cotinifolia, Pompon tree / Peltophorum Africanum, African Wattle
ACWW: Aangesien ons elke derde jaar die tema gebruik – die jaar waarin die betrokke organisasie se kongres / konferensie gehou word staan AVWW se tema oor na 2023.
UITVOERENDE BESTUUR:
President Cindy Coetzee
Vise-President Alna Kapp
Redaktrise Elsie Coetzee
Sekretaresse Dane Ferreira
Skakelbeampte Anna-marie Venter
Beoordelingssameroeper Isobel Geyser
STREEKVOORSITTERS:
Carpe Diem : Debbie du Plessis
Hoèveld: Gerda Buter
Kosmos: Alice de Beer
Malieveld: Elena Martens
Suikerbos: Tania van Rooyen
Tambuki: Alna Kapp
KONGRES:
Kongresprojek Ons oë is belangrik – skenk jou ou brilraam
Jou oë is vir jou baie belangrik, net so vir minderbevoorregtes of bejaardes wat nie ‘n brilraam kan bekostig nie. Vind uit by jou Optometriste waar kan jy jou ou brilraam inhandig
SA KONGRES:
ACWW/WBPV:

Persoonlikheid
Jan Hendrik van der Westhuizen
Jan Hendrik van der Westhuizen gebore (1982-) in Nelspruit. Is 'n Suid-Afrikaanse ontwerper, fotograaf, meester sjef en eienaar van 'n fynproewers restaurant. Van der Westhuizen het grootgeword op die plaas van sy ouers by Middelburg, Mpumalanga en het ná sy matriek 'n opleiding in kookkuns in Stellenbosch ontvang waar hy die gevorderde diploma in kulinêre kookkuns voltooi het.
Daarna het hy 'n Baccalaureusgraad in toegepaste ontwerp en fotografie verwerf.
Van der Westhuizen het sy kulinêre loopbaan as bydraende kosredakteur en fotograaf vir die leefstyl tydskrif Elle in Suid-Afrika begin en was later, vanaf 2006, in Parys, Frankryk, werksaam. Vervolgens is hy as sjef op 'n privaat jag in Monaco aangestel. Sy restaurant, Jan in Nice, Frankryk, het sy deure in 2013 geopen en is op 2 Februarie 2016 met 'n Michelin-ster bekroon. (Eerste Suid-Afrikane met Michelin-ster).
Dit is daarnaas in 2015 deur Condé Nast Traveller ook as een van die beste restaurante ter wêreld aangewys.
In dié klein eetplek naby die seehawe spits Van der Westhuizen hom op 'n moderne en kreatiewe styl van kook toe.
Twee kookboeke het reeds uit Van der Westhuizen se pen verskyn. Sy tweede publikasie is in Maart 2016 deur Struik Leefstyl in Afrikaans (JAN – My Franse Kos verhaal) en Engels (JAN – A Breath of French Air) uitgegee.
Inligting gekry op Wikipedia, die vrye ensiklopedie. S

Skrywer:
Suzaan Walsh, lid van Tambuki streek
Me. Suzanne Volschenk-Walsh, wat in Maart 2019 haar kortverhaal-boek, Katriena, Katrien Katryn, gepubliseer het, het sederdien vir vele skryfkompetisies ingeskyf.
Sy het sosiale media as haar platvorm gebruik, en meestal op Facebook-groepe teen opkomenede skrywers meegeding.
Haar kortvehaal, Klippie in die Karoo, wat vertel van die seer in die lewe, het ’n kompetisie op die groep SA Skrywers gewen, en het ook daarmee in Julie 2019 ’n boekprys gewen.
Me. Volschenk-Walsh het in Maart 2020 vir die kompetisie, Skryf jou Storie, ingeskryf waar die skrywers elke week vir 11 weke lank ’n onderwerp ontvang het waaroor hulle moes skryf.
Vier beoordeelaars het die kompetisie beoordeel en skrywers het teen beginners sowel as skrywers wat reeds boeke gepubliseer het, meegeding.
Me. Volschenk-Walsh het na afloop van die kompetisie onder die top 10 skrywers geëindig.
Sy het vertel dat die top 10 skrywers, saam met hul gades by Emperors Palace in weelde getrakteer is.
Mnr. Louis Liebenberg, die stigter van groep, Skryf jou Storie, het die pryse aan die wenners oorhandig.
Liz Meiring, die Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer het die wenners tydens die onthaal toegespreek.
“Sy skryf deesdae haar eie produksies en het ons vertel van haar reis om dit te kon bereik, en het ook vir ons vertel van die groot skrywersgeeste wat ’n pad saam met haar geloop het, om dit moontlik te maak.” Van die ander sprekers vir die aand was onder andere me. Sonja Brown, ’n gepubliseerde skrywer. Me. Volschenk-Walsh is opgewonde oor wat die jaar vir haar en haar skryfwerk inhou.

Kunstenaar:
Tertia Jacobs
Ek is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat woon in Middelburg Mpumalanga. Ek praktiseer as ‘n professionele kunstenaar en bied ook kunsklasse, kursusse en funksies aan vir leerlinge en volwassenes.
Kwalfikasies : Universiteit van Pretoria
2005-2008 BA Beeldende kunste Honneurs Universiteit van Suid Afrika
2009 Diploma in sekondêre onderrig
Toekennings en versamelaars

- 2005-2008 toekenning vir beste kunsstudent in fakulteit van kunste
- 2006 top 100 finaliste vir Sasol New Signature kontemporêre kuns kompetisie
- 2008 Top 100 finaliste vir Sasol New Signature kontemporêre kuns kompetisie en die kunswerk is gekop vir Sasol se permanente versameling
- 2008 Golden Key toekenning vir tot 15% student by die Universiteit van Pretoria
- 2015-2016 Kunswerke, in opdrag gemaak vir Han Hendrik van der Westhuizen se restaurant Jan, in Nice, Frankryk.
Produk:
Gemmer en Heuning
GEMMER:
Gemmer of gemmerwortel is die risoom van die plant Zingiber officinale wat gebruik word as 'n lekkerny, medisyne of spesery. Dit verleen sy naam aan die familie Zingiberaceae. Ander noemenswaardige lede van hierdie plant familie is borrie, kardamom en galangal.
Gemmer verbouing het in China ontstaan en het sedertdien versprei na Indië, Suidoos-Asië, Oos-Afrika en die Karibiese Eilande.
Die gemmer familie (Zingiberaceae) behoort saam met die piesang familie (Musaceae) tot die orde Zingeberales. Die wetenskaplike naam Zingiberaceae is afgelei van die Latynse woord zingiber, wat "gemmer" beteken. Die familie kom hoofsaaklik in die tropiese gebiede van Suidoos-Asië voor en bestaan uit ongeveer 50 genera met nagenoeg 1 500 spesies.
Die gemmer familie is eensaadlobbige plante met ondergrondse wortelstokke. Die blomme het slegs een meeldraad, wat die styl soos ʼn skede omring. Die stempel steek bo uit en die lip ontwikkel in die middel van die blom op die plek van die meeldrade. Die wortelstok van die gemmer plant (Zingiber officinale) word in suiker gekook om die gemmer te ekstraheer. Spesies van die genus Curcuma word ook ter wille van hulle wortelstokke gekweek. Speserye en medisyne word uit die wortels gemaak. Die spesie Curcuma domestica lewer 'n fyn meel waaruit kerrie berei word.
In Suid-Afrika word die meeste gemmer in Mpumalanga by Hazyview, Witrivier en Sabie geproduseer. Dit word tussen die rye neutbome in die boorde geplant. Gemmer word hier die hele jaar geoes.
HEUNING:
Heuning is 'n soet voedsel wat deur heuningbye vervaardig word wat nektar versamel wat afkomstig is van blomme. Die soort heuning waarna mees algemeen verwys word, is dié heuning wat gemaak word deur die heuningby (in die Apis-genus), wat deur byeboere ingesamel word en deur mense verbruik word. Heuning word ook deur hommelbye, mokkabye en ander vliesvlerkige insekte vervaardig, maar die kwaliteit is gewoonlik laer en die eienskappe verskil van Apis heuning.
Die gebruik en produksie van heuning het 'n lang en veelsoortige geskiedenis. Heuning versameling is 'n antieke aktiwiteit. Mense het waarskynlik reeds 8 000 jaar gelede begin om heuning te versamel, soos aangedui word deur 'n skildery in 'n grot in Valencia, Spanje.
Heuning kan versamel word van wilde kolonies of van makgemaakte bye se korwe. Wilde bye se korwe word soms opgespoor met behulp van die heuningwyser voël. Die heuningkoek word eers uit die korf verwyder waarna die heuning dan onttrek word deur dit uit te pers of met ‘n heuning slingermasjien.
Die fisiese eienskappe van heuning verskil na gelang van die waterinhoud, die tipe flora wat gebruik is om die heuning te vervaardig, temperatuur en die verhouding tussen die suiker wat dit bevat. Vars heuning is 'n superversadigde vloeistof wat meer suiker bevat as wat in water kan oplos by die omgewingstemperatuur. Teen kamertemperatuur is heuning ‘n oor verkoelde vloeistof waarin die glukose sal afsak om soliede korrels te vorm. Dit vorm ‘n semi-soliede oplossing van af gesakte glukose kristalle in ‘n oplossing van fruktose en ander bestanddele.
Heuning bestaan uit sowat 200 verskillende bestanddele, afhangende van die soort. Die belangrikste bestanddele is vrugtesuiker (fruktose, 27 tot 44 %), druiwesuiker (22 tot 41 %) en water (omstreeks 18 %), naas ander suiker soorte, stuifmeel, mineraal stowwe, proteïene, ensieme, aminosure, vitamiene, kleur- en geurstowwe. Heuning kan vloeibaar of verroom (gekristalliseer) wees, afhangende van die verhouding van vrugte- en druiwesuiker, asook die verwerkings- en stoor metodes.
Heuning word gewoonlik in vloeibare vorm gebottel. Dit word egter ook in ander vorme verkoop en kan aan 'n verskeidenheid van verwerkingsmetodes onderwerp word.
Hoë-kwaliteit heuning kan van ander onderskei word op grond van geur, smaak en dikte. Ryp, vars, hoë-kwaliteit heuning moet teen 20˚C van 'n mes afloop in 'n reguit stroom sonder om in kleiner druppeltjies op te breek. Wanneer heuning geskink word moet dit klein, tydelike lagies vorm wat taamlik vinnig verdwyn en ‘n aanduider is van vloeitraagheid. As dit nie gebeur nie, is dit ‘n aanduiding van oormatige waterinhoud (meer as 20%) wat dit nie geskik maak vir lang-termyn preservering nie.
'n Porsie van 100g heuning voorsien 304 kalorieë met geen noodsaaklike voedingstowwe nie. Dit is saamgestel uit 17% water en 82% koolhidrate en is laag in vet, dieëtvesel en proteïen.
As 'n mengsel van suiker en ander koolhidrate, is heuning hoofsaaklik fruktose (omtrent 38 – 55%) en glukose (omtrent 31%), met die oorblywende suiker wat maltose, sukrose en ander komplekse koolhidrate insluit. Heuning se glukemie se indeks wissel van 32 tot 78 afhangende van die variëteit. Die spesifieke samestelling, kleur, geur en smaak van enige lot heuning berus op die blomme waar die bye, wat die heuning gemaak het, gewei het.
Voortgesette navorsing vind plaas na die medisinale gebruike van heuning, veral gesien in die lig van antimikrobiese weerstandigheid teen moderne antibiotika.
Die gebruik van heuning word soms aanbeveel as ‘n behandeling vir seisoen verwante allergieë wat deur stuifmeel veroorsaak word. Daar bestaan egter nie voldoende wetenskaplike bewyse om hierdie aanspraak te ondersteun nie. Heuning word oor die algemeen nie as doeltreffend geag vir die behandeling van allergiese konjunktivitis nie.
Dit is oor die algemeen veilig om heuning te gebruik, maar daar kan potensieel ongunstige effekte of interaksies wees in kombinasie met oormatige gebruik, bestaande siekte toestande en ander medikasie of dwelms.
Sommige blomme, soos asaleas en rhododendron, verleen giftige eienskappe aan die heuning, wat skadelik is vir mense, maar nie die bye beïnvloed nie. Dit veroorsaak 'n soortgelyke gevoel as hallusinogene, wat tot onvoorspelbare en onbeheerste gedrag lei.

Bome van die Jaar
Dais Cotinifolia, Pompon tree
Botaniese naam Dais cotinifolia
Family Thymelaeaceas – The fibre- bark and gonna family
Algemene naam Afrikaans: Kannabas; Basboom; Speldekussing
English: Pompon tree; Pincushion tree
Zulu: inTozwane-emnyama
SA Plant nommer 521
Een van die mooiste van al die inheemse blombome is die basboom, wat óf bladwisselend óf immergroen is na gelang van die klimaatstoestande waar dit groei – dit verloor sy blare in koue winterstoestande. Die wasagtige blare het ʼn blouerige skynsel aan die bokant wat die boom opvallend in die landskap maak. In die somer is die netjiese, goed geronde bome toe onder pienk blomme en word maklik van ver af opgemerk. Afsonderlike blomme is buisvormig en word in eindstandig trosse gedra. Die ou blomme word droog, verkleur bruin en bly dikwels ʼn tyd lank aan die boom. Die boom groei in ʼn groot verskeidenheid klimaatstoestande en pas by droë sowel as waterryke streke aan.
Die kannabas is ’n baie mooi struik of boom. As boom kan hulle tot 13 meter hoog raak.
In die lente is die plant oortrek met pienk tot ligpers blommetjies wat baie lekker ruik, veral na sononder. Die boom kom voor in KwaZulu-Natal en verder noord.

Peltophorum Africanum, African Wattle
Botaniese naam Peltophorum Africanum
Family Pod-bearing Family (Fabaceae)
Algemene naam Afrikaans: Huilboom
English: African Wattle
Zulu: umThobo
Noord Sotho: mosehla
SA Plant nommer 215
Die huilbos lyk baie soos ’n akasia, behalwe dat dit nie dorings het nie. Dit het dieselfde veervormige blare. Die boom het ’n donker bas en die dunner takkies word deur rooierige hare bedek. Die kort plat blompeule is ongeveer 6 cm lank en 2 cm breed.
Die boom kry sy naam van water wat soms in die vroeë lente van die takke van sommige bome afdrup. Dit word veroorsaak deur insekte wat sap uit die boom suig en dan groot bolle skuim afgee met water.
Die boom kom natuurlik voor in die Bosveld, KwaZulu-Natal, Swaziland, Botswana, Namibië en Angola. Dit is bladwisselend en blom vanaf September tot Desember.