VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

 SAVLU Kompetisie artikels 2021

 
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
BORDUURMASJIEN BORDUURWERKKOMPETISIE – 2021
 
BORDUURMASJIEN BORDUURWERK:  TEENET
 BEWOORDING:  Borduur ‘n teenet  met die Borduurmasjien.  Die teenet kan enige vorm en                                                  
                              grootte wees.  Die soom kan met die gewone naaimasien afgewerk word.                    
RIGLYNE:            Hierdie is ‘n kompetisie vir die Borduurmasjien  - gebruik dus hierdie masjien
                             optimaal.
                             Die hoeveelheid borduurwerk sal afhang van die grootte van die artikel.   
MATERIAAL:      Gebruik ‘n dun materiaal vir die teenet.
                            Gare  -  enige geskikte gare wat die gekose ontwerp of ontwerpe
                            tot hul reg sal laat kom.
AFWERKING:    Die korrekte spanning van die steke by die borduurwerk is baie belangrik.
                            Wanneer stablisering gebruik word moet dit netjies en korrek verwyder word.
                            Die soom kan met die gewone naaimasjien afgewerk word. Gebruik enige
                            metode.
                            Pars of stoom versigtig aan die verkeerde kant.  Plaas die regterkant van die
                            artikel op ‘n sagte oppervlak.
​
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
BORDUURWERKKOMPETISIE - 2021
 
HARDANGER BORDUURWERK 
BEWOORDING:  ‘n Voltooide artikel in Hardanger-borduurwerk.  Muurprente kan
gemonteer word.  Geen rame of glas. 
Vermy groot, lomp en swaar artikels. 
GESKIEDENIS:    Hardangerborduurwerk kry sy naam van die bergagtige streek romdom
die Hardanger-fjord in die Weste van Noorweё 
KENMERKE:  Hardanger-borduurwerk is ‘n klassieke borduursoort wat gekenmerk word deur oopwerkdele en geometriese blokmotiewe, wat versag word deur fyner detail.
Word altyd in reghoeke, vierkante, diamant of sterontwerp gewerk.
Altyd gewerk op getelde drade vanaf ‘n illustrasie, Werk gewoonlik oor 4 tot 6 drade.
Kantagtige effek word verkry deur sommige stofdrade in ‘n blok uit te trek en die oorblywendes ate versier.  
MATERIAAL:  Tipiese hardangerstof met ‘n dubbele plat draad of enkelgeweefde borduurstof met ‘n ronde draad.
Ewedraadstof wat baie egalig geweef is, sodat skering- en inslagdrade ewe dik is.
‘n Springerige of losgeweefde stof is nie geskik nie.
 BORDUURGARING:  Minstens twee diktes borduurgaring is nodig.  ‘n Dikker garing vir die satynsteekvierkante.  Fyner garing vir die binne afwerkings en siersteke.
Stomppuntnaalde (tapisserienaalde) word vir hardangerwerk gebruik. 
KLEUR:  Enige kleurkombinasie kan gebruik word. 
STEKE:  Satynsteek  -   ‘n onewe getal steke, gewoonlik 5 of 7, gewerk oor 4 of 6 drade.
Hierdie word klosterblokkies genoem.    Die steke lȇ oor die gesnyde rand van die ontwerp.
Dikwels gekombineer met saamgetrekte draadwerk, kruissteek, agtersteek en naaldweefwerk.
Die dele waarvan die drade verwyder is word op ‘n dekoratiewe wyse afgewerk.
Kruisies of beentjies vorm blokke.   Balkies by oopwerk kan oorhands gewerk of deurgeryg word.
Picots word ook gebruik op die prinsiep van Richelieuwerk.  Die rafeldrade kan saamgevat word op die prinsiep van draadtrekwerk. 
RANDAFWERKING:  Die ontwerp vorm soms self die afwerking of die rand word met komberssteek afgewerk.  ‘n Soom vasgevang met siersoomsteek of sy variasies kan ook gebruik word. 
Werk oor ‘n borduurraam.
  
​
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
BREIWERKKOMPETISIE – 2021
 
BREIWERK:     PONCHO/MANTEL VIR ‘N DAME
STYL:  Hierdie kledingstuk kan effens gevorm wees.   Die vorm kan vierkantig, seshoekig, gerond of langwerpig wees.   Dit kan geheel of gedeeltelik  oop wees met ‘n vasmaker of vasmakers.                                   
‘n Kraag is opsioneel.                                                                                                                                             
BREIGARE, PATROONSTEEK EN KLEUR:  Breigare, patroonsteek en kleur is eie keuse. 
‘n Stewige randafwerking word aanbeveel.  (hekelwerk toelaatbaar)                                                                                     
TOOISELS:    Enige tooisels kan gebruik word. Indien fraiings gebruik word moet dit nie die breiwerk of die vorm van die rand versteur nie. 
VASMAKERS:   Enige vasmaker wat die artikel komplimenteer kan gebruik word.                                                                            Indien knope nie ‘n steeltjie het nie moet dit met ‘n steeltjie vasgewerk word.  Gebruik van dieselfde breigare om die knope mee vas te werk          
SPANNING:    panning moet redelik egalig, ferm en elasties wees.
AAN - EN AFHEG:  
Heg altyd aan en af in patroonsteek   
Moet egalig en elasties wees sonder dat dit te los vertoon.
PARSWERK EN AANBIEDING:   Parswerk moet oordeelkundig gedoen word.                                                                                       Aanbieding moet skoon, nuut en fris vertoon.
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
FOTOKOMPETISIE –2021
 
FOTOGRAFIE:  “Deur ‘n Venster”
 TEMA:   “Deur ‘n Venster” 
VEREISTES :    Slegs kleurfoto’s is toelaatbaar.
                          Geen “photo shop” word  toegelaat nie.
                           Die vensterraam moet heel of gedeeltelik sigbaar wees. 
GROOTE :         Jumbo 
MONTERING :   Bied aan op A4 karton   Agtergrondkleur moet pas by die foto.
                            Geen opskrif verlang nie. 
AANBIEDING :  Deelnemer se naam, van, tak en provinsie moet op ‘n toegevoude stukkie
                             papier geskryf word en met kleeflint agterop die montering geplak word. 
                             Foto moet in ‘n plastiese lêersakkie aangebied word. 
 
SOUTH AFRICAN WOMENS AGRICULTURAL UNION
PHOTO COMPETITION – 2021
 
PHOTOGRAPH  -  “Through a Window”. 
THEME :                    “Through a Window”. 
CRITERIA :                Only colour photographs may be submitted.
                                    No enhancements nor “photo shop” permitted. The window frame must be
                                    partly or completely visible in the photo 
PHOTO SIZE:            Jumbo size  
MOUNTING :             Mount on  A4 board.  Background colour should complement the photo.
No caption required.
PRESENTATION :     A folded paper with the entrant’s name, surname, organization and Province to be attached on the back of the A4 mount with cellotape and not on the plastic sleeve.    Entry to be presented in a plastic file sleeve.
 
HANDVLYTKOMPETISIE – 2021
 
HANDVLYT:  GEMENGDE MEDIA 
BEWOORDING:  ‘n Prent in gemengde media.  Enige vorm. Nie groter as A3 of 1200 vk
                             cm nie.  Geen raam of glasbedekking.                           
VEREISTES:   Gemengde media is ’n kunsvorm waar daar van ’n verskeidenheid       
                           media en tegnieke gebruik gemaak word. 
TEMA:  Beplan die ontwerp rondom ‘n tema, ensovoorts 
MEDIA /TEGNIEKE: Enige medium en/of tegniek is toelaatbaar, solank dit duursaam
en stewig  vasgeheg  is.  Sorg vir genoeg tekstuurvariasies en geskikte kleurgebruik. 
ONTWERP:  Eie keuse 
BASIS:  Berei die agtergrond (eie keuse) volledig voor, Benut die hele oppervlak. 
WERKSGEHALTE:  Geen gommerke mag sigbaar wees nie. Die kante van die artikel
                                  moet netjies afgewerk wees. 
AANBIEDING:  Verpak in ’n borrelplastieksak vir beskerming.
 
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
HEKELWERKKOMPETISIE – 2021
 
HEKELWERK:  VEELKLEURIGE GEHEKELDE  MANDALA  ARTIKEL   
(Mandalas simboliseer die sirkelgang van die lewe. Byna soos die jaarringe van ‘n boom). 
TIPIESE KENMERKE:   Sirkelvormig (rond) met  ryke kleur-, patroonsteek en 
                                         tekstuurvariasies. 
                                         Die patroonsteke moet redelik dig wees 
VOORKOMS:             Patroonsteke verskaf tekstuur aan die mandala.
                                   Verskillende patroonsteke word vereis.
                                   Hekeldraad eie keuse
                                   Tooisels is nie kenmerkend van mandala hekelwerk nie.
                                   Geen krale of los hekelwerk wat bo-op vasgewerk word nie.
                                   Pars oordeelkundig 
WERKSGEHALTE:   Spanning is  stewig en egalig.
                                   Mandala hekelwerk lȇ plat en behou sy vorm.                                        
                                   Aan- en afhegting na elke ry moet onsigbaar wees                                  
RANDAFWERKING:   ‘n Stewige randafwerking is nodig. 
AANBIEDING:          Ryg twee derdes van artikel vas op ‘n stewige agtergrond (oorgetrekte   
                                    harde basis vertoon netjies).
SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
MASJIENWERKKOMPETISIE – 2021 

MASJIENWERK:  DRASAK VIR  ‘N  WARM OF KOUE KASSEROL 
VEREISTES:    Enige vorm is toelaatbaar maar die artikel moet praktiese en bruikbaar wees.
                        
Gebruik geskikte, duursame, wasbare tekstielstof.  Kies die masjiengare volgens die
                         veselinhoud van die tekstielstof.
                         Watteersel of ‘n ander isolasiemetode om die temperatuur te beheer word vereis
                         Sterk drabande of handvatsels word vereis.  Materiaalbande word dubbeld gemaak.
WERKSWYSE:   Was of krimp vooraf alle tekstielstowwe wat gebruik gaan word.
                           Gebruik die naaimasjien optimaal.
                           Steeklengte sal bepaal word deur die soort materiale wat gebruik word.
                          Werk alle garepunte stewig weg. 
                          Pars oordeelkundig
 
SOUTH AFRICAN WOMENS AGRICULTURAL UNION
SEWING COMPETITION – 2021 
SEWING:  CARRY BAG FOR A HOT OR COLD CASEROLE    
REQUIREMENTS:   Any form  is allowed but must be practical and serviceable.
                                  Use suitable, durable, washable  textile fabric .
                                  Choose the machine sewing thread according to the fibre content of the textile fabric.
                                  The use of batting or any other insulating method  to regulate the temperature is
                                  required.
                                  Strong bands or handles are required  for carrying. 
                                  Bands made from textile fabrics must be double thickness.                                                                    
WORKMANSHIP:  Pre- shrink all material before use.
                                 Use your sewing machine optimal.

SUID AFRIKAANSE VROUE LANDBOU -UNIE
SKRYFKOMPETISIE – 2021
 
SKRYFKUNS:  DIE INTERNET EN EK
1.         300 - 350 woorde
2.         Aangebied op A4 grootte papier in ‘n plastiekkoevertsakkie. Naam van
           deelnemer agterop die skrifstuk vasgeplak in ‘n toegevoude papier
3.        Gebruik duidelike en eenvoudige taal om jou boodskap verstaanbaar oor  
           te dra. Let op spelling, taalgebruik en sinskonstruksie 
 
SOUTH AFRICAN WOMENS AGRICULTURAL UNION
WRITING COMPETITION – 2021
 
THE ART OF WRITING:  THE INTERNET AND ME
  1.  300 – 350 words
  2. Write  your entry on a A4 size  paper in a plastic sleeve.  The name of the writer must be on a piece of paper attached to the back of the entry
  3. Use simple, understandable  language in your writing.  Check your spelling, language and sentence construction
Proudly powered by Weebly