VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

BORDUURWERK

MUURBEHANGSEL IN JAKOBEAANSE BORDUURWERK

Aanbieding: Gespan of gemonteer
Grootte: Minimum A4 en maksimum A3
Ontwerp: Tradisioneel
Gare: Vir modern weergawe kan katoendraad gebruik word (getwynde borduurwol/kroelwol dalk nie beskikbaar nie). Slegs 10% goue gare en krale kan gebruik word.
Steke: Kort- en langsteek oorheersend, stamsteek, kettingsteek, verskillende oppervlaksteke ens. 
Borduurstof: Sterk stewige geweefde linne of katoen 
Kenmerke: Skaal en proporsie is nie van belang nie. Die blom- en blaarontwerpe is uit proporsie met die stam asook met die diere, wat gewoonlik nie natuurlik was nie. Min aandag word aan die natuurlike kleure gegee. Die kleure skakeer goed en aandag word gegee aan lig- en skadu-effekte.
Omdat borduurwerk baie tyd inbeslag neem, moet u nie van goedkoop borduurstof gebruik maak nie. Gebruik ook goeie kwaliteit gare. Beplanning is uiters belangrik
Voorkoms:            60%
Werksgehalte:     40%
Opgestel deur Malieveld Sameroepster:Santa Kruger

Picture
Voorbeeld van Jakobeaanse borduurwerk
HEKELWERK

RUGSAK VIR 'N KIND - KARAKTERUITBEELDING

 Enige tipe wol of gare kan gebruik word, maak net seker dat dit aanpas by die karakter van die dier of poppie.Moet genoeg ruimte binne hê. Die verhoudings moet korrek wees en pas by ‘n kind. (maksimum van 35cm) Sakke moet gevoering wees met materiaal. Alle sakke moet redelik lig van gewig wees. Vermy swaar materiaal. Voering moet stewig vasgeheg word aan binnekant van sak.
 Die oop- en toemaak meganisme (‘n knip, ‘n flap, ‘n ritsluiter, of volgens die koevertstyl) moet stewig wees aangesien dit deur ‘n kind gebruik gaan word.Bande moet stewig vasgeheg word en moet dubbeld wees.Alle sakke moet wyd genoeg oopmaak om maklik toegang tot die inhoud te verleen. Bokant van sak moet met ‘n dubbel strook versterk wees
Voorkoms - 50%
Werksgehalte – 50%

Opgestel deur Malieveld SameroepsterSanta Kruger

Picture
Voorbeeld van die rugsak
MASJIENWERK:

"TABLET"/ "I-PAD" SAKKIE

 Let op na materiaal keuse. ‘ n Goeie keuse is stoffeer material – nie ‘n 
vereiste. Krimp katoen materiaal voordat jy die artikel maak. Sakkie moet gekwilt wees vir beskerming van artikels binne . Verskillende vakkies waarin beursie, ID/paspoort, sleutels en selfoon veilig gebêre kan word, gebruik jou eie kreatiewiteit.  ‘n Ritsluiter is ‘n vereiste as vasmaakmiddel by enige vakkie. Vakkies moet die regte diepte hê vir elke artikel, wat daarin geplaas moet word. Skouerband – gemaklik nie te lank nie – kan verstelbare band hê maar nie ‘n vereiste nie. Voorkant kan versier word met kreatiewe masjiensteke, masjienborduurwerk of kwiltwerk
Grootte: ± 35cm x 25cm nie grootter nie, die tablet/i-pad (normale grootte) moet stewig daarin pas, nie te los of te styf nie.
Voorkoms: 50%
Werksgehalte: 50%


Opgestel deur Tambuki Sameroepster: Lenie Groenewaldt


 FOTOGRAFIE

MAKROFOTO


'n Makrofoto is wanneer u fisies nader gaan aan ‘n klein onderwerp of deur die lens nader gaan aan die onderwerp wat u wil afneem.Die onderwerp moet ten minste 4keer groter vertoon op die kamera se venster as wat dit werklik is. Daar is geen perk op hoeveel maal u dit vergroot nie. Slegs manipulasie op die foto as geheel word toegelaat (skerptheid, kontras, saturasie, ens.) - u mag nie bysit, wegvat of skuif in die foto nie. U mag wel een of meer kante van die foto afsny om die komposisie te verbeter (crop)

RIGLYNE:
 ‘n Makrofoto , jumbo grootte op A4 gemonteer (Karton – eie keuse). Dis ‘n moeilike onderwerp - die onderwerp moet nogtans duidelik sigbaar wees 
al is dit ‘n baie naby foto. Gewone riglyne geld, bv. fokus is baie belangrik, veral by makro-fotografie. Komposisie is ewe belangrik, veral wanneer die objek aan die klein kant is. Hou die reël van derdes in gedagte.Beligting (“exposure”) moet reg wees. Die beeld moet skerp wees - ‘n driepoot is verkieslik, indien moontlik. Die hoek (“angle”) waaruit die foto geneem word, kan die verskil wees tussen ‘n gewone foto en ‘n wenner, bv. Van bo, van die kant of van onder. Moenie bang wees om te eksperimenteer nie.
 Gebruik ‘n groot lensopening om die agtergrond uit fokus te gooi.
 ONTHOU: GENIET JOU POGINGS. Sit besonderhede van kamera agterop.

WENKE: 
 Vir makro fotografie is ‘n makrolens en ‘n kameraflits belangrike stukke 
toerusting.Selfs twee flitse is handig , want dan kan jy dit teen verskillende hoeke weg van die kamera opstel. Met ‘n flits kan jy ‘n kleiner lensopening gebruik , wat weer sorg dat jy meer van die voorwerp in fokus kry.
Die moeilikste is om die fokus reg te kry, maar met oefening word dit beter.
Gebruik ‘n driepoot wanneer u ‘n stadige sluiterspoed gebruik 

A Macro photo, jumbo size ,mounted in A4 size 
‘Macro photo : A photographic situation where you get close to a small subject by physical or optical means.Starting at approximately 1⁄4 life size i.e. when the subject being photographed is four (4) times the size of the film plane (i.e. film or digital sensor ). There is no limit on the upper end.
Besoek gerus die webwerf : http://photography.nationalgeografic.com/
photography/photo-tips/macro-photo-tips/ 

Opgestel deur Hoeveld Streek Sameroeper : Marietjie Swart

Picture
HANDVLYT

KREATIEWE SEILSKOENE (TEKKIES)

Algemene voorkoms: 
 ‘n Paar kreatiewe seilskoene vir ‘n volwassene of ‘n kind. Goeie balans, oorspronklikheid en ontwerp, moet geskik wees vir ouderdom.  Kleure moet harmonieer en ontwerp uitbring. Enige tipe seilskoen kan gebruik word. Enige versierings – Decoupage, verf, borduur ens
Riglyne:
 Die metode en tegniek wat gebruik word om seilskoen te versier moet geskik wees vir die artikel.  Indien decoupage – pasop vir lugblasies. Geen gommerke mag wys nie. Indien geverf word, maak seker dat verf kleurvas is. Indien borduur – geen los garingdrade nie. Let op na: goeie beplanning, goeie konstruksie, netheid en vaardigheid.  Moeilikheidsgraad speel ‘n belangrike rol.
Opgestel deur Malieveld Sameroepster: Santa Kruger





MASJIENBORDUURWERK

HANDE HANDDOEK EN WASLAP VIR 'N GESKENK

 Standaard grootte handdoek. Kleur eie keuse en kan vir enige persoon(e)  gebruik word.  Moenie in die middel van die handdoek borduur nie.Gebruik verkieslik handdoek SONDER OF BAIE FYN “borders” (rand/soom)aangesien dit baie moeilik is om op “borders” te borduur. , Dit moet mooi netjies wees en drade moet geknip word. PASOP om nie die handdoek se drade ook raak te knip nie. PASOP vir te groot motiewe. Borduurwerk moet simmetries aan kante wees en  spasiëring moet eweredig wees..Appliekwerk (10%) is toelaatbaar, maar die masjienborduurwerk moet oorheersend wees.
 Moet eerder nie “tear-away” gebruik nie, maar eerder “Avalon” of “Laundry-
Bag”(word spesiaal vir handdoeke gebruik), wat bo-op gesit word.
Enige los blare of 3D motiewe moet eerder nie geborduur word nie, aangesien dit baie onprakties is vir handdoeke
Voorkoms: 60%
Werksgehalte: 40%

Opgestel deur Kosmos Sameroepster : Alice de Beer en Lizl Prinsloo



Picture
Masjiengeborduurde handdoeke
BREIWERK

KREATIEWE PONCHO VIR 'N DAME

Die artikel is van Mexiko afkomstig. Dit is ‘n plat of effens gevormde kledingstuk, maar nie so goed gevorm by die skouerlyn soos ‘n mantel nie.Dit kan vierkantig, seshoekig of gerond wees.Dit kan geheel of gedeeltelik oop wees met ‘n vasmaker. ‘n Kraag is opsioneel.Dit het dikwels fraiings.
Vereistes:  Kreatiwiteit is die belangrikste vereiste.
Verhoudings/Grootte: Dit is belangrik dat die verhoudings van die kledingstukten opsigte van lengte, wydte, en halsopening goed moet wees.
Breidraad: Breidraad van u eie keuse mag gebruik word. Neem in ag dat patroonsteek duidelik sigbaar moet wees.
Patroonsteek: Dit is belangrik dat die kledingstuk goed moet was en dra,nie maklik uitrek nie en ‘n netjiese voorkoms behou.Te veel soorte patroonsteke in dieselfde artikel skep ‘n deurmekaar indruk en moet vemy word.
Spanning: ‘n Redelike stewige spanning wat egalig en elasties is,word vir breiwerk gekies. As spanning te los is, verloor die artikel fatsoen.
Parsing: Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set.
Tooisels: Gebreide tooisels word verkies maar ‘n geringe hoeveelheid hekelwerk (10%)is toelaatbaar.
Voorkoms:             50%
Werksgehalte :     50%
WEES KREATIEF!!!
Opgestel deur Carpe Diem Streek Sameroepster : Frances Theron



Picture
Kreatiewe Poncho vir 'n dame
Picture
SKILDER: OLIEVERF OF AKRIEL

Tema: Whimsical – ‘n Speelse skets

Definition: 1. characterized by imagination and whimsy-fanciful; 2. playful or odd, especially in an endearing way; 3. Unpredictable Whimsical creatures do not exist in "real life", or so they say. In the world of the whimsical, imagination rules supreme.It is a competition, not actually an art exhibition. I know anything goes in the art world but this is the interpretation of ‘Whimsy’, on a restricted surface using a restricted medium for a certain amount of uniformity to enable fair judgement by adjudicators.

Dit is meestal ‘n vinnige skets op ‘n verfdoek wat ‘n heel ander dimensie kry. Bekyk dit op ‘n speelse manier, bv. karaktervol , denkbeeldig en onwerklik. Kleur speel ‘n baie belangrike rol in ‘n speelse skets “whimsical” – besonder 
kleurvol. Laat jou verbeelding gaan en eksperimenteer met kleur en wispelturigheid. Uiteindelik is duidelike prente sigbaar, nie abstrak en onsigbare prente nie
 MEDIUM: Olieverf of akriel
 OPPERVLAK: Seildoek/skilderdoek of “board”.
 GROOTTE en AANBIEDING: Enkel doek/board nie groter as A3 en nie kleiner as A4.  Nie ‘n tweeluik of drieluik nie m.a.w. slegs een seildoek of “board”. Ongeraam en nie gemonteer nie.
Seildoek moet gespan wees
Voorkoms: 60%
Werksgehalte: 40%

Opgestel deur Suikerbos Sameroepster:Cindyre Coetzee














Picture
SKRYFKUNS

DIE STORIE VAN MY MOTOR

 Hier gaan dit oor goeie taalgebruik, sinskonstruksie, korrekte spelling, leestekens, paragrawe, ‘n goeie storielyn en natuurlik dan ‘n storie wat emosies in die leser kan na vore bring, soos bv ‘n komiese of hartseer storie. Die storie moet tussen 200 en 250 woorde wees. Onderaan die storie moet die aantal woorde wat gebruik is, aangedui word (Leestekens tel nie as woorde nie). Die prosa mag nie handgeskrewe wees nie, maar getik in ‘Calibri’ of ‘Comic Sans’ skrif, no 12 grootte, slegs hoofletters waar van 
toepassing en enkelspasiëring op A4 papier. Deelnemer se naam, taknaam en streeknaam moet op ‘n toegevoude papiertjie agterop die A4 papier geheg wees met ‘n kleefbandstrokie. Die A4 papier word dan in ‘n A4 plastiek lêersakkie aangebied

Opgestel deur Rina Potgieter

Proudly powered by Weebly