VLU Mpumalanga
  • Tuis
  • Wie is ons
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Streek Opdeling
    • VLUM ARGIEF
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem Streekkompetisies 2024/2025 >
        • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023 >
          • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
          • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
          • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
          • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoëveld Streekkompetisies 2024/2025 >
        • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
          • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
          • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
          • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
        • Kosmosstreek Kompetisies 2025/26
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki Streekkompetisies ​2024/2025 >
        • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
          • Tambuki Kompetisies
          • Tambuki Kompetisies 2021/2022
          • Tambuki Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Werksbeskrywing van ampte
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012
      • Tambuki_old >
        • Suikerbos_old
        • 1T_Streek_Main >
          • 2T_Streek_Bestuur
          • Kosmos_old
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Communiqué & Albums
  • Gallery Facebook
  • Inligting 2024
    • Inligting 2025
    • Inligting 2023
    • Inligting 2022
    • Inligting 2021
  • Inligting 2020
  • Inligting 2019
  • Inligting 2018
  • Inligting 2017
  • Inligting 2016
  • Inligting 2015
  • Inligting 2014
    • Inligting 2013
  • Mpumalanga Streke
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
      • Hoëveld_old
    • Kosmos >
      • Kosmos 2025/26
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
      • Malieveld_old
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
copy_of_2021_finale_punte_provinsiaal_1.xlsx
File Size: 263 kb
File Type: xlsx
Download File

BEOORDELAARSVERSLAE 2021 VLU MPUMALANGA
 
BORDUURWERK:   Hardanger
Dankie vir positiewe deelname.  Dit is altyd ‘n voorreg om mooi handwerk te bewonder.  Baie tyd word aan beplanning, aankoop en borduur van artikels spandeer.  Elke borduurstuk is ‘n erfstuk!
Die artikels is goed aangebied.  Dit is beter om srtikel op ‘n oorgetrekte bord te monteer as om dit net “kaal” aan te bied.  Die artikels kry voue en dit versteur steke.
Borduurstukke verouder en boruurdraad verloor soms glans en kleur.  Borduurstof kry ook vlekkies met tyd.  Dit is egter baie moeilik om “ou” artikels uit te wys, en al is die beoordelaar oortuig dat die artikel nie vars en nuut is nie, kan sy dit kwalik diskwalifiseer.  Dus maak die beoordelaar staat op die integriteit van deelnemers om hul eie werk in te skryf,  vir die kompetisie waarvoor dit ingeskryf is.  Geen gebruikte of bewaarde stukke nie aseblief.
Keuse van ontwerpe is goed.  Kleurgebruik oor die algemeen goed.
Borduurstof goed – wees versigtig vir te grof geweefde stof.
Borduurdraad – oppas vir te dik borduurdraad.
Borduur tegniek is goed bemeester.  Kenmerkend van hardanger, is die kantagtige effek, in oop klosterblokke, en ook op die oop borduurstof tussen ontwerp.  Dit is nie oral bereik nie.
Randafwerkings kan ook meer aandag kry.
Hou aan om die tegnieke te oefen – dit lei na perfeksie!
Anphia Grobler
 
MASJIENWERKVERSLAG – Drasak Vir ‘n kasserol
Hierdie was ‘n baie interessant uitgevoerde artikel.  Verskeie ontwerpe is aangebied. Al die ontwerpe nie noodwendig baie suksesvol nie. 
 Alhoewel daar baie inskrywings was, kry mens tog die idee dat van die artikels vinnig gemaak is.  Dit sien ‘n mense by die stiksels se lengte en spanning (onderste gare wat deurtrek).
Panele wat presies dieselfde groottes behoort te wees verskil soms drasties.
Gradering blyk een van die grootste probleme wat orals is – dis beslis iets wat ons in ons werksklasse kan/moet aanspreek.
Insit van ritssluiters is nie altyd suksesvol en netjies nie.
Lede moet ook leer dat ALLE materiaal uitgespoel moet word.  Daar was duidelik gebruik gemaak van Afrika-sis (Seshwe) en dit is verseker nie gespoel nie.   Die nagevolg is dat die artikel met die eerste was gaan krimp en dalk daarna nie meer bruikbaar gaan wees nie.
Hout handvatsels maak ook artikel minder of glad nie wasbaar.
Dit was lekker om die artikels te beoordeel en  om die deelname van die lede te ervaar. As beoordelaar leer ek uit almal wat deelneem se artikels.  Dit is ‘n voorreg.
 Isobel Geyser
 
BREIWERK: Poncho/Mantel vir ‘n dame
 
Baie dankie vir die pragtige artikels.  Meeste van die artikels voldoen aan die vereistes.  Let op dat lusse nie te groot is vir knope nie.  Goeie gebruik van patroonsteke.
By die mantel kan ‘n meer digte steek gebruik word.  Poncho was almal geslaagd.
Wegwerk van die gare punte ontbreek
Lede ryg gare punte weg in plaas van weef
 Daar is beslis ‘n leemte by vermeerdering en vermindering van steke.  Die patroonsteek waarmee jy begin moet jy mee afeindig.
 Baie dankie vir die geleentheid om hierdie artikels te kon beoordeel.  Artikels vertoon baie mooi en pragtig.
 Anne-Marie Venter
 
HANDVLYT: Gemengde Media
 
Dit is baie lekker om so ‘n verskeidenheid van kreatiewe denke te sien.
Met gemengde media, moet die kunsvlyter let op tekstuur en afwisseling en beklemtoning van die fokusarea.  Baie deelnemers sit die meeste tekstuur weg van die fokusarea en trek dus die toeskouer se oog na minder belangrike areas.
 Die deelnemers het meegevoer geraak met voorwerpe op plak en het afgewyk van die voorwerp se konneksie met die tema en dat die verskeie gebruike van die media steeds suksesvol aangewend moet word.
 Pasop vir voorwerpe in die hoeke van die doek asook te donker kleurgebruik.  Dit maak ‘n vrolike tema vinnig somber
 Tersia Jacobs Dickeson
 
HEKELWERK:  Veelkleurige gehekelde Mandala
 
‘n Baie geslaagde afdeling met goeie deelname
 Ek hou van die dames se waagmoed in kleurgebruik
Montering is deurgaans ‘n reuse probleem.  Dit maak dat ‘n artikel nie tot sy reg kom nie.
Steekspanning skep nogal ‘n probleem, aangesien lede nie die regte kombinasies van hekelnaald en breidraad gebruik nie.
Baie geluk met elke lid se artikels op die tafel
Alice de Beer
 
FOTOGRAFIE:  Deur ‘n venster
 
Thank you for making me a part of this competition.  It is a huge privilege for me.
 The standard of photography is high.  Well done to all that entered
By the term technically I refer to photographical technical.  This is  composition, lightning, focus, depth of field and detail in the image.
 Please feel free to contact me concerning any image if more detail is required.  You can contact me on my cell: 082 929 4755 of email me [email protected]
Once again congratulations to all who entered.  Keep it up and enjoy our great hobby.
 Peter Cavanagh
 
SKETS:  Paletmes werk
 
Dankie vir julle goeie werk!  Geniet jul werk en moet nie ophou nie.
 Wat nie vandag regkom nie – more is nog ‘n dag.
 Dit was ‘n voorreg om vir julle bietjie gedagtes te kon gee, om hoe om jul werk te verbeter.
 Katrien Romijn
 
BORDUURMASJIEN:  Teenet
 
Dit was ‘n ongelooflike voorreg om hierdie teenette te kon beoordeel.
Daar is ‘n geweldige sprong in die gehalte van die eerste plek en die volgende plekke.
Dit is weereens ‘n bewys dat lede nog baie moet leer in hierdie afdeling.
 Al is dit ‘n boorduurmasjien artikel, is dit belangrik dat die naaldwerkmasjien se werk op die artikel ook netjies moet wees.  Die hoeke van die teenette kort geweldig aandag. 
 Isobel Geyser/Alice de Beer
 
  VLU-skryfkompetisie 2021
 
My oorheersende, algemene indruk is dat die onderwerp makliker hanteer is deur die meeste skrywers as verlede jaar se "Tandemuis".
Die gevolg is dat skryfwerk van 'n baie hoër gehalte deurgaans gelewer is. Miskien is dit toe te skryf aan die feit dat elke skrywer uit eie deurleefde ervaring kon skryf, ek weet nie?
Respons op die onderwerp was deurgaans goed tot uitsonderlik. Kreatiewe, persoonlike belewenis is verhaal wat oortuigende skryfwerk tot gevolg gehad het. Interpretasie was humoristies, oorspronk-lik, vars en plek-plek nuut.
Samehang en koherensie was nie in al die skryfstukke ewe opvallend nie, maar oor die algemeen was dit opvallend dat die skryfstukke afgerond is tot 'n hegte eenheid.
Taalgebruik en grammatika was deurgaaans goed tot uitsonderlik. Mooi woordspeling, idiome, nuutskeppings en skitterende beelde is gebruik. Relatief minder spelfoute is begaan (as in 2020) en sinsbou was oor die algemeen goed. Paragrafering was ook oorwegend goed.
Opvallend was tog dat enkele skryfstukke steeds nie 'n behoorlike inleiding/slot bevat nie, wat uiteindelik afbreuk doen aan die hele skryfstuk.
Ontwikkeling in die meeste skryfstukke het bygedra tot 'n hegte eenheid, 'n mooi afgeronde geheel. Plek-plek was daar tog 'n gebrek aan ontwikkeling, wat jammer is.
 
Dit was weer eens 'n voorreg om hierdie skryfstukke te evalueer.
 

BEOORDELAARSVERSLAG 1 JANUARIE 2020 TOT 31 DESEMBER 2020
2020 is ‘n baie spesiale jaar met groot uitdagings.  Niks is normaal aan hierdie jaar van Covid-19 nie. 
 
 OPLEIDING:  
Opleiding vir voornemende beoordelaars sou plaasgevind het in September 2020.  As gevolg van die grendeltydperk wat so lank is, en ons ook nie weet wanneer ons grendeltyd oor grense opgehef gaan word nie, is opleiding uitgestel na 2021.
 
KOMPETISIE DEELNAME Geborge kompetisie Oja-Soja  se resepkompetisie staan oor na 2021.
 
Kongres 2020 Die normale kongres vind nie plaas in 2020 nie.  Die kompetisie-artikels is beoordeel deur ons eie provinsie se beoordelaars.  Dit is ‘n groot voorreg vir die beoordelaars om op kongresvlak te beoordeel en die beoordelaarsspan het baie goed saamgewerk. 
 
             2.3 Beoordeling
             2.3.1  Masjienwerk:  Toerygwasgoedsak
             27 Inskrywings
                  
Spesiale plek
Magriet Burger
Querida
Malieveld
90%

2 de Plek
Mariet van Rensburg
Belfast
Suikerbos
85%

3 de Plek
Louise van Wyngaard
Barberton
Malieveld
84%

 
Beoordelaarsverslag:
‘n Baie suksesvolle artikel.  Appliekwerk deurgaans redelik suksesvol en uniek met goeie beplanning.  ‘n Kursus of twee kan meer sukses aan ‘n artikel bring.  Materiaalkeuses skep probleme en bemoeilik sukses.  Sintetiese stowwe word verkeerdelik gebruik.  Naaldgebruik moet ook na gelet word.
 
Beoordelaars:  Alice de Beer en Lenie Groenewald
 
2.3.2 Handborduurwerk:  Stekeboek
19 Inskrywings
 
1 ste Plek
Maureen van de Walt
Finesse
Malieveld
85%

2 de Plek
Frances Theron
Magnolia
Carpe Diem
84%

3 de Plek
Santie van der Merwe
Flamboyant
Malieveld
82%

 
Beoordelaarsverslag:
Kompetisie deelname nie baie gewild.  Algemene probleem blyk verkeerde keuse van borduurstof en borduurdraadnte wees.  Konstruksie van stekeboeke was ‘n probleem.  Bladsye verskil of word skeef vasgewerk.  Borduurwerk slaan deur as gevolg van voerings wat ontbreek.  Borduursoort en borduurstof is nie deurgaans korrekte pasmaats nie.  Algemene afronding van boekies nie geslaagd nie.  Geen kralewerk was toelaatbaar nie.  Pragtige fyn borduurwerk vertoon baie netjieser teenoor groot lomp borduurwerk.  Baie geluk aan al die deelnemers.
 
Beoordelaars:  Carien Schabort en Anphia Grobler
 
2.3.3  Borduurmasjienwerk – Ontdekboekie vir ‘n kleuter
 
6 Inskrywings
 
1 ste Plek
Annatjie Snyman
Swartgoud
Kosmos
82%

2 de Plek
Anita Hugo
Willie Hamman
Kosmos
81%

3 de Plek
Petro Botha
Hibiscus
Suikerbos
78%

 
Beoordelaarsverslag
Baie interessante gebruik van verskillende teksture en ontdekkings uitgebeeld.  Artikels is baie geslaagd, alhoewel baie tegnieke nie so geslaagd is nie.  Dames het mooi artikels gemaak wat baie ure se werk is.  Rond artikels mooi af.  Lees asseblief die vereistes.  Jammer dat groottes oorskry is.
 
Beoordelaars: Marina Hattingh en Isobel Geyser
 
2.3.4  Handbreiwerk – Beret vir ’n dame
28 Inskrywings
 
Spesiale plek
Jeanne-Louise Swart
Devon
Hoëveld
94%

2 de Plek
Mariëtte Bester
Soireè
Carpe Diem
93%

3 de Plek
Elize Oosthuizen
Nocturne
Carpe Diem
92%

 
Beoordelaarsverslag
Baie dankie vir al die mooi inskrywings.  Verskeidenheid van verskillende berette  Goeie gebruik van patroonsteke.  Kabels tot gewone koussteek gebrei wat goed uitgevoer is, was indrukwekkend.  Goeie gebruik van kleur.  Die parswerk ontbreek by berette.  Let ook op na party van die berette wat fleur verloor as gevolg van oorparsing. 
Werksgehalte en konstruksie bly maar ‘n probleem veral by die spanning wat baie slap voorkom, veral by die gebruik van verskillende patroonsteke op een beret.  Onegalige spanning kom voor by vermeerdering en vermindering,afheg en aanheg – altyd in ‘n patroonsteek.  Let op na die tipe breidraad.  Kwaliteit maak tog ‘n verskil.
Baie goeie beret style.  Baie dankie vir die deelname.  Baie geluk aan elke lid en baie baie geluk aan die wenners.
 
Beoordelaars:  Debbie du Plessis en Helena Joubert
 
2.3.5  Hekelwerk – Polssierband
25 Inskrywings
 
1ste Plek
Stella Bornebroek
Magnolia
Carpe Diem
89%

2de Plek
Frances Theron
Magnolia
Carpe Diem
85%

3 de Plek
Pat Venter
Meyersbrug
Kosmos
80%

 
Beoordelaarsverslag
Baie hoë gehalte.  Regtig interessante patrone en krale oral goed ingeskakel.  Party artikels se krale met een draadjie vasgehekel.  Knoopsgate nie omgehekel nie – knope trek maklik uit.  Parswerk benodig aandag.
 
Beoordelaars:  Mariana Bowker en Anna-Marie Venter
 
2.3.6 Handvlyt – Koordkuns
30 Inskrywings
 
Spesiale plek
Belinda Duvenage
Delmas
Carpe Diem
91%

2de Plek
Margit Marè
Lebombovallei
Malieveld
90%

3de plek
Marcia Keen
Bonsoir
Kosmos
88%

 
Beoordelaarsverslag
Baie dankie dat ek kon beoordeel.  Dit was ‘n voorreg om met die dames se handewerk te werk.  Oor die  algemeen was die inskrywings goed.  Min dames het gewaag om in dimensies te werk.  Die spykers bly ‘n probleem, tog was daar artikels met perfekte spykers.  Daar was  een artikel wat te groot was.  Hier en daar was die afwerking nie netjies nie.  Gom is ook ‘n probleem.  Oor die algemeen kon ons sien dat die dames hierdie kompetisie geniet het.
 
Thanks for giving me the privilege of judging with one of my “success” pupils.  Quality very good on the whole.  As above but just feel that the thicker thread would be more effective.  Beware of designs that are not properly designed.  Well done ladies – VERY proud of you.  Please keep up the good work
Beoordelaars:  Sunette Barnard en Robyn Schmidt
2.3.7 Fotografie – Hande met emosie
26 Inskrywings
 
Spesiale plek
Carien Schabort
Platrand
Tambuki
90%

2 de Plek
Anria Benade
Bonsoir
Kosmos
88%

3 de Plek
Judy Gelderblom
Barberton
Malieveld
85%

 
Beoordelaarsverslag
Oor die algemeen is die tema goed uitgebeeld.  Fotos is mooi skerp en beweging en beligting is goed hanteer.  Van die fotos is kleiner as voorgeskryf, maar nie daarvoor gepenaliseer nie.  Diepte van veld kan verbeter.
Baie dankie vir die geleentheid wat vir my gegee is om deel van julle fotografie kompetisie te kan wees.  Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.  Julle is welkom om my te kontak vir enige vrae wat julle mag hê.
 
Beoordelaar: Peter Cavanaugh (082 929 4755)
 
2.3.8  Skets  – Sonsopkoms/Ondergang
23 Artikels
 
Spesiale plek
Elbie vd Schyff
Saligna
Tambuki
98%

2 de Plek
Jana Risseeuw
Willie Hamman
Kosmos
90%

3 de Plek
Corrie Ludwig
Willie Hamman
Kosmos
90%

 
Beoordelaarsverslag:
Baie dankie vir die voorreg om die werk te kon beoordeel.  Dit is ‘n riem onder die hart dat daar soveel mense is wat hulself kreatief stimuleer.
Die werke was baie netjies gemonteer en goed afgerond.  Die meeste kunstenaars het met ‘n sterk swart silhouette gewerk teenoor ‘n eenvoudige sonsondergang.  Hierdie tema is ‘n suksesvolle onderwerp omdat dit maklik uitvoerbaar is.
Ek dink egter dat die deelnemers in vervolg meer gewaagd kan wees en nie te eenvoudige onderwerpe moet kies nie.  Hoe meer daar is om te skilder in ‘n verwysingprent, hoe beter, interessanter en meer uitdagend.
Die kunswerke wat wel baie hoë punte verwerk het, het bietjie die grense verskuif van eenvoudig silhouette na ‘n meer deurdagte tema/onderwerp. 
Die deelnemers het oor die algemeen nie 100% by die integriteit van hulle medium gebly en in dun lae gewerk nie.  Sommige kunswerk kon amper voor as gouchè werke, waar die pigment sterk en met min water aangewend is.  Waterverf se karakter lê in die vele dun lae wat bo-oor mekaar aangewend word om vlakke te skep.
‘n Mens moet ook liefs nie tot op elke hoek en kant van die papier werk met waterverf nie.  Los oop leë ruimtes wat die fokus terugbring na die onderwerp.
 
Beoordelaar:  Tertia Jacobs
 
3.9  Prosa – Die tandemuis
27 Inskrywings
 
Spesiale plek
Alta Roux
Hendrina
Kosmos
92%

2 de Plek
Joelene Caldeira
Lebombovallei
Malieveld
90%

3 de Plek
Linda Rörich
Azaria
Carpe Diem
88%

 
Beoordelaarsverslag
Dit was vir my 'n baie groot voorreg om die nasienwerk van die finale rondte se skryfstukke te behartig.
Baie dankie vir die voorreg en geleentheid.  Vir my sal die tandemuis nooit weer dieselfde lyk, optree, en wéés nie!
Bevinding:
Wat die inhoud en beplanning betref, was dit opvallend dat die meeste van die skryfstukke goed beplan is en daarom 'n samehangende eenheid gevorm het. Enkele skryfstukke het heelwat los drade/los gedagtes gehad wat nie in die slot van die skryfstuk vasgeknoop is sodat 'n samehangende eenheid verkry is nie.  Dit is besonder jammer, want dit beïnvloed 'n mens se evaluering van die skryfstuk. Die respons was, op enkele gevalle na, besonder kreatief, vars, nuut en effektief! In enige skryfstuk van verhalende aard behoort daar 'n interessante kinkel in die kabel te wees wat bydra tot die afgeronde eenheid.  Dit verg natuurlik kreatiwiteit – en dit was nie in al die skryfstukke teenwoordig nie.  Uiteraard beïnvloed dit nie die evaluering só baie nie, maar dit dra tog by tot die treffende aard van die skryfstuk.  Bly die verhaal/besonderhede/gebeure 'n mens by? Stem dit jou tot nadenke? By die beoordeling van die inhoud was die volgende vir ons belangrik: - hoe goed?  Hoe kreatief?  Hoe treffend? organisasie van gebeure – hoe verloop die storie?  Is daar in die bou van die skryfstuk 'n hegte eenheid?  Dra die inleiding, hoofdeel en slot by tot 'n afgeronde eenheid? 
Wat taalgebruik betref, het ons die volgende oorweeg (ook na aanleiding van die riglyne wat deur die VLU verskaf is): Toon, styl, register en woordeskat – is dit gepas vir die doel? Is die taalgebruik effektief?
Grammatika en spelling – is die taalgebruik korrek  Is daar spel- en leestekenfoute?
Ten slotte het ek aandag gegee aan paragrafering en hoe dit gedoen is. Om werklik reg te laat geskied aan so 'n kompetisie, het ek 'n kollega wat Afrikaans Huistaal vir Gr. 12's onderrig, gevra om my beoordeling van die skryfstukke te verifieer.  Wat die eerste sewe plekke betref, het ons punte en indrukke 100% ooreengestem: die briefie aan oom Colgate het ons werklik beïndruk, want dis vars, oorspronklik, anders – en die woordspeling met "tandmuis" en "kerkmuis" was uitstekend!  
ENKELE AANBEVELINGS:
Inhoudelik is 'n mens se oorspronklikheid/kreatiwiteit so wyd soos die Here se genade!  Gebruik dit, maar maak seker dit dra by tot 'n hegte geheel wat handel oor die "tandmuis". Enige verhaal, spesifiek oor die tandmuis, is aanvaarbaar – soos bv. die teks wat handel oor 'n mamma wat haar honde se tande versorg (by gebrek aan kinders) sodat die tandmuis vir húlle iets lekkers kan bring. Bly by die onderwerp. Wat taal betref, was enkele foute opvallend: Die gebruik van direkte rede is plek-plek nie korrek gedoen nie.  Kyk na paragrafering wanneer direkte rede gebruik word. Kyk na die hantering van tyd: indien 'n mens in die teenwoordige tyd skryf, moet alles in die teenwoordige tyd wees.  Dis onlogies wanneer een paragraaf/sin in die teenwoordige tyd, en 'n volgende in die verlede tyd aangebied word. Leestekengebruik is plek-plek nagelaat.  Ook was die spasiëring by die gebruik van leestekens 'n probleem. (Ek het gemeen dis te wyte aan rekenaargebruikfrustrasies?) 'n Teks wat vir 'n kompetisie ingeskryf word, behoort tot 'n groot mate spelfoutvry te wees. Ons het almal woordeboeke byderhand. Veral wat die los- en vasskryf van woorde betref, was daar heelwat foute.  Die geheim is: in Engels skryf ons woorde hoofsaaklik los, maar in Afrikaans is dit hoofsaaklik vas!  (Die tandmuis huisie is tog EEN ding, daarom moet dit een woord wees, nl. tandmuishuisie. Die afwesigheid van idiomatiese taal het my opgeval.  Slegs enkele skryfstukke het moeite gedoen om idiome en retoriese middele te gebruik.  Dit is altyd besonder effektief en verhoog onmiddellik die kwaliteit en trefkrag van die skryfstuk. Kyk na die gebruik van hoofgedagtes en organiseer dit in afsonderlike paragrawe.  'n Korter paragraaf, 'n eenwoord- of eensinparagraaf is soms baie suggestiewer/beeldender/veelseggender as 'n langer paragraaf.  
Nogmaals baie dankie vir die voorreg!  Sterkte vir 'n volgende skryfkompetisie!
Baie geluk aan die wenners!
 

Beoordelaar:  Friena Scholtz

View More

2 Korintiërs 3:17

Waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.

Presidente

Alna Kapp
​e-pos: [email protected]
  • Tuis
  • Wie is ons
    • Geskiedenis & Simboliek
    • Uitvoerende Bestuur (UB)
    • Streek Opdeling
    • VLUM ARGIEF
    • VLU Mpumalanga is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies 2025/26
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem Streekkompetisies 2024/2025 >
        • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023 >
          • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
          • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
          • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
          • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoëveld Streekkompetisies 2024/2025 >
        • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
          • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
          • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
          • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
        • Kosmosstreek Kompetisies 2025/26
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki Streekkompetisies ​2024/2025 >
        • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
          • Tambuki Kompetisies
          • Tambuki Kompetisies 2021/2022
          • Tambuki Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Werksbeskrywing van ampte
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012
      • Tambuki_old >
        • Suikerbos_old
        • 1T_Streek_Main >
          • 2T_Streek_Bestuur
          • Kosmos_old
  • Doel van die VLU
    • VLU Gebed
    • VLU Lied
    • Missie & Visie
    • VLU Wapen
  • Communiqué & Albums
  • Gallery Facebook
  • Inligting 2024
    • Inligting 2025
    • Inligting 2023
    • Inligting 2022
    • Inligting 2021
  • Inligting 2020
  • Inligting 2019
  • Inligting 2018
  • Inligting 2017
  • Inligting 2016
  • Inligting 2015
  • Inligting 2014
    • Inligting 2013
  • Mpumalanga Streke
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
      • Hoëveld_old
    • Kosmos >
      • Kosmos 2025/26
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
      • Malieveld_old
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief