Provinsiale Kompetisie Riglyne / 2021/2022
- MASJIENWERK
‘n Sak wat gemaak word om vir verskeie geleenthede / projekte te gebruik. Dit is ‘n veeldoelige sak..
VEREISTE:
- Sak moet nie groter wees as 50cmx40cm nie en nie kleiner as 30cmx20cm
- Ten minste 2 verskillende soorte vasmaakmiddels bv rits, knoop en knoopsgat, ens
- Verskeie sakkies vir veeldoelige gebruik. Binne en/of buite.
- Handvatsels is nie deel van die grootte nie.
- Hierdie is ‘n masjienwerkartikel – geen gom mag gebruik word nie. Hoe meer tegnieke jy gebruik hoe meer punte gaan jy kry. ‘n Netjies afgewerkte artikel trek altyd die aandag.
- Gebruik stewige materiaal – Verstewig dit ook waar nodig.
Moderne Lappop vir speel
VEREISTES:
- Troetelbare menslike lappop vir ‘n kind – nie vir ‘n baba nie.
- Kind moet dit maklik kan vashou bv aan die arms of bene/hare.
- Lappop moet ook aangetrek wees. Klere moet aan- en uittrekbaar wees.
- Nie langer as 60cm en nie kleiner as 30cm lank nie.
- Moet wasbaar wees. (‘n Kind gaan daarmee speel).
- Geen gevaarlike tooisels wat kind kan beseer of skade gee nie.
- Gesig kan geborduur/geverf ook wees….eie keuse.
- Dis ‘n handvlyt-artikel
‘N RYK VERSIERDE HANDDOEK MET RANDAFWERKING EN BYPASSENDE MOTIEF
VEREISTES:
- Moet ‘n stel van 2 handdoeke wees – Wydte van handdoeke nie kleiner as 48cm en nie groter as 75cm nie. –
- Borduurwerk kan op linne/suiwer katoenmateriaal gedoen word en dan vasgewerk word op die katoenhanddoekke om dit baie netjies as ‘n geskenk te laat vertoon.
- Dit kan ook direk op die handdoekstof gedoen word.
- Die patroon is vir ‘n volwasse persoon – nie vir ‘n kind nie.
- Gebruik goeie katoenhanddoek kwaliteit. Dubbelkantige handdoekstof is die beste.
- Suiwer katoen/linne vir borduurwerk werk baie goed – indien jy nie direk op handdoek gaan borduur nie.
- Beplan en dink baie mooi oor die ontwerp en motief
- HANDBORDUURWERK
Kenmerke
- Skeppende borduurwerk waarin tekstuur ‘n belangrike rol speel.
- Dit gee ‘n nuwe dimensie in borduurwerk.
- Tamboreerraam grootte: (deursnee ) 24 – 29 cm
3. 20% nie-borduurwerk is toelaatbaar (tooisels)
4. Aanbieding: In die Taboreerraam.
5. Artikel moet netjies, fris en skoon aangebied word.
6. In ‘n toeritssakkie aangebied word
Riglyne
- Handborduurkuns in ‘n raam
- Kreatiewe kleurgebruik
- Enige borduurstof
- Verskillende tipes en diktes garings
- BREIWERK
.Vereistes:
1. Breidraad: 100% Katoen. 2/3 Kleure kan gebruik word. Geen geskakeerde breidraad nie.
2. Kleursamestellings moet harmonieer met mekaar.
3. Die randafwerking - mooi en netjies wees en dit moet help om ‘n goeie fatsoen aan die
artikel te gee.
4. Artikels moet binne in ‘n toerits plastiese sakkie aangebied word.
5. Dit moet afdroogvadoek grootte wees – 30x45cm
Voorkoms:
Die artikel moet aantreklik, netjies, modieus wees en ‘n professionele indruk skep
Patroonsteek:
Kies ‘n patroonsteek wat pas by die artikel.
- HEKELWERK
Voorkoms:
Die artikel moet aantreklik, netjies, modieus wees en ‘n professionele indruk skep.
Vereistes:
1. Hekelgaring moet suiwer katoen wees
2. 2 x Kleure moet gebruik word.
3. Kleursamestellings moet harmonieer met mekaar.
4. Patroonsteek: ” Mosaïek.
5. Grootte: Nie kleiner as A4 nie groter as A3 nie.
6. Artikels moet binne in plastiese toerits sakkie aangebied word.
Wenke:
- Wees versigtig vir te dik hekelgare. .Bly weg van multikleur gare
- Moet nie Mosaïeksteek verwar met Turkse patroonsteek nie
- Raadpleeg handleiding
Die rand afwerking - mooi en netjies wees -.moet goeie fatsoen aan die artikel te gee sodat artikel mooi plat lê.
- KUNS
VEREISTES:
- Slegs wit potlood/houtskool of wit pastel op Swart sketspapier.
- Nie kleiner as A5.
- Moet gemonteer wees in A4
- Moet pas in leêrsakkie
- “Potlood” moet sag wees
- Oefen, oefen oefen
SKRYFKUNS
Kortverhaal: Titel: Niemand het dit verwag nie
Vereistes:
- Prosa (Kortverhaal)
- Minimum 350, maksimum 500 woorde.
- Goeie spasiëring.
- Dubbel spasiëring tussen paragrawe.
- Skrif – Calibri 12
- Naam van deelnemer agterop vasgeplak in toegevoude papier.
- Moet in plastiese leêr sakkie aangebied word.
Vertelperspektief
Die kortverhaal word vanuit ‘n bepaalde perspektief en deur ‘n spesifieke soort verteller vertel. Dit gebeur selde dat meer as een verteller aan die woord gestel word.
Ruimte
Die meeste kortverhale speel in ‘n enkele ruimte af.
Struktuur
Kortverhale het gewoonlik ‘n enkele intrige.
Eksposisie
Die inleidende gedeelte is gewoonlik kort, of die verhaal begin regstreeks met ‘n gebeurtenis of handeling. Dit gee die tyd en ruimte waarin die verhaal afspeel. Die belangrikste karakter(s) word bekend gestel. Die sentrale tema kan reeds in die inleiding gegee word.
‘n Gebeurtenis van een of ander aard sluit die eksposisie af en gee aanleiding tot en momentum aan die intrige. Dit word die motoriese moment genoem.
Ontwikkeling
Die besonderhede van die intrige is gewoonlik nie te ingewikkeld nie, aangesien die skrywer met ‘n kompakte gegewe werk. Die gebeure bou op na ‘n klimaks.
Klimaks
Dit is die krisismoment van die verhaal.
Ontknoping
Hierdie gedeelte van die die verhaal bring die intrige tot ‘n einde na die klimaks. Dit gebeur kort en kragtig dikwels binne die verloop van een sin. Dit is moontlik dat daar geen ontknoping is nie, baie kortverhale eindig met die krisis, wat ‘n knal-effek genoem word. In hierdie gevalle word die ontknoping geimpliseer en die leser moet tot sy/haar eie gevolgtrekking kom.
Die slot in die kortverhaal is dikwels ‘n verrassing, skok, of ‘n ironiese wending, die sogenaamde kinkel in die kabel, om die kortverhaal ‘n besondere trefkrag te gee.
Handeling
Die handeling in ‘n kortverhaal kan ekstern(gebeure) of intern (‘n emosionele belewing) wees. In laasgenoemde geval is daar eerder ‘n dramatiese verandering in hoe die karakter dink en voel as in hoe hulle optree. Omdat alles binne ‘n kort tydsbestek gebeur, word gebeure gekonsentreer en kry dit daardeur ‘n heftiger impak.
Tema
Net een tema word deurgaans gebruik.
Karakters
‘n Kortverhaal het ‘n beperkte aantal karakters, of selfs net een.
Inligting gekry uit: X-Kit Essensiële gids vir Afrikaans
- FOTOGRAFIE
Vereistes:
- Grootte – Jumbo
- Matt – Kleurfoto gemonteer A4
- Moet in A4-leêrsakkie pas
- Dit moet moontlik wees om op die pad te stap of te ry