streek KOMPETISIES
verkorte Kompetisie Riglyne 2020/2022
BREIWERK: Stel van 2 oorgetrekte hangers
Vereistes:
Vereistes:
Vrugtelekkers word in blokkies gevorm en aangebied. Smaak is kenmerkend van die vrugtesoort. Nie te soet nie. Slegs een geur word gemaak en aangebied. Presevering: Gepiekelde Blomkool Vereistes:
Netjies,gevulde en gemerkte fles word aangebied. Stel van 2 (twee) papiermaché vrugtebakke wat inmekaar pas Vereistes: e wat inmekaar pas. Groot bak 25 cm in deursnee en klein bak 20 cm in deursnee. Altwee bakke moet goed verseël, en waterbestand wees (wasbaar). Rante moet netjies afgerond wees. Riglyne: Papiermaché is ‘n vlyt wat vir baie jare beoefen word, veral in skoolprojekte en take. ● Papier in stroke en of papierklei word gebruik. ● Gom is die ander bestanddeel van maché (Muurpapiergom werk baie goed) ● Selfgemaakte gom van meel/mielieblom en water kan gekook word. ● Sout kan ook by die gom gevoeg word om dit ‘n stewiger gom te maak. ● Papierstroke word geskeur van koerantpapier of enige ander papier kan ook gebruik word. ● Wanneer papier geskeur word, skeur dit in die lengte, dan skeur dit egalige stroke. Papier het ook ‘n draad soos material wat makliker skeur in die lengte. ● Moenie die stroke papier te breed skeur nie, dit is geneig om voue te maak oor ronde vorms. ● Gebruik ‘n basis om die artikel te vorm. ● Wanneer ‘n vorm gebruik word wat weer verwyder moet word, soos ‘n bakkie ens. moet voorsiening gemaak word dat dit wel verwyder kan word deur ‘n laag plastiek ens. oor die vorm te plaas. ● Ballonne kan ook as basis gebruik word, dit kan maklik verwyder word. ● Moenie te veel lae oormekaar plaas aan die begin nie, dit kan swaar word en afgly. ● Die lae moet tussen in goed droog word. ● Wanneer die verlangde effek verkry is kan die basis verwyder word. ● Om gelaatstrekke, handvatsels ens. te vorm word ook papier wat opgerol of papierklei gebruik. ● Papierklei – papier wat in water geweek is en fyn gemaak is met n mengerapparaat. ● Eierhouers is ook material wat heerlik werk vir die pulp van die klei en dan met gom gemeng word. ● Werk die artikel netjies af. ● ‘n Laag PVA verf kan as basis dien voordat kleure op geverf word. ● Die artikel kan ook geskuur word indien verlang om ‘n egalige tekstuur te verkry. |