VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

Handvlyt:

‘n Versierde Blikkie/s vir die eetgerei van twee persone by die braai of kampplek.

 Dit moet bruikbaar wees.

 Eenheid vorm.

 Geskikte materiaal.

 Pas by tema.

 Hou by die rëels.

 Versiering en tegniek, geskik vir blikkie,paslik vir braai/kampplek

 Geen hoeke of skerp punte mag sigbaar wees nie.

 Nie meer as 2x410g of 1x825g konfyt blik nie. (Indien  2x410g 
blikkies gebruik word, moet dit so saamgevoeg word dat dit ‘n 
eenheid  vorm op ‘n voetstuk)

 Enige materiaal wat geskik vir blikkie is mag gebruik word.

 Maak dit stewig passend by braai tema

Saamgestel deur Marietjie Swart,
Hoëveldstreek.


​Masjienwerk:
Oortreksel vir Braairooster


Algemeen

 Die vorm van sak moet by styl van artikel pas, en moet eweredig wees.

 Wees prakties en kreatief  in die samestelling van jou beplanning. Verskeidenheid van tegnieke gaan by voorkoms ook punte verdien sowel as werksgehalte.

 Stewige tipe materiaal aanbeveling.

Riglyne

 Funksioneel,  dekoratief,  moet groot genoeg wees om aan sy doel te beantwoord.

 Opening moet groot genoeg wees dat rooster gemaklik in en uitgehaal kan word.

 Versterk die hoeke van die sak.

 Geen rafel rande moet sigbaar wees aan die binnekant van 
roostersak nie.

 Enige praktiese vasmaak middel mag gebruik word. 

 Bande moet stewig en in verhouding van sak wees.​


Masjienborduur:
2 gekoopte vadoeke met braaitema

Riglyne:

 Standaard grootte gekoopte vadoeke.  

 Gebruik verkieslik effekleur vadoeke met geen patroon op.

 Omdat dit ‘n item vir by die braai-area is, is ‘n donkerder kleur 

 Moenie in die middel van die vadoek borduur nie.

 Dit moet mooi netjies wees en drade moet geknip en weggewerk 

 PASOP vir te groot motiewe.  Borduurwerk moet simetries aan kante 

 Appliekwerk is nie toelaatbaar nie.

 Moet eerder nie “tear-away” gebruik nie, maar eerder “Avalon” of“Laundry-Bag (word spesiaal vir handdoeke gebruik), wat bo-op gesit word.
Voorkoms: 60%
Werksgehalte: 40%

Opgestel deur Kosmos Sameroepster : Alice de Beer en Lizl Prinsloo



Handbrei/Hekel:
Plekmatjies ‘n stel van 2

Algemeen

 Plekmatjies word in plek van tafeldoek gebruik

 Dit kan formeel of informeel wees

 Dit kan in ‘n vorm van rond, ovaal of reghoekig wees

 Maak  2 plekmatjies ( ‘n Stel is slegs 2 plekmatjies)

 Met selfkante moet baie versigtig te werk gegaan word om 
egalige rand te verseker

 Plasing van motief of ontwerp moet vooraf beplan word en goed gebalanseerd wees. 

Riglyne

 Grootte 28cm x 42cm

 50% brei en 50% hekel dit moet gekombineer word, beplanning speel ’n groot rol

 Enige geskikte breigare/wol/tou/lyn/hekelgare/t-yarn mag 
gebruik word.

 Opsioneel - maak dit bruikbaar  aan weerskante

 Maak dit jou eie, modern en uniek

 Dink uit die boks

Opgestel deur Tambuki Streek – Lenie Groenewald







Borduur:

Hessian Tafelloper


​Algemeen

 ‘n Reghoekige tafellap word beskou as ‘n loper wanneer die lang sy ten minste drie (3) keer die lengte van die kort kant is. 

 Goeie ontwerp is ‘n absolute  voorvereiste vir ‘n geslaagde borduurstuk.

 Let op dat jy mooi stewige hessian koop, kyk na tekstuur van lap.

Riglyne

 Borduurgare - verskillende egalige diktes en tipes,  dit wat by jou borduurstof  pas.

 Steekgebruik : oorspronklik, vindingryke borduursteke, jou eie 
keuse, maak gebruik van oppervlaksteke.

 Moenie te veel verskillende steke gebruik wat borduurstuk te 
besig maak nie.

 Randafwerking: rond af met weefwerk of sit kant aan - vasgewerk met borduursteek van jou keuse.

Opgestel deur Carpe Diem – Olive vd Westhuizen​


Fotografie:

Tema: Om die Kampvuur 


Slegs manipulasie op die foto as geheel word toegelaat (skerptheid, kontras, saturasie, ens.) - U mag nie bysit, wegvat of skuif in die foto nie. U mag wel een of meer kante van die foto afsny om die komposisie te verbeter. (crop)

Riglyne:

 Jumbo grootte (12,5cmx17,5cm) gemonteer op A4(Karton – eie keuse)

 Gewone riglyne geld, bv. fokus is baie belangrik.

 Komposisie is ewe belangrik. Hou die reël van derdes in gedagte.

 Beligting (“exposure”) moet reg wees.

 Die beeld moet skerp wees - ‘n driepoot is verkieslik, indien 
moontlik.

 Die hoek (“angle”) waaruit die foto geneem word, kan die verskil wees tussen ‘n gewone foto en ‘n wenner, bv. Van bo, van die kant of van onder. Moenie bang wees om te eksperimenteer nie.

 ONTHOU: GENIET JOU POGINGS.

 Sit besonderhede van kamera agterop.


Opgestel deur Suikerbos Streek Sameroeper : Cindyre Coetzee

Sketse: 

3-poot Pappot
Algemeen

Houtskool kom in verskillende lengte en in verskillende dikte
bv,dun,medium dik en ekstra dik. Jy kan dit ook in verskillende vormskoop om op groter oppervlakte mee te werk. Houtskool breek baie makliken is baie bros,dit is ideaal om skaduwees in jou skets in te bring.
Houtskool moet baie versigtig gebruik word omdat dit baie smerig kanwees veral wanneer jy 'n skets doen met houtskool.
'n Saamgepersde houtskoolpotlood (Compressed Charcoal Pencil) is ookbeskikbaar wat van houtskool, bindstof en klei gemaak is. Dit is harderminder smerig en kom ook voor in sagter na harder. Die houtskoolpotloodkom voor in hout- of papieromhulsel.

Maak seker dat jy gereeld jou vingers skoon maak tydens jou skilder tyd,sodat jou skets mooi netjies bly.

Riglyne

Meduim: Houtskool

Oppervlak: Papier

Grootte: A3

Aanbieding: Gemonteer

Opgestel deur Suikerbos Sameroepster - Cindyre Coetzee​


Skryfkuns:
Kampvuur storie

1. Hier gaan dit oor goeie taalgebruik, sinskonstruksie, korrekte 

spelling, leestekens, paragrawe, ‘n goeie storielyn. 

2. Die storie moet tussen 250 en 300 woorde wees. Onderaan die 

storie moet die aantal woorde wat gebruik is, aangedui word 

(leestekens tel nie as woorde nie).

3. Getik in ‘Calibri’ of ‘ Comic Sans’ skrif, no 12 grootte, slegs 

hoofletters waar van toepassing en enkel  spasiëring op A4 papier

4. Deelnemer se naam, taknaam en streeknaam moet op ‘n 

toegevoude papiertjie agterop die A4 papier geheg wees met ‘n 

kleefbandstrokie

5. Die A4 papier word dan in ‘n A4 plastiek lêersakkie aangebied.

Ons kan nie wag om jou braai of kampvuur storie te lees nie

  WOORDE minimum 250 woorde  maksimum 300 Woorde
Proudly powered by Weebly