streek KOMPETISIES
verkorte Kompetisie Riglyne 2020/2021
gebak
|
gebottel
|
TEMA: My Rommel, my verantwoordelikheid.
Maak ‘n inkopiesak uit herwinde materiaal.
Riglyne
Die artikel moet uit herwinde materiaal gemaak word.
Dit moet stewig en bruikbaar wees.
Enige tegniek kan gebruik word bv. Hekel, brei, masjienwerk, smelting van plastiek sakke.
Grootte: Maksimum van 60cm
Voorkoms en Bruikbaarheid :60
Algemene ontwerp en grootte: Balans, verhoudings, geskiktheid en oorspronklikheid.
Kleur: Geskiktheid, variasie en balans.
Estetiese Waarde: Die algemene aantreklikheid
Bruikbaarheid
Werksgehalte:40
Netheid en vaardigheid ten opsigte van konstruksie. Korrektheid en duursaamheid van konstruksie.
Algemeen:
Kreatiewe gebruik van Rommel.
Die geskiktheid van tooisels, sal tydens beoordeling in aanmerking geneem word.
ANDBREIWERK: BEGINNERS
Nekverwarmer (Cowl, nie ‘n serp nie) professionele indruk skep. VOORKOMS: Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, STYL EN PASSING: Kies ‘n styl wat aan die vereistes van die klas voldoen. PATROONSTEKE: VEREISTE: Enige een of meer patroonsteke kan gebruik word. Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet pas by die grootte van die artikel en by die ouderdom van die persoon vir wie dit gemaak is. Breidraad: Neem die styl van ‘n artikel in ag by die keuse van tekstuurbreidraad. Jou breidraad moet by jou artikel pas. PARSING: Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set. Die vesels mag nie platgedruk, blink of geskroei wees nie. Saamgestel deur: Sunette Barnard HEKELWERK: Gehekelde beursie VEREISTES: DRAAD: Eie keuse, maar kies dit wat geskik is vir die tipe artikel en patroonsteek. KLEUR: Net een kleur mag gebruik word. Geen twee toon kleur nie. GROOTTE: Enige fatsoen en grootte. Moet ‘n metaal knipraam hê wat ingehekel of aangewerk word. PATROON: Geskikte patroon keuse vir grootte . AFWERKING: Moet netjies en afgewerk lyk. Geen versierings toelaatbaar nie. Saamgestel deur Sunette Barnard \ MASJIENBORDUUR: Tafelloper/middellap vir jou tafel. TEMA: Masjienborduur op ‘n tafelloper/middellap vir jou tafel. Tafelloper kan rond, vierkantig, ovaalvormig of langwerpig wees. Nie langer as 1.5 meter nie. VEREISTES: Maak gebruik van masjienborduur ONTWERP: Kies ‘n patroonsteek wat mooi plat lê, sonder verhewe gedeeltes, en met ‘n netjiese, egalige rand. BORDUURSTOF EN GARE: Gebruik borduurstof, borduurgare en masjien naalde wat geskik is om die borduursoort van jou keuse korrek uit te voer. AFWERKING EN AANBIEDING: Die afwerking van die artikel word bepaal deur die soort artikel wat gemaak word. Verwys na handleiding. Saamgestel deur: Sunette Barnard HANDVLYT- Muurbehangsel in Makramè in een kleur. Maksimum grootte: 1m x 1,5m Benodighede:
Die ontwerp word opgebou deur die samestelling van verskillende knope en tekstuur wat daardeur geskep word.
Voorkoms en bruikbaarheid 60 Werksgehalte 40 Opgestel, Wendy Bam Malieveldstreek PRESERVERING: Piesangblatjang Blatjang word gemaak van saggekookte vrugte- of groentemoes, of ‘n mengsel van die twee, met speserye en asyn gegeur. Dit moet dik wees, nie loperig nie en moenie skei nie. Kook dit tot’n moes, sonder groot stukke. Ongeveer so dik soos fynkonfyt. Kerrie en mosterd as geurmiddels word soms gebruik. Die smaak moet geurig, prikkelend, kenmerkend van die vrugtesoort wees. Nie ‘n oorheersende asyn- of speserysmaak nie. Geen bysmake van gebruikte bottels nie. VEREISTE: Die bottel moet korrek gevul word – 1cm van bo af, en verseël wees. Merk die bottel met ‘n etiket, 2cm van onder met produk se naam en datum wat dit gemaak is. Hoe langer die blatjang staan, hoe meer vermeng die geure. Maak seker dat die bottels mooi skoon en gesteriliseer is. Die deksels moet nie beskadig wees nie, aangesien die suur van die blatjang dit verder kan laat verweer. Bottels en deksels wat nie goed gesteriliseer is nie, kan ‘n bysmaak aan die produk gee. Saamgestel deur: Sunette Barnard LEKKERGOED: Honeycomb met neute VEREISTE: 6 x Honeycomb stukke gebreek, min of meer 3x4 cm. Bied aan in ‘n plastiese bakkie wat seël. Die lekkers gaan maklik ‘klam’ raak as die nie in ‘n toe houer verpak word nie. Honeycomb word gemaak van suiker, water en heuning/glukose en word gekook tot hardekraak stadium. Dit word dan van die stoof afgehaal en koeksoda word bygevoeg. Roer net ± 3 keer tot gemeng, anders word die lugborrels gebreek. Gooi dadelik oor die neute wat in ‘n gesmeerde pannetjie is. Laat afkoel en breek in stukke. Stukke kan ook afgemeet word met ‘n mes terwyl nog warm. Dit kan dan later op daardie merke gebreek word. Heuning of glukose kan gebruik word. Enige soort neute kan gebruik word. Verwyder doppies eers van neute. Algemene voorkoms: Vorm en kleur 50% Tekstuur en smaak 50% SKRYFKUNS Die skets: Geduld Die skets is ‘n kort prosastuk wat ‘n “statiese” lewensprent wil uitbeeld. Dit is sonder die diepte van ‘n kortverhaal en is die verhaalelement ondergeskik. Dit is by uitstek beskrywingskuns. Die skets handel gewoonlik oor ‘n enkele karakter binne ‘n enkele insident. Riglyne • 450-500 woorde • Tik asseblief in Word • Font, Calibri of Times New Roman • Korrekte spelling belangrik. • Gee aandag aan leestekens en paragrawe. • Gebruik 12pt • Die skets steun sterk op visuele indrukke. Dit kan ook ‘n enkele vlugtige indruk wees wat iets van die innerlike van die outeur openbaar. • Die taal moet keurig en ekspressief wees omdat die skets so gekonsentreerd is. • Dit is belangrik dat die skryfstuk geproeflees word. • Aantal woorde moet links onder aangedui word. Aanbieding: A4 plastieksakkie, deelnemer se naam en tak word op ‘n toegevoude papiertjie agterop vasgeplak. Saamgestel deur: Wendy Bam Malieveldstreek FOTOGRAFIE : Portret van ‘n vreemdeling. Straatfotografie Jumbo grootte foto op A4 geplak of gemonteer.
Opgestel deur Wendy Bam Malieveld streek BLOMME: Die afdelings is: Beginners Middelbaar Gevorderd NB Geen rangskikking of deel van ‘n rangskikking mag vooraf gemaak word en dan neergesit word op jou rangskikspasie nie. Slegs die raamwerk of “mechanics” (indien enige) mag tuis gedoen word.
Geen laat inskrywings mag gedoen word nie, jy skryf reeds in tydens 31 Januarie streekvergadering. Rangskikkings in al die afdelings mag nie die gegewe spasie oorskry of onder benut nie (‘n riglyn is om twee-derdes van die spasie te benut)
|
HANDBREIWERK: GEVORDERD
Nekverwarmer (Cowl, nie ‘n serp nie) VOORKOMS: Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep. STYL EN PASSING: Kies ‘n styl wat aan die vereistes van die klas voldoen. PATROONSTEKE: VEREISTE: Daar moet ‘n kabel ingebrei word. Enige ander patroonsteke mag gebruik word. Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet pas by die grootte van die artikel en by die ouderdom van die persoon vir wie dit gemaak is. Breidraad: Neem die styl van ‘n artikel in ag by die keuse van tekstuurbreidraad. Jou breidraad moet by jou artikel pas. VEREISTE: Nekverwarmer moet een of meer knoop en knoopsgat hê. PARSING: Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set. Die vesels mag nie platgedruk, blink of geskroei wees nie. BORDUURWERK: ’n Muurprent in kruissteek Borduurstof: Gebruik stewige ewedraadstof vir die ontwerpgedeelte. Ontwerp: Ontwerp moet goed beplan word. Die hele oppervlak moet met borduursteke bedek word. Gee aandag aan al die kunsbeginsels. Gekoopte ontwerpe mag ook gebruik word. Daar is baie gratis ontwerpe op die internet beskikbaar. Borduursteke: Gewone kruissteek, gekombineer met ʼn minimum van nog drie ander variasies van kruissteek. Indien nodig, kan holbeinsteek saam gebruik word, geen ander borduursteke nie. NB. Die boonste drade van die kruise moet almal in dieselfde rigting lê. Borduurdraad: Kies borduurdraad wat effens dikker as die draad van die borduurstof is. Verskillende diktes borduurdraad kan ook vir tekstuureffek gebruik word. Filament kan oordeelkundig gebruik word. Slegs 10% krale is toelaatbaar. Grootte: Maksimum A3 Aanbieding: Bied aan gemonteer of net gespan. Verpak in Borrelplastiek Algemeen: ’n Voltooide artikel moet aangebied word. Opgestel deur Wendy Bam Malieveldstreek MASJIENWERK: Nutsak met kompartemente VEREISTES: Maksimum grootte 40cm x 35cm. Grootte van die voltooide sak moet by die tipe sak pas.
Saamgestel deur Sunette Barnard GEBAK : Battenbergkoek Die baie bekende Battenbergkoek is na bewering vernoem ter ere van die huwelik tussen Prinses Victoria, die kleindogter van Koningin Victoria en Prins Louis van Battenberg in Duitsland in 1884. Battenberg verwys na die dorp Battenberg in sentraal Duitsland. Prince Louis was een van 4 seuns uit ’n aristokratiese familie van Battenberg in Duitsland. Vandaar die 4 panele wat kerkvensters voorstel. Grootte en vorm: Dit is ’n botterkoek met die stukkies aanmekaar gesit met fyn appelkooskonfyt. Die koek word aan die bo-kant met marsepein bedek en wanneer dit in dwarssnit gesny is, vertoon dit ’n kenmerkende skaakbord patroon wat afwisselend pienk en geel van kleur is. Die koek word gemaak deur ’n geel en ’n pienk botterkoek apart te bak en dan die stukke te sny en in ’n geruite patroon te kombineer. Die koek word bymekaargehou deur appelkooskonfyt en aan die bokant bedek met marsepein. Daarna word die hele koek bedek met pienk malvalekkerfondant. Die koek word afgerond met ‘n ruitpatroon in die fondant net aan die bokant en met silwer balletjies. Die koeke kan in ‘n brownie pan met ’n grootte van 20cm by 20cm gebak word. Bak een pan met geel koek en een pan met pienk koek. Elke koek word in 4 stroke gesny van 5cm elk. Die stroke moet 5cm breed wees en 5cm hoog. Die voltooide koek moet nie korter as 18cm wees nie. Die stroke word in ’n skaakbord patroon gepak en met fyn appelkooskonfyt aanmekaar gesit. Die koek is dus 18cm lank en 10cm hoog en 10cm breed. Gebruik die handleiding vir inligting rakende die bak van die botterkoek. Aanbieding: Dit word in ’n gekoopte broodvormige houer met ’n deurskynende opligdeksel aangebied. Resep vir malvalekkerfondant Wit margarien om bak mee te smeer. 400g malvalekkers. Gelyke hoeveelhede wit en pienk. 1500ml Versiersuiker (6k) gesif. +- 30 ml Water Net indien nodig. Smeer ’n groot mikrogolfbak met wit margarien. Sit malvalekkers in en mikrogolf tot opgepof en gesmelt. Hou dop. Nie te lank nie. Meng die gesmelte malvalekkers en versiersuiker met ’n deeghak. Voeg die versiersuiker koppie-vir-koppie by. Meng tot ’n deegbal. As deeg te droog is, knie wit margarien in. Knie 8 minute. Maak lugdig toe en laat rus. Hoe langer hoe beter. KUNS: Prent van die kop van een van die Groot 5 geteken met houtskool Tema: Die kop van een van die Groot 5 diere geteken met houtskool. Bv. ’n renoster, olifant, leeu, ens. Skilder slegs die KOP vooraansig, syaansig, halfaansig, ens. Materiaal: HOUTSKOOL. Gebruik enige van die volgende: Houtskoolstokkies – hard, medium of sag. Houtskoolpotlode – hard, medium of sag. Wit kryt, wit pastel en witpastelpotlode. ’n Sagte uitveër (“kneaded rubber”). Tortillons (“blending stumps” of papierstokkies). Fikseermiddel vir kunstenaars of goedkoop haarsproei, wat geen olies bevat nie. Basis: Wit tekenpapier of wit waterverfpapier of grys pastelpapier of grys suikerpapier. Plak papier op stewige karton Wit “board” kan ook gebruik word. Die basis kan ook met houtskool grys gekleur word, indien verkies. Tegniek: Bestudeer tegnieke om houtskool aan te wend. Styl: REALISTIES. Dit hoef nie fotorealisties te wees nie, maar die dier moet goed herkenbaar wees. Grootte: Nie groter as A4 nie. Aanbieding: FIKSEER die prent sodat dit nie smeer nie. Bied aan ‘n A4 plastiek sakkie. Opgestel deur: Wendy Bam Malieveldstreek. MIKROGOLFGEBAK: ‘n ONVERSIERDE KOPPIEKOEKIE VEREISTE: ‘n Koppiekoekie wat in ‘n koppie of beker gebak word in die mikrogolf. Mag geen versiering op hê nie. Enige geur en tipe beslag mag gebak word. MOET vertoon word in die koppie waarin dit gebak is. Omdat die koekie nie versier word nie, kan enige byvoeging gebruik word om die smaak van die koekie te komplimenteer. Mikrogolfgebak se bokors en sykante is ligter as oondgebakte gebak, Die oppervlak is gewoonlik klammer en minder bros. Dit het nie die tipies gebakte voorkoms nie. Die binnetekstuur is as ‘n reël fyner en die krummel sagter. Omdat die tipiese gebakte smaak nie so prominent is nie, word geurmiddels en geurige bestanddele dikwels bygevoeg. BLOMME: BELANGRIK ‘n Deelnemer moet 3 keer ‘n eerste plek in ‘n afdeling behaal het en 80% behaal alvorens sy kan opskuif na ‘n volgende afdeling.
Beginners: Mellow Yellow o Mellow Yellow o Donovan o I'm just mad about Saffron Saffron's mad about me I'm just mad about Saffron She's just mad about me o They call me mellow yellow (Quite rightly) They call me mellow yellow (Quite rightly) They call me mellow yellow
Middelbaar: Walking on Sunshine
Gevorderd: Tinte, Tone en skakerings van geel.
|