streek KOMPETISIES
verkorte Kompetisie Riglyne 2021/2022
gebak
|
gebottel
|
KOSMOSSTREEK KOMPETISIE 2021/2022
1.Masjienwerk - Organiseerder vir masjien toerusting
Vereistes:
Moet stewig en bruikbaar wees met verskeie afskortings vir masjien toerusting.
Grootte: Eie keuse moet vir jou masjien kan werk
10% tooisels
Skuinsstrook en vasmaakmiddel bv. Rits ‘n vereiste
Afwerking:
Moet netjies wees.
Wenke:
Organiseerder moet bietjie wyer as naaimasjien gemaak word.
Let op na pars werk en aanbieding.
Maak seker dat die hoeke versterk is en netjies uitgedun is.
Maak seker tekstielstof is wasbaar.
Duursame tekstielstof word aanbeveel.
Tooisels – Bv. Katoen op katoen
VERPAKKING: GROOT JIFFY SAK OF SOORTGELYKE PLASTIEKSAK
2.Breiwerk: Nekvermarmer
VOORKOMS:
Die voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep. Vasmakers kan gebruik word. (knope wat nie ‘n steel het nie, moet met ‘n stewige steel aangewerk word).
PATROONSTEKE:
Enige patroonsteke mag gebruik word. ‘n Groot verskeidenheid patroonsteke in dieselfde artikel skep ‘n deurmekaar indruk en moet lief vermy word.
Die grofheid of fynheid van die patroonsteek moet pas by die grootte van die artikel en by die ouderdom van die persoon vir wie dit gemaak is.
BREIGARING:
Breigaring is u eie keuse. Neem die styl van ‘n artikel in ag by die keuse van tekstuur garings. Jou breigaring moet by jou artikel pas.
PARSING:
Alle breiwerk, behalwe riffelpatrone, moet gepars word om dit te set. Die vesels mag nie platgedruk, blink of geskroei wees nie. Wees versigtig vir oorpars, want dit beïnvloed die hele voorkoms van die artikel.
VERPAKKING:
In ‘n jiffy / “ziplick” sakkie.
3.Hekelwerk: Ouma blokkies “Granny square” artikel
‘n “Throw”, tafelloper, middellap, skinkbordlap, kniekombers ens kan gehekel word. Artikel moet in jul krat pas. Gaan riglyne na in jul Handleiding.
VOORKOMS:
Die voorkoms van ‘n gehekelde artikel moet keurig en aantreklik wees. Artikel moet plat lê.
Verhouding van artikel moet korrek wees ten opsigte van lengte en wydte.
PATROONSTEKE:
Die ontwerp van patroonsteke moet by die artikel pas.
Vrye keuse, solank die steek ‘n goeie fatsoen en netjiese passing gee.
‘n Stewige rand wat die artikel mooi afrond en ‘n netjiese fatsoen daaraan gee word aanbeveel.
STYL, VERHOUDING EN PASSING:
Die styl, verhouding en passing gaan afhang van die artikel wat gemaak word.
HEKELDRAAD EN KLEUR:
Kies ‘n hekeldraad wat geskik is vir die tipe artikel. Die kleur moet by die artikel pas.
Geskakeerde hekeldraad word nie aanbeveel vir kompetisie artikels nie, die veroorsaak ‘n opvallende patroon en dit doen afbreuk aan ‘n dekoratiewe hekelpatroon.
Wanneer verskillende kleure gebruik word, moet dit mooi saamsmelt om ’n dekoratiewe geheel te vorm.
AFWERKING EN NATE:
Geen los drade of lasse mag wys nie.
Nate moet nie te styf aanmekaar geheg word sodat dit ‘n harde rif vorm of korter is as die res van artikel nie .
PARSING:
Pars artikel, dit gee ‘n netjiese en professionele voorkoms.
Wees versigtig vir oorpars, want dit beïnvloed die hele voorkoms van die artikel.
VERPAKKING:
In ‘n jiffy / “ziplock” sakkie.
4.Handborduurwerk: Sashiko borduurwerk
Kompetisie reëls:
Enige gepaste borduurstof – verkiesllik ‘n donker kleur.
Gepaste borduur draad – verkieslik ‘n ligte kleur. Verkieslik nie ‘n glansdraad nie – afhangende van die borduurstof.
Enige artikel kan aangebied word, mits die geborduurde oppervlak die grootte van ‘n A4 is.
Die artikel moet voltooi wees, bv ‘n dra-sak, skinkbord lappie, voltooide kledingstuk bv ‘n baadjie, onderbaadjie.
Sashiko is 'n Japannese tipe dekoratiewe, versterkende stekewerk, wat as gevolg van praktiese redes tydens die Edo-era (615-1868) ontstaan het. Die stekewerk is tradisioneel gebruik om dele van kledingstukke wat aan baie verwering blootgestel was te versterk, of om stukkende kledingstukke met lapwerk te herstel.
Sashiko beteken letterlik “klein stekies” of "klein gaatjies maak") is a vorm of dekoratiewe versterking deur steke (of funksionele borduurwerk.
Borduurstof, naald en borduurdraad:
Tradisioneel is Sashiko op donker material met ligte draad gedoen. Mees gewilde is wit borduurdraad op donkerblou of indigo.
Katoen as borduurstof is gewild, maar enige stewig geweefde ewedraad stof is geskik. Wol en sy is ook vandag gewild.
Sashiko borduurdraad is suiwer katoen met geen glans. Dit vertoon “swaarder” as pêrel katoen en is ook meer “gedraai”. Pêrel katoen – verkieslik #5 – of 4 drade string katoen kan gebruik word in die plek van Sashiko draad. Die borduurstof sal egter die tipe en dikte van die draad bepaal, bv ‘n fyner draad sal op sy-materiaal gebruik word.
Sashiko naalde is lank – 4 tot 5 cm, met ‘n klein ogie. Hierdie naald help om meer steke op een slag te maak.
Steke:
1. Voorsteek / lopende steek (running stich) moet egalig gewerk word.
2. Steke is voor meer (langer) as agter. (Verhouding van steke is 3:2: voor en agter.)
3. Moenie met ‘n draad van langer as 40 cm werk nie.
Werkwyse:
Sashiko werk word nie met ‘n knop begin of ge-eindig nie. Slegs wanneer die agterkant van die borduurwerk nie gaan wys nie, kan ‘n knoop vir aanheg of af-eindig oorweeg word. Wanneer die agterkant wel wys:
Werk verkieslik van links na regs.
Werk ‘n paar steke oormekaar. Hou begin- of eindpunte van die drade aam die agterkant.
Sny drade kort af teen die borduurstof.
Hoeke en middelpunte:
Hou hoeke skerp – een steek moet in die hoek wees. Dus moet die neeld of ingaan of uitkom by die hoek.
Die middelpunte moet oopgelaat wees.
Sien die illustrasie vir hoeke en middelpunt.
Patroon:
Sashiko volg ‘n aaneen vloeiende patroon – herhaling van die patroon.
1. Horisontale lyne
2. Diagonale lyne
3. Golwende line
Oordra van patrone op borduurstof:
Verskeie metode kan gevolg word bv.
1. Kleremakers kryt.
2. Kleremakers deurslag papier.
5.Handvlyt: Artikel in Mosaïek
Enige artikel kan gemaak word, nie te groot of te swaar nie, vir vervoer doeleindes.
Gebruik enige tipe teels – Keramiek, glas, porselein, brandteels of vloerteels.
Maak seker die basis is geskik vir die tipe teels.
Eenvoud vergemaklik kuns.
Teels moenie loskom nie.
Geen skerp punte moet uitsteek nie.
Netjies en egalig opgevul wees.
Geen bry op teeltjies nie.
Kyk na reelmatige spasies tussen teels.
6.Herwinning: Wind klokkies “Wind chime”
Hierdie is ‘n herwonne artikel, moet asb. nie goed gaan aankoop nie.
Gebruik geskikte materiaal wat gehoor kan word as die wind waai.
Tou/ketting waaraan klokkies hang moet stewig wees.
Geen gommerke nie.
Geen beperking op grootte of lengte nie, let op na goeie verhouding.
Artikel moet prakties en bruikbaar wees.
Geniet hierdie artikel en gebruik herwinning.
7.Preservering: Lemoen likeur
Lemoenlikeur
Gebruik gesonde, helderkleurige lemoene en maak seker die vrugte is mooi skoon afgespoel.
Die tipe alkohol wat gebruik gaan word saam met die vrugte is u eie keuse en hang af van die resep. Vodka of brandewyn of selfs ‘n kombinasie daarvan kan gebruik word. Gebruik ‘n goeie kwaliteit.
Bied die likeur aan in ‘n skoon langnekbottel en maak seker dis doeltreffend verseël sodat die inhoud nie uitloop nie. Die minimum inhoudsmaat moet 500 ml wees. Onthou die etiket moet korrek aangebring word (20 mm van onder) en moet die datum bevat.
Smaak: Die kenmerkende lemoensmaak word vereis en moet nie oorheers word deur die alkohol nie. Waak daarteen dat dit te soet of te bitter is.
Kleur: Dit moet kenmerkend van die vrug wees, geen afsaksels of drywende stukkies vrugte nie.
Dis ‘n glansende/helder likeur en nie dof of bleek nie. Syg dit deeglik deur voordat dit gebottel word.
Konsistensie: Die likeur moet verouder word en behoort dus effens stroperig te wees en nie te dun nie.
Eksperimenteer met resepte. Daar is ook baie beskikbaar op internet.
8.Mikrogolf: Suurlemoensmeer
Gebruik ‘n heuningfles en maak seker dis verseël soos voorgeskryf in die Handleiding. Plak die etiket 20 mm van onder af op die fles en skryf die datum by.
Gebruik te alle tye vars en skoon produkte.
Smaak: Die smaak moet soet en effens suur wees en nie olierig of galsterig proe nie.
Konsistensie: Die produk moet vorm behou as dit geskep word.
Voorkoms: Dit is glad, romerig en effens blink maar nie skuimerig nie. Kenmerkend is die geel kleur.
9.Gebak: Marmer ringkoek
Dames hierdie kan ‘n heerlike en kreatiewe kompetisie wees. Enkele riglyne volg maar tydens die inligtingsdag kan ons dit deeglik bespreek.
Die koek moet in ‘n ringpan gebak word en in geen ander vorm nie.
‘n Ringkoek word vertoon met die korsiekant na onder. Die koek staan m.a.w. op die gedeelte wat met die bakproses bo was.
Die tipe beslag en smeer wat u in die resep gebruik, sal u eie keuse wees bv. botter, olie ens.
Geur- en kleurvariasie is u eie keuse bv. wit met sjokolade of wit met verskeie ander gekleurde gedeeltes. Geure soos sjokolade, vanielje, aarbei ens. sal u eie keuse wees.
Daar is verskeie metodes om die “marmer effek” in die beslag te kry. Tandestokkies of ‘n skeppuntmessie kan gebruik word om mooi krulle deur bv. die sjokolade en vanielje dele te trek.
‘n Ander metode is om verskillende kleure beslag om die beurt al kronkelend in die pan te gooi.
VERPAKKING: IN POLISTREEN KOEK HOUER
10.Lekkers
6X Versierings van ongekookte Fondant
Maak gebruik van jou handleiding en Kos en Kookkuns. Daar word baie goed beskryf hoe jy tewerk moet gaan, sowel as resepte. Hier is ‘n baie lekker uitdaging om kreatief te wees.
Aanbieding:
6 x versierings netjies aangebied in geskikte polistireen verpakking.
11.Blomme
TEMA: IN SEISOEN
Betekenis: Dit is blomme wat in die laat somer in seisoen is, moenie dink as jy by Grandiflora koop dat alles wat daar beskikbaar is “IN SEISOEN” is nie, hulle voer blomme in, en manipuleer ander se groeiproses om op die mark te wees. Kyk om jou in daardie maande wat in jou dorp se tuine blom en jy sal ‘n goeie idee kry wat is in seisoen.
Spasie: Tafelspasie ± 75 x 85cm hoogte onbeperk. (Gebruik so twee-derde van jou spasie) MOET nie spasie oorskry nie. (VIR KONFERENSIE)
Die volgende punte is baie belangrik vir elke rangskikker.
In blommerangskikking MOET plantmateriaal oorheers, behalwe in ‘n stillewe ontwerp, ‘n Nie-funksionele tafelontwerp of indien die kompetisie skedule anders bepaal.
Loof en ander plant materiaal wat gebruik word mag gevou, versny of gevleg word mits dit nie in ‘n afdeling vir Tradisionele, Tydvakke en Vryvormontwerpe gebruik word nie.
Droë, gebleikte geskeletteerde en gepreserveerde /gegliseriende plantmateriaal mag in al die style gebruik word. Dis natuurlik. Vrugte en groente is ook plantmateriaal.
Gebruik ‘n klein verskeidenheid van loof en blomme in een ontwerp – eenvoud het trefkrag
Plant materiaal moet in water of ‘n waterhoudende medium wees tensy sodanige plantmateriaal vir die duur van die geleentheid vars sal vertoon buite water, nl. Vetplante, kaktusse, vlas. ruscuss, lugplante, mos, sade ens.
Geverfde en of kunsmatig gekleurde plantmateriaal MAG GEBRUIK WORD tensy die skedule anders bepaal. (Tradisioneel, vryvorm, en tydvak-ontwerp uitgesluit)
Vars –en droë plantmateriaal mag saam in ‘n ontwerp gebruik word.
Plantmateriaal moet nie beskadig, verlep of vuil wees nie.
Sorg dat jou hulpmiddels soos oase of spykerhouers, nie sigbaar is vir die beoordelaar nie. behalwe as dit deel van jou ontwerp uitmaak.
Die gebruik van kunsmatige plantmateriaal WORD VERBIED tensy anders in die skedule vermeld
Maak seker dat jou houer waarin of waaruit jy rangskik nie water lek nie.
Enige iets anders as plantmateriaal word as bykomstighede gereken nl. klippe, kerse, beelde, vere, skulpe, seewaaiers, ens. houers, basisse, draperings, agtergronde en 2de plasings van plantmateriaal is nie ‘n bykomstigheid nie, maar vorm deel van jou ontwerp.
Verwyder alle afvalmateriaal in jou rangskikruimte wanneer jy klaar gerankskik het.
Die beoordelaars se beslissing is finaal.
Geen foto’s gedurende rangskiktyd word geneem nie.
Wenke
MOET ASB NOOIT ‘N ONTWERP (rangskikking) in ‘n boek sien en dit namaak nie