Malieveld Pret
Vlamlelie Tak:
Tydens die Vlamlelie tak se vergadering op 12 Julie 2016 was die VLU skrywer van die jaar Bets Smith ons gas. Daar is heerlik gekuier saam met ons gasvrou Amelia Smidt, ou hoede gepas, fotos geneem, ‘n interessante foelie kuns demonstrasie gehou en tydens haar beurt het Bets geduldig al die Lelies se vrae beantwoord. As onderwyser doseer Bets Engels maar skryf in haar moedertaal Afrikaans. Sy fokus hoofsaaklik op Sprokies romanses met ‘n gelukkige einde en kan spog met 25 publikasies in 25 jaar. Uit alledaagse gebeurtenisse in haar en ander se lewens put sy haar idees vir ‘n roman. Om geloofwaardigheid aan haar karakters te gee doen Bets eers deeglike navorsing van die agtergrond en tyd waarin sy haar roman wil neerpen. So sorg sy dat haar karakters werklik voorkom sodat lesers hulle self kan vereenselwig en inleef met die held of heldin se situasie. Omring met boeke het ons ‘n baie insiggewende blik gekry in die lewe van ‘n suksesvolle skrywer. Voorwaar 'n baie interessante en leersame oggend.
Finesse tak by die Herfsskool:
5 dames uit Mpumalanga het die Beoordelaarskursus vir Preservering in Witrivier bygewoon en is dankbaar vir gesoute lede wat die tyd afstaan om die volgende geslag te ontwikkel en hulle kosbare kennis en ondervinding met ons te deel.
Titia Engelbrecht is ‘n knap Vlu vrou en ook ‘n voormalige huishoudkunde onderwyseres. Sy het so baie interessante feite geleer. Ons het gekyk, gevoel, getoets en geproe. Wat ‘n wonderlike ondervinding.
Ons Mpumalanga Presidente Rina Potgieter het ook kom inloer tydens ons sessies.
Die dames betrokke sal 30 verskillende soorte preservering inhandig vir beoordeling en eersdaags die eksamen skryf.
Ons dank die Provinsie vir hierdie geleentheid van ontwikkeling.
Hieruit het ook die behoefte gevloei vir ‘n Facebook blad “ Preservering van Voedsel @ Vroue Landbou Unie “ – Kom ons leer mekaar hier alles en nog wat van voedselpreservering.

Streekvoorsitter- Malieveld: Mariette Joubert
Finesse Tak
Finesse Tak dames van Malieveld Streek geniet die eerste Streekvergadering van 2016 gehou deur Nelspruit Tak. Was heerlik kuier oggend.
Die nuwe bestuur van Malieveld Streek :
VLNR - agter : Kobie Taljaard (Vise-voositster), Adri van Wyk (Sekretaresse) , Machel van Coller (Vise-Voorsitster), Eunanza Farrel (Skakelbeampte).
VLNR - voor : Petro Geyer Earle (Skakelbeampte), Mariette Joubert (Voorsitster), Santa Kruger (Kompetisie Sameroepster), Sunette Barnard (Tesouriere)

Hier laai Elena Martens (links) en Santa Kruger (regs) nog blokkies in wat flink en ywerig deur VLU Malieveld lede gebrei en gehekel is vir Helpende Hand Solidariteit se Brei 'n Blok Projek, om komberse te maak vir gesinne wat dit baie nodig het. Tot op 31 Augustus is altesame 3,873 blokkies en 17 voltooide komberse ingesamel. Verder help Solidariteit om die bejaardes in outehuise se inkomste aan te vul deur hulle te betaal vir die aanmekaarsit van die komberse.
Vlamlelie tak was die gasvrouens tydens Malieveld se streeksvergadering en het die Malievelders getrakteer met allehande heerlike mieliegeregte. Dis tafelversierings was te oulik
Tydens Malieveld Streeksvergadering het alle lede teenwoordig die selfone uitgehaal en hulle ondersteunig aan die saak, om God in skole te hou hartlik ondersteun
ATKV ROOIBANDJIE-DANKIE – VLU PROJEK
“N KOMPLIMENT TERWYL EK LEWE, IS BETER AS N HONDERD OP BEGRAF”, het ek my ma dikwels hoor sê.
“Dankie, siyabonga, thank you, siyabulela, re a leboga, siybonga, re a eboha, ha khensa, ri a livhuwa” is verseker “towerwoordjies”! Om daarmee saam, n tasbaare ATKV rooibandjie te gee, dra die “dankie” soveel meer inpak en waardering.
20 Maart 2014, tydens VLU Malieveldstreek konferensie was ek bevoorreg om ‘n toekening te ontvang vir “n vrou wat, nie net n verskil in die Vroue Landbou Unie maak nie, maar ook in die breër gemeenskap. Mariette Joubert, Malieveldstreek voorsitter het dit aan my oorhandig.
Die wind was behoorlik uit my seile!
Die “rooibandjie-dankie” het onmiddelik by my opgekom. Toe ek vir die gehoor vra of iemand vir my ‘n rooibandjie het, het n paar dames nader gestorm en almal het spontaan handegeklap.
Dit was verseker op daardie oomblik nie n meer toepaslike manier vir my om die bandjie aan Mariette Joubert te gee en daardeur ook ons wonderlike orgnisasie VLU te bedank vir die eer en erkenning aan my liefdeswerk/passie wat ek uitleef en my so gelukkig maak nie.
Dankie, dankie ook vir die jarelange leerskool -VLU, wat beslis n groot aandeel in my selfvertroue, deernis en omgee verbreed het.
(ek wens my pa en ma was teenwoordig! My man sê ek is nog altyd se ster, my kinders is trots en baie bly vir die raaksien en erkening, VLU bly baie spesiale. O ja, ons wonderlike VLU gebed, het ek van dag een, my eie gemaak ) (….) dit is werklike net persoonlik), dankie.
ALMARIE VAN ROOYEN
TROTSE LID VAN VLU NELSPRUITTAK

LOERIES SLUIT AF OP ‘n HOë NOOT
Na ‘n jaar vol suksesse, lekker saam werk en kuier sluit ons af in die rustige atmosfeer van “Hippo Water Front”. Dit is so ‘n pragtige plek dat nie veel meer nodig was as net die handgemaakte geskenkies deur die bestuur wat die tafels versier het nie. Die lede is vroeg verwelkom met heerlike tee en lekkernye.
Die voorsitster, Annatjie Maré, het die verrigtinge geopen met gebed waarna ons borge en eregaste hartlik verwelkom is.
Hierdie jaar het die Loeries hard gewerk aan die kompetisie artikels en daar is 61 items ingedien wat daar uitgestal was. Die prysuitdeling is behartig deur die tak Sameroepster, Hester Schoeman en Alison Linde wat as gas “Innibos Feeskommitee” verteenwoordig het. Sertifikate en Wissel trofees is oorhandig aan die wenners van elke afdeling. Ons wil net weereens al die lede hartlik geluk wens met hul toekennings en prestasies vir 2014.
Daar is vir die eerste keer ‘n nuwe erkenning uitgegee en die lede moes almal self kies wie die tak se “Vonkel Vrou” vir 2014 sou wees. Iris Kühn het dit met groot vreugde ontvang.Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike middagete, koffie en nog lekker kuier.
Weereens dankie aan al die Loeries en die Borge wat van 2014 so ‘n groot sukses gemaak het. Hoop almal rus lekker oor die Feesseisoen.

Flamboyant vier die lente:
Die lente is in die lug en almal is vrolik en opgewonde daaroor en dit moes gevier word !!! Om hierdie rede het die gasvroue van die dag besluit om tydens die September Takvergadering dit op besondere wyse te vier. Wat ‘n verrassing !!! Elke dame wat arriveer, is getooi met vere en/of ‘n hoed waarna Liana, ‘n professionele fotograaf, gereed was vir die pret. Na afloop van die vergadering is elke lid huistoe met ‘n pragfoto van haarself. Dit was voorwaar ‘n oggend om te onthou.
Loeries groet 2014
LOERIE SPANBOU --- Vrydag 3 Oktober….Riverside Mall se “fun factory” weet nie wat hom tref toe die Loeries amal in rooi getooi opdaag vir tenpin bowling nie.Onder luide applous en met vele handgebare word elkeen aangemoedig, waar die bal rol en hoeveel kegels val maak nie saak nie, die pret en opwindig bly ewe hoog. So aan die einde van ‘n genotvolle oggend het ons afgesluit met lekker pizzas en koeldrank, en natuurlik word daar na betragting gehou oor elke perfekte en nie so perfekte rol.Die spanbou was ‘n blink idee, en ek hoop dit word meer male herhaal, ons het die werklik baie geniet.
|
Nelspruit tak hou VLU naam hoog by Nelspruit Agriskou
Mariëtte Joubert (Streeksvoorsitter) klink trots 'n glasie op die Nelspruit tak wat 'n algehele tweede plek op die Nelspruit Agriskou verwerf het met hul koffiekroeg wat hul daar beman het.
Op die foto v.l.n.r Mariëtte Joubert ,Almarie van Rooyen, Magda Lang en Rika
Bekker