VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

Jaar Inligting 2019

ACWW THEME::                                                             90 years: Achievements builds opportunities
​TEMA/ THEME:                                                               Van Geleentheid tot Prestasie
                                                                                              Opportunities lead to achievements
PROJEK / PROJECT:                                                       Lief jou land/ Love your Country
SKRYFSTER / WRITER:                                                 Ruda Landman 
KUNSTENAAR / PERSONALITY:                                Elandre Schwartz
PRODUK / PRODUCT:                                                   Beet / Beetroot
KONGRESPROJEK / CONGRESS PROJECT:           Little Yellow Duck /Orgaan weefsel skenking
BOME / TREES:                                                                Maroela/Appelblaar


WBPV Konferensie
ACWW Konference
3-10 April 2019
Melbourne 
Australië


 VLUM VROUE VERKIES AS PRESIDENTES VAN ACWW EN SUIDERAFRIKA AREA
Baie geluk Mev Magdie de Kock  Presidente ACWW
Mev Anphia Grobler Presidente Suider Afrika Area
Picture
​​
   

​  Congress Project/ Kongresprojek 2019

                              Little yellow Duck  

            Maak eendjies vir verspreiding by punte
​       ten einde publiek bewus te maak van orgaanskenking



            kongres by numbi beloof weer interessante aanbiedings
                                        21 en 22 Augustus---- wees daar
​

​
Picture
             


​              Willie Strauss
              bekende koskenner en Sanger
               tree op

Picture

skrywer van die Jaar Ruda Landman

Ruda Landman
INSPIREREND EN DINAMIES Ruda is in 1953 in Hartswater gebore en het daar en op Keimoes grootgeword.
Ruda praat hoofsaaklik Afrikaans, haar geliefde taal. Sy kon skaars Engels praat en op ‘n dag het ‘n Engelse vriendin haar versoek om liewer Afrikaans met haar te praat omdat haar uitspraak so vreemd was. Dis juis toe dat sy besluit het onderwys is nie vir haar nie.
Joernalistiek was dus die logiese keuse. Sy het egter nie  haar eerste aanbiederstoets geslaag nie, en dit as gevolg van gebrekkige algemene kennis. Dit het haar egter tot groter hoogtes geïnspireer en het sy by die Burger in Kaapstad as algemene verslaggewer begin werk. Dit het tot gevolg gehad dat sy op hoogte van elke dag se gebeure moes wees.
Daarna volg twee jaar by die radio en twee jaar by Sarie tydskrif en TV in 1985. Ruda Landman bied Afrikaanse nuus aan, die eerste lewendige aktualiteitsprogram in die land.
Hierdie was baie moeilike jare, skole in chaos, duisende mense in tronke, woongebiede in smeulende vlamme. Ruda was dankbaar dat sy kon wegkom van die politieke spervuur met die geboorte van haar seun in 1986.
Ruda se familie is die belangrikste in haar lewe. Ruda, haar man en seun het ‘n baie hegte band. Sy is in 1977 met haar professor man, JP (Johannes Petrus) getroud. Een seun is uit die huwelik gebore: Johannes.
Die gesin ondersteun mekaar, maak tyd vir mekaar, lag saam en maak tyd vir geselsies. Niks word ooit as vanselfsprekend aanvaar nie.

Op ‘n dag bied Bill Faure vir Ruda die geleentheid aan as TV aanbieder op M-Net. Sonder dat sy geweet het wat dit alles behels, aanvaar sy die uitdaging. Vir 19 jaar forseer Carte Blanche haar uit haar gemakson
Omstandighede in die R verander  dramaties. Gemengde huwelike word gewettig, waarheid en versoeningskomissie verhore, die lys is oneindig. ‘n Wonderlike ervaring om deel van dit alles te kon wees!
Sedert Ruda weg is van Carte Blanche doen sy waarvoor sy lief is. Besig bly sy beslis.
Die wêreld wink en wie weet wat nog vir die merkwaardige dinamiese vrou voorlê?
Picture
PRODUK VAN DIE JAAR
BEET​
Beet is een van die gesondste en heilsaamste groentesoorte wat daar bestaan. Gerooster, heel, ingemaak op verskeie maniere en selfs as ‘n drankie is dit heerlik. Beet is ‘n baie veelsydige staatmaker. Selfs in gebak is dit ‘n wenner. Beet is ewe lekker, warm of koud. Beet vries ook baie goed en kan so vir buiteseisoen gebruik en bewaar word. Beet is ryk aan vitamien A en C en ook ryk aan oksidante. Beet word gereken as een van die 10 gesondste groentesoorte in die wêreld. Die groen blare is ook ryk aan voedingstowwe soos kalsium en yster en kan soos spinasie gekook word. Dit het ook ‘n hoë veselinhoud. Beet is die heel eerste keer deur die Russe verbou en teen die 19de eeu is dit kommersieel verbou. Beet het ‘n ryk pers kleur en deesdae word daar selfs wit en goudkleurige bete verbou. Vandag produseer Amerika, Frankryk, Rusland, Pole en Duitsland die meeste beet in die wêreld.

“

Picture
   Kunstenaar van die jaar 2019
                               ELANDRE SCHWARTZ

Elandré Schwartz se groot treffer Kleindorp-dromer steel die harte van die meeste Suid Afrikaners.
Hy het ‘n pragtige diep stem en toor met sy gehore – oud en jonk.
Elandré het grootgeword in die Oos- Kaap op Despatch - nie te ver van Port Elizabeth af nie.
Daar het hy gedroom oor dit waaroor hy juis nou sing - kleindorpdrome.
Hy het ‘n passie vir die kunste en het reeds op die ouderdom van vier jaar die eerste keer op die verhoog verskyn.
‘n Jaar nadat hy gematrikuleer het verhuis hy na Kaapstad om sy droom na te jaag. Dit is in Kaapstad waar dinge vir Elandré begin gebeur het.
Ons leer graag meer van die jong dinamiese kunstenaar.


​                                                                         Boom van die Jaar Die Maroela
​

Die Ma r oe la (Sc le r ocar y a b i r r e a ( A . Rich./ Hochst) is ‘ n medium- grootte boom wat inheems is aan die
Miombo Bosveld van Suider-Afrika
Dis ‘n enkelstam boom met ‘n wye  kroon  en kenmerkende grys bas. Die bas van die maroela word maklik onderskei deurdat dit in sirkelvormige skywe afdop en die wit kleur daaronder vertoon. Die boom lyk asof dit met ‘n roomyslepel toegetakel is.
Die maroela groei tot 18 m hoog en word meestal aangetref in oop bosveld. Die bome word nie gekweek nie; die vrugte word geoes vanaf wilde bome. Maroelas behoort aan die plantfamilie Anacardiaceae. Maroelas groei gewoonlik op die kruin van die catena en floreer in die goed gedreineerde sanderig grond wat daar voorkom asook die onbelemmerde toegang tot sonlig.
Maroela is eenslagtig. Daar is manlike en vroulike bome. Dit beteken verpligte kruisbestuiwing wat die gene lewenskragtig hou. Vroulike bome dra die vrugte. Die blare van die maroela is grysgroen van kleur. Jong blare toon ‘n pragtige pienk blaarspil en blaarsteeltjies.
Die hout is sag en word in die Okavangodelta vir die maak van boomkano’s gebruik. Die binnebas van die maroelaboom het ‘n antihistamienwerking en word veral gebruik om steke deur harige ruspes te behandel. Die pienk kleurstof wat van die binnebas verkry word, word gebruik om gevlegte mandjies te kleur. Aftreksel van binnebas op brandewyn word tradisioneel gebruik vir die voorkoming van malaria.
Die vrug het ‘n ligte geel skil, wit vleis ryk in vitamien C, en   ‘n groot pit. Dit is sappig wanneer dit geëet word. Die vrug van die maroela word gebruik in die bekende Amarula likeur. Maroelajellie is een van die gewilde verwerkings van die vrug.
Die wortels bevat ‘n aansienlike hoeveelheid water. Indien   ‘n stuk wortel afgesny en onderstebo opgehang word, drup heelwat water uit, wat gedrink kan word.

                                                                              Boom van die Jaar  Die Appelblaar

Die Appelblaar (Philenoptera violacea) is ‘n middelgroot tot groot boom. Die boom kom voor in die noorde van KwaZulu-Natal en noordwaarts en weswaarts tot in die noorde van Botswana en die Caprivistrook. Die boom groei in laagliggende gedeeltes en soms op vloedvlaktes.
Die Appelblaar word ook soms die reënboom genoem, weens die teenwoordigheid van die skuimbesies op die stam en takke. Die volwassenes en die larwes van hierdie klein insek suig die sap van
die jong lote agter die voedingstowwe aan. Om genoeg suiker te verkry moet hulle so vinnig suig dat die oortollige vloeistof feitlik net so vinnig uitgeskei word as wat dit ingeneem word. ‘n Gedeelte van die groot hoeveelheid vog drup af van die boom en laat die boom ‘reën’.
Die Appelblaar kry sy volksnaam van die feit dat dit klink asof iemand ‘n krakerige appel hap wanneer die groot, leeragtige blare fyn gedruk word – veral as hulle droog is. Die blare ruik dan ook nogal na appel.
Die saamgestelde blare het kenmerkende groot blaartjies wat hard en leeragtig is. Die blaartjies toon gewoonlik insek-en windskade.
Die appelblaar bring oormaat trosse plat peule voort wat die boom lank versier. Die bas is bleek-grys en effens grof. In ouer bome dop die bas in klein blokkies af om die gelerige onderbas bloot te stel. Die blomme is ‘n ligte violetkleur, waarna die spesienaam violacea verwys. Die blomme hang in die vroeë lente soos trosse druiwe aan die boom. Soos die blommetjies afval, lê hulle soos ‘n laag konfetti om die boom.
Die wortels en bas van die appelblaar bevat gifstowwe en moontlik is dit die rede waarom olifante nie hierdie bome omstoot nie. Die boom word dikwels deur plaaslike inwoners as visgif gebruik deur stukkies wortel of bas in afgesonderde waterpoele te gooi. Die visse se kieue word verlam en hulle dryf na die oppervlak waar hulle maklik opgeskep word. Aangesien die gif slegs die kieue van die vis aantas, kan die res geëet word. Die wortels word ook gebrand en die rook ingeasem om die simptome van verkoue te verlig.
Proudly powered by Weebly