VEREISTES WAARAAN ‘N TAK,STREEK EN PROVINSIE SAMEROEPSTER MOET VOLDOEN.
Die beoordelaarsameroepster is die hartklop van jou tak, streek en provinsie.
‘n Beoordelaarsameroepster moet ‘n passie hê vir wat sy doen.
Sy moet ten alle tye eerlik wees en lede met respek hanteer.
Tussen streeksameroepster en lid moet daar ‘n goeie vertrouens verhouding wees.
Sy moet dissepline handhaaf soos bv. Om ten alle tye by sperdatums, inbetalings, kompetisies, opleidings en inligtingsdae hou.
Elke tak moet in besit wees van ‘n volledige stel handleidings.
Sameroepster moet ‘n kennis dra van die inhoud van handleidings, of op gereelde basis noukeurig deurlees.
Op takvlak moet sameroepster ‘n bekwame deelnemende lid wees wat lede kan inspireer en die regte leiding gee wat kompetisies aanbetref.
Sy moet oor administratiewe vaardighede beskik, haar eie rekenaar en rekenaarvaardig wees.
Op streekvlak, moet sameroepster ‘n bekwame deelnemende lid wees wat lede inspireer en die regte leiding gee, sy moet weet waaroor beoordeling gaan en kennis dra van die inhoud van die handleidings. Selfs later haarself bekwaam as beoordelaar.
Sy moet oor administratiewe vaardighede beskik, haar eie rekenaar en rekenaarvaardig wees.
Op provinsiale vlak moet sy ‘n gekwalifiseerde beoordelaar wees.
Sorg dat bewys van betaling altyd in jou krat is, wat jy aan jou streeksameroepster of provinsiale sameroepster gee.
Punte van lede moet korrek deurgegee word, artikels word met respek hanteer.
PLIGTE OP TAKVLAK VAN ‘N BEOORDELAARSAMEROEPSTER
Maak seker dat die inskrywingsboek vir deelname van kompetisies in 2 voud is.
Sien toe dat alle kompetisie artikels behoorlik gesorteer en uitgestal word onder die korrekte afdelings.
Jy as sameroepster is verantwoordelik om met die beoordelaar te rëel. Stel jou voorsitster net in kennis dat sy weet met wie jy gerëel het. Voorsitster wys nie die beoordelaar aan nie.
Noodsaaklikhede vir die kompetisietafel: bordjie, mes, teelepel, nat lappie, droë sout koekie of appel en ‘n glas water. Moenie jou inskrywings boekies vergeet waarin jy reeds in elke afdeling die datum en afdelings van artikels, vir beoordelaar reg gekry het nie. Of vra haar hoe sy dit verkies.
Bevestig skriftelik met beoordelaresse minstens een maand voor die vergadering.
Baie belangrik: Sorg dat die beoordelaresse die riglyne vroegtydig ontvang.
Beoordelares moet eise vorm teken en uitbetaal word nog voor sy lokaal verlaat of dadelike elektroniese betaling moet gedoen word.
Sorg dat jy as Sameroepster en beoordelaar die Croxley vorm teken.
Ontvang beoordelaar en stel haar voor aan die voorsitster en lede.
As daar baie artikels is kry hulp vir die beoordelaar of rëel vooraf met beoordelaar. (Jy self kan help met beoordeling strokie terwyl sy vir jou sê wat om te skryf). Jy mag glad nie praat nie,tensy sy vir jou iets vra.) Sien toe dat die beoordelaar iets te ete en drinke kry voor en na afloop van beoordeling.
Laat weet jou streek Sameroepster van jou mini skou sodat sy voornemende beoordelaars verwittig, om in te kom sit vir hul praktiese eksamen opleiding.
Gee die beoordelaar genoeg tyd deur voldoende kommentaar te lewer oor die artikels na tak vergadering. Vra lede om stil te bly tydens terugvoering vanaf beoordelaar
Lig lede voor die tyd in dat daar kans gegee sal word om vrae te vra na beoordeling.
Maak julle prys uitdelings (Nov) interresant vir lede. Dit motiveer lede om deel te neem.
Maak seker dat artikels, bekostigbaar, bruikbaar, uitvoerbaar en vernuwe is.
Bly op hoogte met nuutste mode wat artikels aanbetref- lees tydskrifte soos Keur, Idees ens. om op hoogte te bly.
Reël miniskoue - ten minste 3-4 keer per jaar.
Deel miniskoue op in verskillende afdelings soos bv. gebak en lekkers en persevering. Die volgende mini skou alles oor brei en hekel en handborduur ens. Dit gee ook die Beoordelaar ‘n kans om beter voor te berei op hierdie afdelings. Dit maak beoordeling makliker en vinniger. Sameroepster vind baat daarby en die lede, dis ook makliker om punte te aan artikels te gee as daar een en meer is van dieselfde afdeling.
Een artikel is nie kompenterende op sy eie nie, maar wel drie en meer om van te kies. So kan jy klaar maak met ‘n afdeling en jou vyf artikels wat korrek is bêre.
Laaste mini skou kan vir regemaakte artikels gehou word.
Alle kompetisie-inskrywingsvorms moet ingevul en vergesel word met die inskrywingsgelde na die streekbeoordelaarsameroepster.
Artikels word met die eerste streekvergadering van die nuwe jaar ingehandig.
Bederfbare artikels word die dag voor die konferensie ingehandig of met eerste streekvergadering, afhangende van streek se reëlings hieroor. Sommige streke hanteer dit die dag voor konferensie, ander met die eerste streekvergadering van die jaar.
Geen laat inskrywings mag ontvang word nie/niemand mag bevoordeel word nie!
MAAK ARTIKELS REG VIR STREEK BEOORDELING.
Alle kompetisie-inskrywingsvorms moet ingevul en vergesel word met die inskrywingsgelde na die streekbeoordelaarsameroepster.
Sorg dat artikels by voorgeskrewe groottes bly.
Artikels moet korrek gemerk word, voor dit na die streek sameroepster toe geneem word.
Breiwerk, hekelwerk, handborduurwerk, masjienwerk, borduurmasjienwerk ens. word met ‘n lappie gemerk waarop jou naam, van, tak en streek staan. Aangeheg met ‘n koper speldjie. Nie kopspeld of haakspeld nie. Laat jou lede lees of monsters aan geheg moet wees of nie. Moet nie onnodige etikette en goed aanheg nie, net dit wat gevra word.
Sorg dat alle persevering produkte die regte plasing van etikette op het en so ook jou naam,van,tak gemerk is aan die onderkant(bodem) van die bottel
Jou verantwoordelikheid om toe te sien dat kratte met regte voorskrifte aan streeksameroepster gegee word.
Let op dat net artikels 75% en hoër deur gaan na streek en kongresvlak dit geld vir SA vlak ook.
Net die eerste 5 artikels wat 75% en hoër in elke afdeling van ‘n tak of ‘n streek kan deur gaan na kongresvlak.
Al die punte tel vir jou tak, streek, provinsie ongeag wat die lid behaal het.
Lede wat blomme doen se naam moet reeds op jou inskrywingsvorm wees en so ook haar inskrywingsgelde van haar artikels.
Indien die lid ingeskryf het vir blomme moet sy die blomme doen vir konferensie en kongres.
Geen plaasvervanger in die blomme afdeling word toegelaat 3 weke voor konferensie en kongres nie.
Inskrywing in daardie afdeling verval en so ook verloor die lid haar gelde.
Alle artikels word vergesel met 3 voud lyste wat, naam van punte en artikel aangetoon is, een in die krat, een vir streeksameroepster ge-epos waarin jy die streekvoorsitster CC en een vir jouself.
Stuur volledige rëels en inligting vroeg in die jaar uit aan lede motiveer jou tak lede ten alle tye om deel te neem.
Sorg dat alle tak trofees met laaste streekvergadering by jou streeksameroepster ingehandig word.
Verslae van tak sameroepster
Stuur jou drie maandelikse verslag na jou streek sameroepster.
Bly by die afsny datum.
Jaar-eind verslag moet asb aan jou streek sameroepster gestuur word.
Hou by die datum wat aan jou gegee word tydens jou laaste streekvergadering.
Terugvoering van takke is baie belangrik.
Inligting sal op jou verslag aangetoon word waaroorjy moet verslag gee.
Stuur die croxley vorm gereeld na elke mini skou na jou streeksameroepster.
Inbetalings van opleidings kursusse,opleiding,ensovoorts
Alle inbetalings word deur jou streek sameroepster hanteer
Bewyse van alle betalings moet aan jou en streekvoorsitster ge-epos word.
Indien inbetalings anders deur jou streek gerëel word bly jy by julle rëels.
Spesifiseer van watter tak en streek die betalings kom asb.
Artikels
Maak seker dat al die artikels aan die vereistes van die kompetisielys voldoen voordat dit op die beoordelings tafel neergesit word en lid in die verleendheid bring.
Geen laat inskrywings mag ontvang word nie/niemand mag bevoordeel word nie!
Kry betyds voorstelle van lede vir konferensie en kongres artikels vir die volgende jaar se beplanning – in samewerking met bestuur word die nuwe kompetisielys opgestel.
Geen persoon word toegelaat om die artikels te besigtig met drink- of eetgoed in hul hande nie - ‘n ongeluk gebeur in ‘n oogwink!
Beoordelingskaarte mag glad nie oopgemaak word tydens beoordeling nie.
Artikels word met die eerste streekvergadering of datum wat deur die streeksameroepster deurgegee word van die nuwe jaar ingehandig.
Merk jou krat met jou tak naam en streek op.
Skaf asb ‘n A4 (flip file) lêer aan vir jou tak fotos en skryfstukke. Sorg dat die lêer mooi duidelik gemerk is.
Skaf ook ‘n A3 (flip-file) lêer of bietjie groter vir sketse wat gemonteer moet wees. Maak seker leer is duidelik gemerk.
Fotos Jumbo grootte onthou dit verskil van plek tot plek. Dit wissel vanaf 12,5cm -17,5cm montering jou keuse van kleur maar op A4 gemonteer.
Maak gebruik van stewige karton of laat dit monteer by fotoplek indien fotos verder in die kompetisie gaan.
Skryfstukke 350-400 woorde. Moet nie lede penaliseer as dit nie getik is nie sy mag dit ingee met haar eie handskrif. Skryfstukke mag in Engels ook ingehandig word.
Die lid se naam, van, taknaam en streek moet aan foto’s, skryfstukke en sketse aan die agterkant onder met kleefband vasgeplak word.
Geen naam mag aan die sakkie vasgeplak word nie.
Blomme
Lid moet drie keer in ‘n afdeling gewen het op ‘n konferensie vlak, met die presentasie van 80% en meer, voordat sy kan oorskuif na volgende afdeling in blomme.
Blomme is in elke van die volgende afdelings beginners, middelbaar en gevorderd.
Hou asb by voorgeskrewe riglyne.
Wanneer jy oorgeskuif het middelbaar mag jy nie terugskuif beginner toe nie.
Blomspasie is nog altyd 75cm x 80cm moenie gegewe ruimte oorskry nie.
Lede wat blomme doen se naam moet reeds op jou inskrywingsvorm wees en so ook haar inskrywingsgelde van haar artikels.
Indien die lid ingeskryf het vir blomme moet sy die blomme doen vir konferensie en kongres.
Geen plaasvervanger in die blommeafdeling word toegelaat 3 weke voor konferensie en kongres nie.
Inskrywing in daardie afdeling verval en so ook verloor die lid haar gelde.
Tydens die rangskik van blomme mag niemand plantmateriaal onder mekaar uitruil, wenke aanmekaar gee, mekaar help of gesels nie!
Beoordelaars
Elke tak moet in die besit van die nuustste beoordelaarslys wees.
Maak seker dat beoordelaars die afdelings kan beoordeel en vertroud is met die afdeling wat sy beoordeel.
Wanneer jy beoordelaars gebruik wat in een of twee afdelings gekwalifiseerd is mag sy net in daardie afdelings beoordeel.
Gee alle beoordelaars genoeg tyd om te beoordeel.
Beoordelaars moet verslag gee na beoordeling, asook vir jou ‘n volledige skriftelike verslag gee. Sy kan dit epos ook.
Daar moet ‘n vertrouensverhouding tussen beoordelaar en deelnemer bestaan.
Sy moet alle onrëelmatigehede na die sameroepster verwys.
PLIGTE VAN BEOORDELAARSAMEROEPSTER VAN DIE STREEK
Op streekvlak, moet sameroepster ‘n bekwame deelnemende lid wees wat lede kan inspireer en die regte leiding gee, sy moet weet waaroor beoordeling gaan en kennis dra van die inhoud van die handleidings. Selfs later haarself as beoordelaar bekwaam.
Sy beoordeel nie haar eie streek se artikels op streekvlak nie!
Met hierdie beoordeling moet sy en haar streeksvoorsitter (indien moontlik) teenwoordig wees om toe te sien dat beoordeling regverdig en ordelik plaasvind en om vrae van die beoordelaars te beantwoord.
Die puntestate saamstel en dubbele kontrole uitoefen om te verseker dat dit foutloos is.
Geen lid het vooraf insae in haar punte nie! Streeksameroepster is ‘n baie verantwoordelike amp om te beklee. Jy werk met lede se handgemaakte artikels en hulle punte. Artikels moet versigtig en met respek hanteer word, sodat dit nie vuil smeer of beskadig nie.
Die streekbeoordelaarsameroepster moet lede werf vir die jaarlikse beoordelaarseksamen en die name aan die provinsiale beoordelaarsameroepster verskaf.
Die streekbeoordelaarsameroepster moet in samewerking met haar streeksvoorsitter ‘n dag reël vir die beplaning van die streek se kompetisies, gevolg deur ‘n inligtingsdag.
Inligtingsdag moet vroegtydig gerëel word voordat lede met artikels begin.
Indien ‘n nuwe streek beoordelaarsameroepster gekies word, moet alle dokumentasie aan haar oorgedra word.
Die beoordelaarsameroepster van die streek moet reël vir demonstrasies/kursusse vir haar streek.
Verwittig die provinsiale sameroepster en nooi ook die ander streke om die demonstrasies/ kurusse by te woon.
Die beoordelaarsamroepster van die streek moet haar streek se voorsitster CC in e-posse aan haar takke se sameroepsters.
Alle verslae moet op elke 25ste van elke 3de maand uitgestuur word aan jou Provinsie sameroepster en CC. jou streek voorsitster met alle kominikasie.
So sal almal op hoogte wees rakende beoordelingsake.
Integriteit is baie belangrik. Alle lede moet oor dieselfde kam geskeer word. Oneerlikheid moet nie geduld word nie.
Die Streekbeoordelaarsameroepster (SBSR) moet lede in haar streek motiveer om die beoordelaarseksamen te skryf. ‘n Lid kan deur eksamen te skryf baie leer, haarself verryk en ‘n hele nuwe aspek van die VLU ontdek.
‘n Inligtingstuk oor die skryf van beoordelaarseksamen is beskikbaar. Verwittig die provinsiale beoordelaarsameroeper (PBSR) wie in jou streek eksamen wil skryf.
Die streek beoordelaarsameroepster moet op hoogte wees van die kompetisieriglyne (vereistes/reëls), sodat sy deelnemers korrek inlig word en onduidelikhede uit die weg ruim.
Nadat die kompetisieriglyne vasgestel is, moet die streek beoordelaarsameroepster ‘n inligtingsdag rëel sodat riglyne met die lede deur gewerk kan word.
Brandstofuitgawes vir streeksameroepster word alleenlik aan haar betaal, indien sy baie vêr moet ry vir vergaderings. Dit word deur haar streek aan haar betaal en nie deur VLU Mpumalanga nie.
Riglyne vir die gekose kompetisies moet breedvoerig opgestel word (sy kan die taak aan die takbeoordelaarsameroepsters delegeer en net kontroleer)
Maak seker dat lede weet wat streek-, provinsiale- en SAVLU-kompetisies is.
Verduidelik aan lede die verskil tussen die volgende kompetiesies en waar dit sluit.
Streekkompetisies is net tot op konferensievlak.
Provinsiale- en SA-kompetisies word beoordeel vir kongres vlak
SAVLU-kompetisies gaan na Provinsiale kongres weer vir beoordeling op SAVLU vlak.
SAVLU-kompetisies vind net elke derde jaar plaas en daar is dan geen provinsiale kompetisies nie. Gebruik die terminologie “Hoëveld/Tambuki/Kosmosstreekkompetisies”, ens. as daar na streekkompetisies verwys word.
Streeksameroepster voorsien beoordelaars vooraf van streek-, provinsiale- en SA - kompetisieriglyne.
Beoordelaars moet hierdie riglyne betyds ontvang en byderhand hê tydens beoordeling.- Baie baie belangrik.
Sorg dat alle takke die hersiende uigawes het van SAVLU Handleidings in elke afdeling. Dit help lede en skakel onnodige vrae uit.
BELANGRIK INLIGTING VAN BEOORDELING EN BEOORDELAARS VOORNEMENDE BEOORDELAARS
Beoordelaars wat kom vir beoordeling word ontvang deur die sameroepster en voorgestel.
Die voornemende beoordelaars wat help met die beoordeling en wat insit vir hul strokies word aan die beoordelaar voorgestel.
Te alle tye word beoordelaars en almal betrokke by die beoordelaarsdag, met respek behandel.
Voornemende beoordelaars is daar om te help, en nie om die beoordelaar te manipuleer nie.
Niemand vat of vryf of proe of drink, eet naby die artikels wat uitgepak is vir beoordeling nie. Dit word slegs deur die beoordelaars hanteer.
Niemand behalwe die persone betrokke by die geleentheid, word toegelaat in die lokaal waar beoordeling plaasvind nie.
Sy moet ook voorbereid wees in afdeling waarin sy kom insit en terme van beoordeling ken, dat sy weet waaroor die beoordelaar praat
Sy mag vrae vra na die afloop van beoordeling verder moet sy stilbly en so vining moontlik die bewoording van die kommentaar met, korrekte spelling op beoordelingstrokie neer skryf.
Alle artikels word met respek hanteer, asof dit jou eie is.
Die sameroepster moet toesien dat daar verversings is en ‘n middagete vir die beoordelaars vir die dag.
Riglyne vir artikels wat finaal vasgestel is en aan lede voorsien is, mag nie verander word nie. Sou dit wel gebeur dat iets verander moet word, word dit weer skriftelik aan lede voorsien. Geen riglyne waarop daar met ‘n pen veranderinge op aangebring is, mag aan beoordelaars voorsien word nie.
Riglyne rakende die artikels word betyds vooraf aan die beoordelaars voorsien sodat hulle hulself mag voorberei.
Geen lid betrokke by die beoordelingsdag mag die beoordelaar oor haar punte konfronteer, sou sy ‘n artikel ingeskryf het nie, of die beoordelaar oor enige lid se punte konfronteer nie.
Geen persoon mag insae hê in wie se artikel beoordeel word nie!
Geen beoordelaar of enige persoon mag betrokke wees, met die kaarte of die oopmaak daarvan om te kyk wie se artikel dit is nie!
Alle dokumente betreffende beoordeling en punte moet vir 5 (vyf) jaar bewaar word.
Indien ‘n nuwe PBSR/SBSR gekies word, moet alle dokumentasie aan haar oorgedra word.
Die streek beoordelaarsameroepster moet haar streekvoorsitter altyd op hoogte hou van alle sake i.v.m. beoordeling.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster moet haar presidente altyd op hoogte hou van alle sake rakende beoordeling.
Tydens die rangskik van blomme mag niemand plantmateriaal onder mekaar uitruil, wenke aanmekaar gee, mekaar help of gesels nie!
Daar is baie inligting in die streke se handleidings wat nooit by die lede uitkom nie! Sameroepsters moet dit deel tydens vergaderings!
KONFERENSIE BEOORDELING VAN KOMPETISIE-ARTIKELS:
Reël met takke wanneer en waar artikels ingehandig gaan word vir ontvangs deur die streek beoordelaarsameroepster. Nie meer as 5 artikels per afdeling nie.Alleenlik artikels waarvoor 75% en hoër verkry is, gaan deur na die streekkonferensie.
Alle artikels SE PUNTE WORD BY GETEL VIR TAK,STREEK,PROVINSIE en SAVLU.
Na ontvangs van die artikels word die beoordelaarskaarte van die streek daaraan geheg.
Die kaarte kry ‘n gaatjie bo-in met verkieslik hekelgare daardeur.
Maak seker dat die knoop van die gare stewig vas is.
Gare moet nie die lengte van ±20cm oorskry nie.
Heg dan die kaart met ‘n klein koperspeldjie aan die artikel.
Etikette en monsters (sou riglyne dit vereis) moet verkieslik aan die artikel vasgeryg word.
GEEN naalde of kopspelde nie.
Die streek beoordeelaarsameroepster reël ‘n plek waar die artikels beoordeel gaan word.
Streeksameroepsters mag die artikels na beoordelaars neem en weer gaan afhaal na tyd. Daardie beoordelaar rëel dan vir ‘n paneelbeoordeling. (Sy- Die streeksameroepster mag ook vra om by te wees tydens so beoordeling.
egter daarteen om beoordelaars te beinvloed en aan te dring op meer punte. Konferensie (streek) artikels kan met ‘n sagter hand beoordeel word. Artikels wat deurgaan na Kongres moet met ‘n strenger hand beoordeel word. Lede verstaan nie waarom sy op haar streek se konferensie ‘n 90% kry en dan met Kongres – waar daar ‘n wyer verskeidenheid is- dalk ‘n 79 % ontvang nie. )
Voorsitsters en President moet geken word in hierdie verband.
Die SBSR reël met beoordelaars buite haar streek om die artikels te beoordeel, m.a.w. beoordelaars van ander streke of provinsies. Op hierdie vlak moet van gekwalifiseerde beoordelaars gebruik gemaak word. (Lys van gekwalifiseerde beoordelaars in Mpumalanga is beskikbaar by provinsie se sameroepster).
Beoordeling vir SAVLU Kongreskompetisie kan plaasvind in Mpumalanga solank daar van gekwalifiseerde beoordelaars gebruik word en dit ‘n paneelbeoordeling gedoen word.
12. PLIGTE VAN BEOORDELAARSAMEROEPSTER VAN DIE PROVINSIE
Die beoordelingsameroepster van die provinsie moet ‘n gekwalifiseerde beoordelaar wees soos in VLU Mpumalanga se Grondwet vervat. PROVINSIALE BEOORDELAARSAMEROEPSTER
Die provinsiale beoordelaarsameroepster kan ook self kandidate vir die eksamens werf.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster reël vir die opleiding van eksamen kandidate.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster kry die datums van die beoordeling van die onderskeie streke se artikels by die streekbeoordelaarsameroepsters en gee dit aan die kandidate sodat hulle kan insit by die beoordeling.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster moet toesien dat kandidate betyds hul vorms voltooi en eksamengelde inbetaal.
Dit moet voor 30 April by die SAVLU beoordelingsameroepster wees.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster stuur al die vorms en bewyse van betaling aan die SA beoordelaarsameroepster, SAVLU tesouriere asook SAVLU Presidente.
Die provinsiale beoordelaarsameroeper moet deurgaans in kontak met die SA beoordelaarsameroeper wees en haar korrespondensie ook CC aan die presidente.
Die provinsiale sowel as die streekbeoordelaarsameroepsters moet die inligtingsdag oor die SA kompetisies bywoon en ander lede van die provinsie motiveer om dit ook by te woon.
Gee die naamlys vroegtydig aan die SA beoordelingsameroepster deur.
SA kompetisies vind net elke derde jaar plaas.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster reël ‘n inligtingsdag oor die provinsie se kompetisies en ‘n opleidingsdag soos benodig vir gekwalifiseerde beoordelaars.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster moet reël vir demonstrasies/kursusse vir haar provinsie.
Die provinsiale beoordelaarsameroepster reël ‘n vergadering met die streekbeoordelaarsameroepsters om sekere kwessies rondom beoordeling te bespreek en die kompetisie riglyne vir die volgende jaar te bepaal.
Riglyne vir die gekose kompetisies moet breedvoerig opgestel word (sy kan die taak aan die streekbeoordelaarsameroepsters delegeer en net kontroleer)
Die provinsiale beoordelaarsameroepster moet die riglyne van die SA sowel as die provinsiale kompetisies aan die Communiquè se redaktrise stuur sodat dit in die laaste jaarlikse uitgawe gepubliseer kan word.
Alle inligting ten opsigte van kompetisies en eksamens moet deur die provinsiale beoordelaarsameroepster aan die streekbeoordelaarsameroepsters deurgestuur word. Laasgenoemde moet dit weer aan die takke stuur.
Die provinsiale sameroepster moet die presidente en die streke se voorsitsters CC in haar e-posse aan die streeksameroepsters.
So bly almal op hoogte van wat verwag word rakende beoordelingsake.
Provinsiale sameroepster is ‘n baie verantwoordelike amp om te beklee. Jy werk met lede se handgemaakte artikels en hulle punte. Artikels moet versigtig en met respek hanteer word, sodat dit nie vuil smeer of beskadig nie.
Integriteit is baie belangrik. Alle lede moet oor dieselfde kam geskeer word. Oneerlikheid moet nie geduld word nie.
Maak seker dat Sameroepsters weet wat streek-, provinsiale- en SAVLU-kompetisies is. Verduidelik aan hulle dat streekkompetisies net tot op konferensievlak gaan en dat provinsiale- en SA-kompetisies na die provinsiale kongres gaan en dat SAVLU-kompetisies na die SA-kongres gaan. SAVLU-kompetisies vind net elke derde jaar plaas en daar is dan geen provinsiale kompetisies nie. Gebruik die terminologie “Hoëveld/Tambuki/Kosmosstreekkompetisies”, ens. as daar na streekkompetisies verwys word.
Brandstofkostes aangegaan deur die provinsie se sameroepster na SBSR vergaderings, word deur VLU Mpumalanga betaal.
Sorg dat alle streke toegang het tot die Handleiding vir Tentoonstellers en Beoordelaars – ook die nuutste toevoeging, naamlik Beoordelaarswerkboeke. Neem bestellings en stuur deur na Hoofkantoor.
Die provinsie se sameroepster hou die beoordelaarslys op datum en voorsien dit aan die SA sameroepster, haar presidente en streke se sameroepsters.
Dit word baie sterk aanbeveel dat elke sameroepster in besit sal wees van die Handleiding vir Beoordelaarseksamens.
Indien eposse gestuur word verwag Provinsiale sameroepster terugvoering van streke te alle tye.
Kongres:
Na die streekkonferensie word die artikels wat verder deurgaan, op ‘n tyd soos deur die provinsie se sameroepster bepaal, aan haar voorsien, saam met ‘n lys van die artikels en die punte.
Die kaarte is nog steeds aan die artikels vasgeheg.
Korrekte voltooiing van die lyste is baie belangrik.
Voltooi ook die kompetisie-inskrywingsvorm wat deur die PBSR aan u voorsien is in drievoud. Een word in die houer/krat by die artikels geplaas, een aan die PBSR gegee en u hou ‘n afskrif vir u lêers.
Pak die artikels netjies in groot plastiese houer/krat met ‘n deksel. Artikels moet nie eers in plastiese sakkies of dosies verpak word nie.
Al die artikels moet in hierdie krat/houer pas - dus is dit ‘n belangrike punt om in ag te neem by die keuse van kompetisie artikels.
Dis aan te beveel om ‘n A 3 grootte lêer aan te skaf waarin die sketse gehou kan word en ‘n A 4 grootte lêer vir skryfstukke.
Dit is sameroepsters se verantwoordelikheid om toe te sien dat al die streek se artikels by kongres/konferensie van die uitstalruimte verwyder word en aan takke terug besorg word.
Artikels wat vanaf konferensies deurgaan na kongres, sal tydperk van TWEE weke kry om reg te maak NA die laaste Skryfstukke moet reggemaak word, dit kan nie vol rooi merke ens weer na ‘n beoordeling deurgaan nie.
Die sameroepster moet toesien dat die kaarte nie oopgemaak word deur enige iemand nie.
Deelnemerspunte laer as 60 % ontmoedig lede om deel te neem.
Wanneer word ‘n artikel gediskwalifiseer? Vir elke klas is daar ‘n bepaalde vereiste waaraan inskrywings moet voldoen en deelnemers behoort daarna te streef om dié vereistes na te kom. As die artikel nie aan die vereistes van die besondere kompetisie voldoen nie, kan die inskrywing gediskwalifiseer word. Indien ‘n artikel gediskwalifiseer word, moet die rede volledig op die kommentaarstrokie aangeteken word. Die lid kan ook agterna by die beoordelaar gaan uitvind waar sy gefouteer het om nogsteeds die vertrouenshouding tussen haar en beoordelaar te behou.
Die sameroepster moet toesien dat beoordelaars ‘n kort verslag skryf na afloop van beoordeling.
Voornemende beoordelaars wat insit om hul strokies te bekom, moet hulle plek ken. Na afloop van beoordeling mag hulle vrae aan die beoordelaar vra.
Voornemende beoordelaars wat insit, asook die sameroepster, mag nie die beoordelaar beïnvloed deur haar opinie te lug en mening te gee oor die artikels tydens beoordeling nie.
Die provinsale sameroepster sal met die streek se sameroepster reël om haar streek se artikels te kom help uitpak die dag voor kongres.
DIE STAPPE WAT GEVOLG WORD OM ‘N BEOORDELAAR TE WORD
Stel jou provinsiale beoordelaarsameroepster in kennis dat jy graag die beoordelaarseksamen wil aflê. Sy sal reël dat jy opleiding ontvang deur ‘n opgeleide persoon en jou verdere leiding gee in die proses.
Wat behels die opleiding?
Dit strek oor minstens twee dae.Teorie – sowel as praktiese opleiding word gegee. Dit word opgevolg met ‘n derde afrondingsdag nader aan die registrasie datum vir eksamen.
Teorie-opleiding dek die teorievraestel. Teoriewerk word uit die Handleiding vir Tentoonstellers en Beoordelaars geleer.
Praktiese opleiding behels:
Dat jy fisies die artikels/kledingstukke bring en leer beoordeel.
Die bewoording wat jy gebruik om jou kommentaar strokie te skryf.
Die stelselmatige beoordeling van die artikels.
Na afloop van die opleiding sal die kursusaanbieder ‘n vorm teken wat bevestig dat jy die teorie- sowel as die praktiese opleiding ontvang het. Hierdie vorm moet jou aansoek om Eksamen te skryf, vergesel. Sy sal ook ses ander blanko strokies aan jou oorhandig.
Voornemende beoordelaars is verplig om opleidingsdae in die afdeling waarin hulle wil kwalifiseer, by te woon.
Die plek van opleiding word so na aan jou as moontlik bepaal. Sou daar ‘n paar kandidate wees, word die opleiding op ‘n sentrale plek aangebied.
Die kostes daaraan verbonde word bepaal deur waar opleiding aangebied word.
Nadat jy opleiding ontvang het, mag jy jou TEORIE-eksamen aflê.
Om jou PRAKTIESE eksamen afte lê, moet jy SES strokies hê wat deur ‘n gekwalifiseerde beoordelaar voltooi en geteken is.
Die voltooide en getekende strokies bekom jy deur ses keer in te sit by die beoordeling van artikels/kledingstukke. Jy beoordeel nie SELF nie.
Reël met die verskillende streekbeoordelaarsameroepsters om by in te sit wanneer hul streek se artikels beoordeel word. ‘n Mini-skou kan ook gereël word. Reël dan met ‘n gekwalifiseerde beoordelaar om dit te beoordeel. Daar moet ten minste 10 artikels wees in die afdeling waarin jy wil kwalifiseer.
Wanneer jy ses voltooide en getekende strokies het, mag jy jou praktiese eksamen aflê.
Waar ‘n monsterlêer by ‘n afdeling in die handleiding vereis word, is dit verpligtend om dit te maak.
OM OP TE SOM:
Vir jou TEORIE-eksamen het jy net die vorm wat deur die kursusaanbieder geteken is nodig.
Jy moet ook ‘n liniaal, pen, potlood, notepad waarop jy kan vrae beantwoord saambring.
Die spesifieke afdeling waarin jy eksamen gaan aflê se handleiding ken.
Vir jou PRAKTIESE eksamen het jy nodig:
Die Portfolio lêer en waar van toepassing die monsterlêer. Dit moet voor die praktiese eksamen by die provinsiale beoordelaarsameroepster ingehandig word.
Wat behels die Portfolio lêer?
Die voltooide vorm wat jy ontvang het van jou kursusleier wat toon dat jy jou opleiding suksesvol voltooi het.
Die ses voltooide strokies wat dien as ‘n bewys dat jy by beoordeling ingesit het as waarnemer onder leiding van ‘n gekwalifiseerde beoordelaar.
Beoordelaarskommentaarstrokies van artikels wat jy gemaak het in die spesifieke afdeling waarin jy eksamen gaan skryf. Die hoeveelheid kommentaarstrokies verskil van afdeling tot afdeling.
Jou voltooide eksamen registraisevorm
‘n Afskrif van jou ID document - jou ID nommer dien as jou eksamen nommer.
Wat behels die Monsterlêer?
In van die afdelings word ‘n monsterlêer vereis (sien Handleiding) Die maak van hierdie monsterlêers is van onskatbare waarde vir elke voornemende beoordelaar! Die Portfoliolêer en Monsterlêer (waar van toepassing) word deur die provinsie se sameroepster finaal goedgekeur alvorens jy eksamens mag aflê.
APRIL is sperdatum vir hierdie lêers)
19. EKSAMENS
Aansoeke vir die aflê van die eksamens moet voor 20 April by die Provinsiale Beoordelaarsameroepster wees. Vorms is by laasgenoemde beskikbaar. Sy moet dit voor 25 April by die SA sameroepster besorg.
Eksamens word gedurede die eerste week van Junie geskryf.
Kostes verander jaarliks R…………………per vraestel.
Slaagsyfer is 60% vir teorie en 65% vir prakties.
Teorie en Praktiese eksamens word by hoofkantoor in Pretoria afgelê. Sit adres van hoofkantoor in asb
Vraestelle is drie ure lank.
Teorie-vraestelle word vanaf 9:00 tot 12:00 geskryf, praktiese vraestelle vanaf 14:00 tot 17:00.
Teorie- en praktiese vraestelle mag op dieselfde dag geskryf word, mits aan alle vereistes vir die aflê van die praktiese eksamen voldoen word.
Wanneer kandidaat net teorie vraestel wil aflê word dit in Pretoria gedoen.
Wanneer ‘n kandidaat beide teorie- en praktiese vraestelle op een dag wil aflê, word dit by SA hoofkantoor in Pretoria gedoen.
Kandidate word ± ‘n maand ná die eksamens van die uitslae verwittig.
Voornemende beoordelaars het drie jaar tyd om te kwalifiseer in ‘n afdeling. Nadat jy jou teorie-eksamen afgelê het, het jy drie jaar grasie om jou praktiese eksamen af te lê. Dit gee jou voldoende geleentheid om die ses strokies te bekom en die vereiste aantal artikels te maak en te laat beoordeel, asook om die vereiste monsterlêer te maak soos verwag word in van die afdelings in die Handleiding vir Beoordelaars.
Dit word aanbeveel dat beoordelaars wat pas gekwalifiseer het, ‘n jaar saam met bekwame beoordelaars op streekvlak sal beoordeel.
Beoordelaars moet opknappingskursusse bywoon soos deur die provinsie aangebied, soveel as moontlik geleenthede gebruik, om te beoordeel en op hoogte bly van nuwe tendense/neigings.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT JY NIE ‘N BEOORDELAAR IS AS JY DIE BEOORDELAARSKURSUS GEHAD HET NIE, MAAR EERS AS JY JOU DIPLOMA HET!
. DIE AANBIED VAN BEOORDELAARSKURSUSSE
Volgens die handleiding word beoordelaars deur SAVLU opgelei om hierdie kursusse aan te bied.
Sou daar nie kursusse aangebied word nie en die persone wat wel mag aanbied, nie beskikbaar is nie, word daar toestemming by die SA sameroepster verkry, om gebruik te maak van ervare knap beoordelaars in ons eie organisasie.
Dis belangrik dat hulle op datum sal wees van alle inligting wat aan kandidate gegee moet word soos in die handleidings vervat is.
Hulle werk nou saam met die provinsiale sameroepster