VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

Jaar Inligting 2020

​ TEMA/ THEME:                                                               VLU -Vrou: 'n Mentor vir ander / WAU Woman :A mentor for others
PROJEK / PROJECT:                                                       My Rommel , my verantwoordelikheid     / My Waste , my Respon       SKRYWER / WRITER:                                                    Hykie Berg
PERSOONLIKHEID / PERSONALITY:                       Hykie Berg
KUNSTENAAR / ARTIST                                               Henry van Dyk
PRODUK / PRODUCT:                                                   Sojabone / Soyabeans
KONGRESPROJEK / CONGRESS PROJECT:          'n Bruikbare geskenk vir 'n Bejaarde/Gestremde persoon
                                                                                              a Useful  gift for an elderly / disabled person
BOME / TREES:                                                                Ekebergia Capensis/ Cape ash,   Essenhout
                                                                                               Adansonia digitate / Boabab,      Kremetart

UITVOERENDE BESTUUR:
 President                                                                       
Cindy Coetzee
 Vise-President                                                             
Alna Kapp
 Redaktrise                                                                     
Elsie Coetzee
 Sekretaresse                                                                 
Dane Ferreira
 Skakelbeampte                                                             
Sunette Barnard
 Beoordelingssameroeper                                           
Isobel Geyser
​Tesourier                                                                         
Engela Thompson

 STREEKVOORSITTERS:


 Carpe Diem :                                                                  Debbie du Plessis
 Hoèveld:                                                                         
Sophie Hugo
 Kosmos:                                                                            Alice de Beer
 Malieveld:                                                                        Elena Martens
 Suikerbos:                                                                        Elsie Coetzee
 Tambukie:                                                                        Alna Kapp

 KONGRES:                                                                       Geen agv Covid 19
 Kongresprojek

SOMERSKOOL                                                                 
Geen


Sperdatums Communique:

​Julie  2020

​VLU Mpumalanga UB Vergaderings
  • 7 en 8  April 2020
  • 20 Oktober 2020
  • 3 en 4 November 2020
KONGRES 2020
Kongres 2020 word afgestel weens Covid -19 Pandemie
Sien skrywe van President Junie 2020
Afdeling : Wie is die VLU?
Onder afdeling: VLUM Nuus  


Picture
PRODUK VAN DIE JAAR 2020
DIE SOJABOON: Die wonder goue boontjie
​

Die sojaboon word dikwels beskryf as die “wonder goue boontjie” en word ook onder andere na verwys as die “reddingsgewas” en “proteïenbron van hoop vir die toekoms”.
Sojaboonprodukte kom voor in vanaf die kitsgraankos en sjokolade wat ons eet, tot in die sjampoe waarmee ons hare was, en speel daarom ‘n belangrike rol in die mens se daaglikse bestaan.
Droë sojabone word na verskeie proteïenprodukte verwerk en gebruik as bestanddele in die vervaardiging van voedselprodukte. Hier speel die sojaproteïen ‘n rol om byvoorbeeld die proteïenvlak van die voedselproduk te verhoog of om ‘n spesifieke funksie te vervul. As funksionele proteïen speel dit ‘n rol om die geur, smaak, kleur, voorkoms en tekstuur van voedselprodukte te verbeter.
Tesame met sy uitstekende voedingswaarde en funksionele eienskappe, hou die sojaboon ook gesondheidsvoordele in. Navorsing toon dat die inname van sojabone ‘n verskeidenheid siektetoestande, soos sekere kankers, hartsiektes, hoë serum cholesterol, diabetes en osteoporose kan teenwerk of verminder. Sojabone bevat geen gluten nie en sojaprodukte is laktosevry en speel dus ‘n belangrike rol in ‘n verskeidenheid van diëte.
Sojaboonproduksie hou groot voordele vir landbou in. Sojabone bind atmosferiese stikstof in die grond en dra sodoende by tot laer insetkoste. Wissel boupraktyke met sojabone kan ook bydra tot verhoogde opbrengs in beide gewasse asook ‘n verlaging in die risiko vir siektes.
“

Picture
Picture
Picture
SKRYWER en PERSOONLIKHEID VAN DIE JAAR 2020

HYKIE BERG
Hykie Berg  is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy is bekend vir die rol van Darius du Buisson in Egoli: Plek van Goud en Conrad Bester in M-Net se sepie, Binnelanders. Hy het sedertdien in talle Afrikaanse rolprente gespeel. In 2011 neem hy aan die realiteitskompetisie Survivor South Africa deel en wen die reeks.
Berg is op 2 Mei 1978 in Pretoria gebore en matrikuleer in 1996. Hy het in gr. 8 aan die Hoërskool Die Wilgers met dwelms begin eksperimenteer en was op 19 ’n volslae heroïenverslaafde. Ná sy rehabilitasie in Kaapstad het hy 'n diploma in drama aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy maak sy TV-debuut in die jeugreeks The Res (2003), gevolg deur 'n hoofrol in die drama Plek van die Vleisvreters (2004). In 2007 verskyn hy in sy eerste rolprent, Ouma se Slim Kind. Hy is ‘n Gedugte teenstander wat gesag afdwing; ferm, reguit. As wenner van Survivor SA Maldives 2011 was hy altyd eerlik en getrou aan homself. Sy strategie: Mattheus 10:16 “Wees so versigtig soos die slange en so eerlik en opreg soos die duiwe.”
 Vandag gesels hy sonder skaamte oor sy filosofie van die lewe, die lesse wat hy moes leer en die beginsels wat hy vandag nog toepas om sy uitdagings te oorwin en ‘n lewe van betekenis te kan leef.
Talle rolprente het gevolg onder andere Pretville, Lien se Lankstaan Skoene, Klein Karoo, Mooirivier, Mandela’s Gun, Forsaken (2015) Rowwe Diamante (2015) Dis ek Anna (2015) en Darryl Roodt se Verskietende Ster (2016)
Hy skroom nie om te sê die kern van sy lewe is nie sy werk nie, maar sy soeke na die Waarheid. “Daar is baie belangriker dinge in die lewe as om toneel te speel”.
Hykie se groot liefde en passie Iê in die belangstelling van mense, hoe om hul potensiaal te ontgin en wat dit vir elke individu beteken om verantwoordelikheid vir sy eie lewe te neem en ‘n lewe van persoonlike vryheid te kan geniet. Hy moedig mense aan om meer en beter te wees as wat die wêreld van hulle verwag. “Glo in mense, dit gee hulle hoop.”
Hy is die Stigter van Hope In ACTion, ‘n nie-winsgewende organisasie wat opvoeding en bemagtiging bied rakende verslawing en die trauma wat daarmee gepaardgaan.
“The greatest gift you can give another is not just to share your riches, but to reveal to him his own”-Benjamin Disraeli



Picture
KUNSTENAAR VAN DIE JAAR  2020         Henry van Dyk

Henry van Dyk het op die platteland in die Noordwes provinsie grootgeword en het van kleins af ‘n baie spesiale liefde vir musiek gehad. Hy het dan ook op ‘n jeugdige ouderdom reeds betrokke geraak in die musiekwêreld…
In 2002 was Henry die algehele wenner vir volwassenes van die Beeld Eisteddfod (afdeling ligte musiek) en in 2005 was hy die algehele wenner vir volwassenes in die Eisteddfod se klassieke afdeling. Hy is in 2004 gekies om aan die semifinaal van die ATKV se Crescendo musiekkompetisie deel te neem en is genomineer om Suid-Afrika in 2005 in Los Angeles te verteenwoordig as lid van die Championship of Performing Arts span. In 2008 het Henry sy First Concert Certificate in sang, soos aangebied deur die Trinity College London, met ‘n algehele punt van 93% geslaag. In 2010 het Henry sy opera-debuut gemaak in Verdi se opera La Traviata met Johan Spies as regisseur.
Henry is ook ‘n liedjieskrywer en speel klavier, kitaar en kerkorrel en as daar tyd is, is hy ook nog deeltydse orrelis by verskeie kerke in die Pretoria-omgewing.
Hy het ‘n passie vir die lewe en hy glo dat die liefde die spil is waarom alles draai. Dit is die inspirasie agter die meeste van sy liedere. Henry se uniekheid word vasgevang in sy nuwe album, “Sommer So”, en mens word meegevoer deur die klanke. Dit neem jou op ‘n reis wat jou weer laat fokus op die belangrike aspekte van die lewe.
Vir besprekings of navrae kontak Lizette van der Walt, +27 83 272 5245 of lvdw@global.co.za
Daar is ‘n spesiale fooi beding vir VLU takke. Die dames moet  net noem dat optredes vir die VLU is.


boom van die jaar: Die kremetart en Essenhout

​ 
Ekebergia capensis Cape ash, Essenhout 
 
Ekebergia capensis Cape ash, Essenhout  Die inheemse Essenhout is 'n pragtige, hoë boom met 'n lifelike blaarkroon. Die boom groei gewoonlik tot tussen 8 tot 10 m en is immergroen, maar kan semi-bladwisselend wees in gebiede met koue, droë winters. Die boom het 'n verspreidende kroon, tot 8 m breed en die blare is saamgestel met 'n glansende, groen kleur. Nuwe groei het 'n rooierige kleur en verskyn in die lente. In gebiede met kouer winters word die blare geel en dan rooi voordat dit op die grond val. Die bas van die Essenhout is opvallend met 'n growwe tekstuur en dit wissel van liggrys tot amper swart. Gedurende die lente verskyn onopvallende, ligte blomme met 'n geurige geur wat vlinders na die tuin lok. Dit word gevolg deur vlesige, bessieagtige vrugte wat groen begin en tot 'n helder, rooi kleur verouder. Die vrugte is eetbaar en pas by voëls en soogdiere. Ekebergia capensis is 'n vinnig groeiende straat- en skaduboom onder gunstige omstandighede. Dit floreer in volle son of halfskadu. Dit is vir 'n kort tydjie droogtebestand, maar is nie swaar rypverdraagsaam nie en sal beter vaar in gebiede met voldoende water en meer gematigde winters. Die wortels van die boom word nie as indringend beskou nie, maar aangesien dit 'n groot boom is, moet daar gewaak word om dit nie te naby aan geboue te plant nie. Dit is 'n sierboom wat insekte en voëllewe na die tuin sal lok.
 
 
Adansonia digitata Baobab Kremetart 
Die kremetart (baobab, Adansonia), ook soms "aap-broodbome" genoem, is 'n genus van agt spesies van bome, inheems aan Madagaskar (met ses spesies), Afrika en Australië (een spesie op elke kontinent).
Die kremetartboom behoort tot die familie Bombaceae en staan ook bekend as die "onderstebo boom". Die boom, wat inheems is in Suid-Afrika, Madagaskar en Australië, is bladwisselend met 'n reusagtige, geswelde stam, dikwels in die vorm van 'n bottel, met yl, gedraaide takke en handvormig saamgestelde blare. Die lang, ovaalvormige vrugte ontwikkel uit groot, enkelvoudige blomme.
Die kremetartboom word sedert 1942 deur die wet beskerm. Die kremetartboom kom in die warm, dorre savanna streke van Afrika, van die Soedan tot in die Hoëveld, Madagaskar en Australië voor. Dit groei in sanderige en klipperige grond. Adansonia digitata, wat na ʼn Franse wetenskaplike, Michel Adanson, vernoem is, kan tot 25 m hoog word en 'n deursnee van tot 16 m bereik.
Die kremetartboom se stam is baie dik en geswel. Die takke, wat na die punt smaller word, spruit uit die kroon van die boom en groei min of meer horisontaal. In die winter lyk dit of die boom ontwortel is en met die wortels in die lug in die grond teruggeplaas is. Dr. David Livingstone het die kremetartboom op 'n keer 'n omgekeerde wortel genoem. Die bas is 
Picture
Proudly powered by Weebly