Suikerbosstreek streekKOMPETISIES
Verkorte Kompetisie Riglyne 2022
Konferensie 2023
gebak:
|
gebottel:
|
KOMPETISIE-ARTIKELS VIR 2022/2023
Ek het dit goed gedink om gemmer in produkte te gebruik, gemmer ons produk van die jaar (Gemmer, die risoom van die tropiese plant Zingiber Officinale, is ʼn spesery wat gedroog, gemaal of as konfyt gebruik kan word. Dit is ook ʼn baie goeie medisyne vir maagontsteldheid, naarheid en of tandpyn)
GEBAK: Gemmerkoekies
Algemene Voorkoms: Plat en rond. Ongeveer 10-15mm dik. Ongeveer 30-45mm in deursnee. Geen strooi of versiersuiker moet oorgestrooi wees nie.
Kleur: Ryk bruin kleur
Tekstuur: Bros en effens dig. Nie vetterig nie.
Smaak: Aangenaam en delikaat. Moet op die tong smelt. Geen bysmake behalwe gemmer moet geproe word nie
Aanbieding: 6 Koekies in ʼn polistareen bakkie met deksel
PRESERVERING: Gemmerstukke in stroop
Algemene voorkoms: Heelstukke in ʼn matige dik, helder stroop
Inhoud: Aantreklik, netjies gerangskik vir die fatsoen van die produk, nie te styf verpak nie. Genoeg stroop in verhouding met die produk, stroop 10mm van bo rand af. Geen lugblasies of ooglopende prik merke nie.
Kleur: Natuurlike kleur, helder en glansend
Tekstuur: Kenmerkend van gemmerstukke, bros en deurgekook in stroop.
Smaak: Aangenaam en kenmerkend, geurmiddels moet nie oorheers nie.
Aanbieding: Skoon heuning fles. In borrelplastiek sakkie. Produk se naam en datum 2cm van onder af op fles aangebring.
LEKKERS: Gekookte Engele Fudge (Divinity Fudge) met gemmerstukkies wat oorbly van die ingemaakte gemmerstukke in stroop
Algemene voorkoms: Die lekkers moet aptytlik lyk. Moet vars aangebied word sodat dit nie droog, suikerig of taai vertoon nie, Gebruik botter- of ryspapier
Vorm: Lekkers moet min of meer ewe groot wees, en netjies gesny
Kleur en tekstuur: Moet delikaat wees. Lugtig en fluweelagtig vertoon en maklik hanteerbaar
Smaak: Geur volgens bestandele. Geen vrugte stukkies, gemmer het n sterk geur, dus moet gelet word om die verhouding aan te pas na n smaaklike nie oorheersende gemmer smaak. Gemmer kan met n baie fyn raspertjie gerasper word, of klein stukkies gesny word om sodoende in lekkers gebruik te word. (Neute mag gebruik word)
Riglyne: Resep op bl 94 in SAVLU handleiding vir gebak en lekkers. Onthou in die plek van vrugte word fyn gerasperde of klein gesnyde gemmerstukke wat in stroop gekook is, en gekapte neute gebruik.
Aanbieding: 6 blokke van 20x20x20mm in ʼn lugdigte houertjie met deksel aangebied om taai en waterige lekker te voorkom.
SKEPPENDE BREIWERK: Kreatiewe gebreide nekkraag
Wol: Enige dikte wol kan gebruik word, maar moet by die patron pas. Pastel kleur Multi kleur wol mag gebruik word, solank die patroonsteek duidelik sigbaar is. Die gebruik van donker wol verbloem steke en is dan moeilik of geensins beoordeelbaar nie. Kleur wat gebruik word moet nie ʼn deurmekaar effek skep nie.
Patroonsteek: Enige of kombinasie van steke kan gebruik word. Steke moet nie ʼn deurmekaar indruk skep nie.
Tooisels: Kies met oorleg en moet gepas wees by jou ontwerp en patroonsteke. Mag hekel blare of blomme gebruik, let net daarop dat dit nie meer as 10% van jou artikel oorskry nie.
Spanning: Artikel moet mooi stewige en eweredige spanning behou
Verpakking: Moet netjies aangebied word in n “Ziplock Sakkie”
HEKELWERK: Gehekelde kraag in wit of room hekelgare
Voorkoms: Artikel moet mooi om hals pas. Die wydte van die artikel moet in verhouding met kraag wees. Daar moet n vasmaakmiddel voor wees. Gehekelde stringetjie wat strikkie maak of knopie wat by artikel pas. Parsing verleen ʼn netjiese en profesionele voorkoms.
Patroonsteek: Kies garing wat geskik is vir die patroonsteek wat jy gebruik. Kantagtige steke is altyd mooi vir die tipe artikel. Buite rand moet mooi stewig wees en nie omkrul punte hê nie.
Aanbieding: Artikel moet in “Ziplock” sakkie aangebied word,
MASJIENWERK: Wasgoedpennetjie half voorskoot
Die snit en styl het geen bostuk nie. Dit moet ʼn sak en vasmaakmiddel hê. Kan knoopsgat met knoop wees of ʼn ritssluiter bevat. Tooisels moet duursaam vertoon en wasproses kan deurstaan. Waar die styl dit vereis moet rolnate, eenvoudige platnate of enkelnate gebruik word.
Bande kan enkel of dubbel wees. Bindbande moet dieselfde breedte as die rompband wees. Skuinsbande en some moet vasgestik wees en nie met die hand gewerk wees nie. Kreatiwiteit is oop, solank dit met masjienwerk gedoen is.
Aanbieding: Moet in ʼn “Ziplock” sakkie aangebied word.
HANDVLYT: Sagte gestopte diere speelgoed vir ʼn kind
Algemene Riglyne: ʼn Speelding moet die verbeelding van ʼn kind aangryp. Die speelding moet troetelbaar wees. Gerieflike vatplek, bv. lang ore, nek of bene. Kleur speel ook ʼn belangrike rol. Die speelding moet beslis karakter hê.
Konstruksie: Niks wat die kind kan krap of beseer nie. Geen draad vir die verstuiwing van litte kan gebruik word nie. Glasoë, harde snorbaarde en donsige sterte is toelaatbaar. Maak seker alle tooisels is stewig vasgemaak. Afwerking en tooisels is vrye keuse.
Grootte: Nie langer as 30cm nie
Stopsel: Stopsel met ʼn ligte massa word verkies. Gepluiste kapok, Kunsvesel soos akriel of Dacron of gesnipperde nylonkouse.
Geen houtwol en saagsels of watte nie. (Watte maak speelding knopperig)
Materiaal: Wasbare stof
Verpakking: Netjiese skoon artikel verpak in ʼn “Ziplock” sakkie. Kyk asseblief dat die sakkie jou speelding mooi toemaak. Dit wil sê ʼn groot genoeg verpakking.
SKRYFKUNS: Kinderpoësie: Klippie in my skoen
Omskrywing: Daar moet onderskeid getref word tussen kinderrympies (Kort, klank- en beeldryke)gediggies en kinderpoësie. Kinderpoësie val in die belangstellingsveld van die kind tussen die ouderdom van ses en dertien jaar.
Dit moet die kind vermaak en bekoor. Die taal moet op die vlak van ʼn kind wees. Die gedig moet ʼn prentjie skep deur middel van woorde. Die kind moet aangeraak word deur die gevoel en ervaring in die gedig. Die gedig moet speels wees ten doel om ʼn glimlag te ontlok, dit wil sê bietjie komies van aard.
Hou gediggie kort (mag nie meer as 1 bladsy beslaan nie, onthou te lank maak dit nie meer prettig nie), prettig en interresant. Moet in Calibri 12 dubbelspasies getik word.
Aanbieding: Op A4 papier in ʼn A4 plastiek leër sakkie.
FOTOGRAFIE: Beeld ʼn seisoen uit.
Dit kan byvoorbeeld met sneeu, son of reen uitgebeeld word. Byvoorbeeld, as jy ʼn boom met bruin rooi blare afneem spel dit herfs uit. Kom gebruik jou verbeelding
Omskrywing en punte om na te let:
Beligting, Skerpte/infokus, komposisie, diepte van veld en kreatiwiteit.
Grootte: Jumbo A5 gemonteer op A4 geprint in Matt nie verglans nie.
Aanbieding: Gemonteer op ʼn A4 karton met kleur wat jou foto komplimenteer aangebied in ʼn lëer sakkie.
SKETS: Onderwater toneel met akriel geverf. Dit kan onder in die see of varswater wees.
Ontwerp: Kunstig en goed beplan, moet die verbeelding aangryp.
Werksgehalte en afwerking: Geen ontwerperslyne mag sigbaar wees nie.
Aanbieding: Maksimum grootte saam met die montering op A3. Verkierslik nie gestrekte doek nie. Harde stewige skilderdoek is nie alleen ʼn veiliger opsie nie, maar maak die vervoer ook makliker. Verpak in “Ziplock sak of vakuum sak”
HANDBORDUURWERK: Borduur ʼn oortrekseltjie vir ʼn bottel dekseltjie
Ontwerp: In die kompetisie wil ons die dames ʼn geleentheid gee om hulle kreatiwiteit vrye teuels te gee, dus kan daar speling wees in die sirkels, en hoef dit nie noodwendig presies konsentries te wees nie. Daar moet met kleur en tekstuur gespeel word.
Borduurstof: Enige tekstielstof kan gebruik word. Goeie beplanning moet gedoen word. ʼn Stewige egalige tekstielstof sal die beste werk, maar nie ʼn vereiste nie.
Borduurdraad: Enige tipe draad is aanvaarbaar. Gebruik soveel verskillende soorte soos wat die ontwerp benodig. Bykomende tooisels soos fyn kraletjies is toelaatbaar, maar mag nie 10% van die borduurwerk oorheers nie.
Werksgehalte: Die regte tegniek moet gebruik word vir elke soort borduurwerk. Kreatiewe werk moet met baie sorg egalig en netjies gedoen word.
Aanbieding: Monteer die ronde oortrekseltjie netjies en mooi afgerond op ʼn ronde karton. Agterkant sal nie beoordeling beinvloed nie, die voorkant sal beoordeel word. Vepak in ʼn “Ziploc” sakkie.
MASJIENBORDUUR: Kreatiewe borslap (Bib) vir baba
Materiaal: Materiaal en gare van u keuse, maar hou in gedagte dat dit ʼn wasbare artikel moet wees.
Wenke: Hierdie is ʼn borduurmasjien item, gebruik dus u borduurmasjien optimal.
Gebruik die regte (stewige) stabilisering. Die agterkant van u borduurwerk moet netjies wees, knip drade netjies af of gebruik voering. Panele mag met u naaimasjien aanmekaar geheg word. Masjiensteekspanning is baie belangrik. Alle springsteke moet netjies weggeknip word. Artikel moet fris en skoon vertoon.
Verpakking: Verpak in ʼn “Ziploc”
REKENAAR ONTWERP: Stel van 4 glasmatjies (coasters)
Riglyne vir Rekenaarontwerp:
Maksimum grootte is 10 x 10 cm netjies gelamineer op een A4.
ʼn Skermskoot van die document moet geneem word en by die inskrywing geheg word.
(Nadat jy jou “coasters” gemaak en gestoor het op rekenaar, moet jy op jou document regs kliek dan “Properties” en daarna “General” Neem dan n skermskoot en plaas saam jou artikel in “Ziploc” sakkie.
HERWINNING: Gee ʼn ou blikbord nuwe lewe met Kolkuns (Dot Art)
Ontwerp: Verskillende groottes kolletjies word gebruikom ʼn ontwerp saam te stel. Dit moet ʼn abstrakte en simmetriese ontwerp wees, bv. ʼn mandala
Medium: Kies ʼn geskikte medium wat wasbaar sal wees. Voorbeelde is keramiekverf, emaljeverf, “multi-surface” akrielverf, öil-based ceramic Sharpie markers”,g las- en porseleinpenne, en permanente penne (markers). Volg jou produk se instruksies want dit kan vereis word dat jou artikel in die oond gebak moet word om waterdig en wasbaar te wees.
Tegniek: “Dotting tools” is beskikbaar, maar glad nie noodsaaklik nie. Items wat met groot sukses as gereedskap gebruik kan word, sluit indie uitveërs agteraan potlode, kopspelde met verskillende groottes koppe, tandestokkies, watte-oorstokkies ensv. Netheid is baie belangrik, en afsonderlike kolletjies se verf moet nie inmekaar vloei nie.
Aanbieding: Verpak in borrelplastiek dan in “Ziploc” sakkie.