Al die klere wat ingevorder is tydens die VLUM Kongres 2013 word geskenk aan die Lelievlei nedersetting naby Lydenburg
Houthusies op die perseel
Elona se motor is vol klere gelaai
Skenkings word in 'n boek aangeteken en word dan uitgedeel soos wat daar 'n behoefte ontstaan.
Die Uitvoerende Bestuur hou hul lywe modelle:
Ontmoet die Uitvoerende Bestuur van VLU Mpumalanga ..........
Rina Potgieter en haar 5 Streekvoorsitters -
Voor vlnr Cindy Coetzee(Kosmos), Rina Potgieter, Elbie vd Schyff(Tambuki)
Agter vlnr Christell Nel(Carpe-Diem), Titia Engelbrecht (Suikerbos), Annatjie de Beer (Hoëveld), Mariëtte Joubert (Malieveld)
Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue Konferensie in Indië
Wit sokkies om by Taj Mahal paleis in te gaan.
Gelukwense aan twee talentvolle vroue op wie VLU Mpumalanga baie trots is - Me Henriëtta Schoeman wie verkies is as sekretaresse van die Wêreldbond en Me Magdie de Kock wie verkies is as voorsitster van die Raad van Promosies en Publikasies.
Baie dankie ook aan Me Anphia Grobler wie baie jare deel was van die Wêreldbond en ons as lede deeglik bewus gemaak het van die belangrike rol wat ons as organisasie daarin het.
DMI Members and Rina Potgieter
Taj Mahal - wit marmerpaleis van liefde.So is almal verwelkom - op die foto Rina Potgieter, Presidente VLU Mpumalanga
The 28th Triennial Conference of the Associated Country Women of the World will be held at the University of Warwick in 2016 (18-24 August)
Blomme in die voorportaal by die Konferensie.
Indië – land van kleur, klank, kontraste, paleise, forte en tempels. Land van heilige koeie, matte, syserpe, materiaal, goudwerk, Indiese kettingsteek en edelstene. Land van olifantry, tuk-tuk ry, speserye, ‘Delhi-belly’, danse, musiek en armoede. Land van blomme, marmer, vuil, kleurvolle Sarees, klasseverskille en toeter blaas. Land van motorfietse, warm kry, gasvryheid en konferensie hou …
‘n Wonderlike voorreg om die 27ste driejaarlikse Wêreldkonferensie te kon bywoon wat in Chennai, Indië plaasgevind het. Baie dankie aan VLU Mpumalanga vir hierdie geleentheid om deel te kon wees van 360 vrouestemme uit 30 lande wat hul passie vir hulle organisasie en hul vrouwees laat hoor het.
Kleur en Indië --- SinoniemSAVLU Dames wat die Konferensie gaan bywoon het.
FOTO'S EN ANDER INTERESSANTHEDE 2013 - VLUM:
SKRYWER VAN DIE JAAR NATANIëL
Nataniël, sanger, komponis, skrywer, spreker, sjef en Ambassadeur vir Kinderwelsyn, is lankal reeds volksbesit.
Sy solo-loopbaan het in 1987 begin met die vrystelling van Maybe Time, sy eerste “single”. Sedertdien het 15 albums verskyn, hy het meer as 14 boeke gepubliseer en het oor die 60 oorspronklike teater produksies opgevoer.
An outspoken and controversial figure, Nataniël continuously crosses over from the alternative circuit to the main stage, generating extensive media coverage and a massive cult following.
His popular KAALKOP column has been appearing in the SARIE magazine for the past 10 years. He manages Kaalkop Studio, his lifestyle manufacturing company, and records on his own independent label, Nataniël House of Music. He also heads his own charity foundation, The Nataniël Progress Project.
KUNSTENAAR VAN DIE JAAR :
Annette Engelbrecht
BOME VAN DIE JAAR 2013
Kruisbessie – Cross berry – Grewia occidentalis
Die kruisbessie kom wyd verspreid voor vanaf die suidpunt van Suid Afrika regoor die Vrystaat na die oostelike gedeelte van SA tot in die noorde van Limpopo. Die blare word deur bokke, beeste en wild gevreet. Die vrugte, met n soet vrugte smaak, word ook deur mense geeet. Dit word self gedroog om later te gebruik. Die gedroogde vrugte word soms in melk gekook en glo my dis beter as enige ander melkskommel Aldus Fanie en Juley-Ann Venster wat “making the most of Injdigenous Trees” geskryf het. Die Kruisbessie is ook n goeie bron van voedsel vir verskeie voelsoorte. Dit word as beskutting om krale geplant en dien dus as voiding vir die diere. Dit blom regdeur die jaar met piektyd in die lente. Dit het nie n agresiewe wortelstelsel nie en groei bosserig. Beslis n moet in n tuin om veral vlinders en voels te lok. Die bas het ook medisinale waarde as dit geweek en op wonde geplqas word. Die Kruisbessie word ook vir kieries en assegaaihanvatsels gebruik. Dit is redelik bestand teen ryp en groei 1.5 meter per jaar vir due eerste 3-5 jaar waarna groei afneem na 1 meter per jaar. Die kleur van die blomme is pers en die sade bruin van kleur. Hierdie boom is geskik vir aanplanting in ons hele gebied.
Keurboom –Blossem tree - Virgilia oroboides
Die keurboom kom slegs van die kaapse skiereiland tot aan die Transkei kusgebied voor. Veeral langs rivierbeddings en die kusstrook. Die keurboom is beslis nie geskik vir aanplanting in ons gebied nie. Flowers: very beautiful, pea-shaped in short terminal sprays about 10cm long, often produced in profusion (August – September or December- January). Fruit: a velvety, brown flat pod, becoming nearly black with age. This is one of the most beautiful of our indigenous trees. Once started these trees grow rapidly and can reach full size in 4-5 years . They require plenty water and will not survive in frost areas. Their strongly spreading surface roots make them greedy feeders in small gardens.
Poeierkwassie - powder puff tree - Barringtonia racemosa
Usually a small tree 4-8 meters in height occurring always near water along the banks of rivers, in fresh water swamps and occasionally in the less saline areas of mangrove swamps. Kom voor vanaf Transkei gebied tot die Mosambiekse kusgebied. Die blomme is pragtig lig pienk en die sade geelbruin van kleur. Die bas bevat tanien, en indien fyngemaak, gebruik kan om vis meet te vergiftig. Die basekstrak het ook bewys dat dit as teenvoeter vir insekte gebruik kan word. Die vrugte word ook gebruik as kuur teen malaria. Dis n pragtige boom wat beslis nie rypbestand is nie, beslis nie vir ons gebied geskik nie.
Wat n voorreg om met so 'n wonderlike kunstenaar te kon kennis maak. Warm liefde straal behoorlik uit haar uit. Annette meld dat by al baie jare lank “familie” van die VLU voel deur haar oorlede mammie en ouma wat betrokke was. Haar positiewe reaksie kom van haar antwoord “Dit sal vir my die grootste eer wees om julle te kan leer ken en om, as ek kan, 'n bydrae te kan lewer aan die goeie beeld en uitbou van die VLU”. Die VLU is ook nie vreemd vir Annette nie en het sy al by verskeie geleenthede opgetree.
Annette voltooi haar skoolloopbaan in Pretoria by Wonderboom Hoerskool. Sy studeer aan die Universiteit van Pretoria. Sy ontvang nagraadse opleiding by Wits en trou met Will Robberts, 'n gewilde filmmaker. Haar groot deurbraak kom met die drama “As ons eers getroud is” toe sy vir Katinka Heys (op haar aanbeveling) moes instaan omdat Katinka aan die film “Pappalap” gewerk het. Die dramagroep toer rond en dis juis toe dat Annette besef dat dit is wat sy wil doen vir die res van haar lewe.
Omdat Annette nooit wil ophou leer nie verhuis sy na Engeland om haar horison te verbreed en te studeer, vir agt jaar. Haar man Will sluit ook later by haar aan. Sy besef dat studies egter baie duur is en doen op die ouderdom van 54 aansoek vir n beurs. Boverwagting word dit aan haar toegeken en sy sê self dat 'n mens nooit te oud is om te leer nie. Annette voltooi verskeie kursusse. Dit was 'n verrykende ervaring wat sy graag met haar mede landgenote by haar terugkoms so spoedig moontlik wil deel. Dankie Annette dat jy jou ervaring en kennis met die jonger geslag wil deel, veral met jou dramaskool in die Laeveld. Sy sê “Behoorlike opleiding in drama is 'n lewensvaardigheid”.
Annette vestig haar in die Laeveld, Witrivier, waar sy kreatief kan dink en leef. Weg van die stad se gewoel en lawaai. Hoewel sy heelwat tussen Witrivier en Johannesburg sal pendel sien sy uit na die nuwe uitdagings. Laevelders - julle is bevoorreg om so 'n talentvolle vrou en kunstenaar in julle midde te hê.
VLUM sien met vreugde uit na 2013 om meer van die formidabele vrou te leer, Annette wat 'n voorreg.
Elbie van der Schyff VLUM skakelbeampte
Sarel van Sabie wys ons hoe om met rissies - ons produk van 2013 - te kook --- braaibroodjies, warm sjokolade en gevulde peppadews...
Suikerbos streek - daar in Lydenburg, Sabie, Graskop, Machadodorp en omgewing.
Rina Potgieter (VLUM Presidente), Tannie Poppie (soos sy nou in volksmond bekendstaan) ons eie Kokkedoor en Sarel van Sabie.
Leana Barendse en Mieke van Wyk - 'n sprekende voorbeeld dat VLU ook vir jonger dames is!! Die Dames is lede van die Neo-Luna tak in die Carpe Diem streek.
Dis lekker in die VLU julle --- glo ons --- Witbank tak van die Carpe Diem Streek
Hoëveld streek - dis nou die klomp oulike Dames daar van Bethal, Secunda, Devon,Standerton, Evander, Grootvlei en omgewing.
Tambuki streek - al die pad daar van Amersfoort, Ermelo, Volksrust, Piet Retief, Wakkerstroom. Kyk en hulle klop ons almal elke jaar as dit kom met die maak van artikels!!
By die pasafgelope Kongres by Hotel Numbi op Hazyview vertel Mnr Peter Schon ons van sy nuwe chillie kultivar Ezigro mild. Hy gee vir ons hierdie blatjang resep.
Ria Roets (VLU Kosmos streek) het met die hulp van haar VLU vriendinne die mooiste preserverings foto gekliek...
Finesse tak van Malieveld Streek geniet die gala aand. Malieveld is in die Laeveld - Nelspruit, Barberton, Hazyview, Barberton omgewing.
Sakke van herwinbare materiaal -- 10 wenners is gekies. Die sakke gaan saam Indie toe.
VLUM se 18de Kongres word gehou by Hotel Numbi te Hazyview op 21 en 22 Augustus 2013!! Wat 'n fees!! Kongresgangers word bederf met heerlike kos, uitmuntende sprekers, 'n verrassende modeparade, heerlike somerweer, vreeslik baie geskenkies, baie pret saam met VLU vriendinne en 'n onvergeetlike gala aand!! Dankie aan ons Borge - sonder julle sou ons glad nie so lekker bederf kon word nie. Dankie aan ons Presidente vir haar, haarfyn beplanning. En...... DANKIE aan die lede wat van al ses hoeke van Mpumalanga gekom het om hierdie Kongres moontlik te maak!!
"VLU-vrou, Weet jy hoe spesiaal jy werklik is? Jy maak deel uit van God se plan om die skoonheid van Sy liefde in ander se lewens te laat blom" aangehaal uit die VLU Mpumalanga Communique - April-Junie 2013 geplaas deur Elbie vd Schyff
Floris Louw maak al Nataniel se kostuums .... baie interessant om te hoor wat hy ons te vertelle gehad het.
Kuier saam met ons kunstenaar van 2013 Annette Engelbrecht - Januarie 2013