Streekvergadering ..... hierts julle
Kongres 2016:
Die mooi glimlagte van Grootvlei tak:
Konferensie 2015 te Grootvlei op 25 Maart 2015:
Vir twee dae, 21 en 22 Jan 2015 het ons heerlik geswoeg en gesweet(dit was maar warm) onder Rita Berrenge se leiding om Hekel en Brei artikels te beoordeel. Hier onder is n foto van die groep voornemende beoordelaars waarvan sommige ver moes reis. Ons wil vir Debbie du Plessis en Bettie du Toit bedank vir hul uitstekende organisering sodat Balfour, Grootvlei ,Devon Delmas en ander omliggende takke die voorreg gehad het om dit naby die huis te ondervind. Dankie ook aan Rita, ons het baie geleer.
Sannie Venter (Hoeveld Skakel en Voorsitter Balfour Tak)
VLU MPUMALANGA KONGRES 2014 soos gesien deur Vaalriviertak, Standerton
Die VLU Mpumalanga Kongres het op 20 & 21 Augustus 2014 plaasgevind te Hazyview. Vaalriviertak se Voorsitster, Gerda Büter, het die tak verteenwoordig.
“Wat ‘n belewenis” was haar woorde toe sy aan die tak verslag doen. Dit was duidelik dat dit iets besonders moes wees, as jy geluister en gesien het met watter passie en opgewondenheid sy oor die verloop van die kongres gepraat het!
Die VLU tema vir 2014 is VROUE MAAK ‘N VERSKIL. Dit was dan in ‘n groot mate ook die tema van die kongres.
Dr Koos van der Merwe, VLU Kunstenaar van die jaar, neem die opening waar, en sing ook van sy liedjies, oa “Houtkruis” wat hy self geskryf en getoonset het. By die sing van hierdie lied besef jy weereens dat jy op aarde is met ‘n doel, en dat jy, as vrou, VLU lid, in jou eie hoedanigheid moet “blom waar jy geplant is”. Vroue koester hulle mans, kinders en kleinkinders. As ouma, is dit ‘n voorreg en eer om die gedagtes van jou kleinkinders te voed – leer hulle van Jesus, lees vir hulle stories. Stories, woorde, verander die wêreld. Die wêreld is ‘n wonderlike plek – maak hierdie wêreld oop vir jou kinders en kleinkinders Sing vir jou kinders en kleinkinders liedjies. Vroue maak ‘n verskil – oor die liefde. Liefde is die magtigste wapen in die heelal. Vroue MAAK nie ‘n verskil nie maar maak DIE verskil. Hy sluit af met die woorde “Dans na die liefde toe – na die einde toe – DANS!
Me Anphia Grobler, voormalige Provinsiale Vise Voorsitster, moedig lede aan om te leef met ‘n passie – dat jy as vrou, en as VLU lid, ‘n verskil moet maak in die lewe. Vroue is die kroon van God se koningkryk, en daarom word hulle gebore met ‘n “omgee” gawe. Sy sê dat dit ‘n voorreg is om Vrou te wees, om Ma te wees, on VLU lid te wees. Leef en beleef VLU met ‘n passie! Sy spoor lede aan om “elke dag te gryp”. VLU se wortels lê in die landbou, daarom kan jy as lid van die Vroulandbouvereniging roekeloos saai, jou VLU werk roekeloos doen, roekeloos lede werf, roekeloos VLU uitdeel.
Henriëtte Schoeman, ook voormalige Provinsiale Vise Voorsitster, wei verder uit oor vrou wees. Aanvaar wie jy is. Moenie dieselfde foute maak nie, wees dankbaar vir alles, wees positief, neem verantwoordelikheid. Lag baie, sommer elke dag, lê ‘n sterk grondslag, luister na ander, behou jou waardes. Neem deel aan die VLU – dan is jy alreeds ‘n wenner. Verbreed jou kennis, gee met ‘n oop hand - ‘n toe hand ontvang niks en gee ook niks. Wees ‘n innemende persoon, leer eerder as kritiseer. Maak jy as vrou en VLU lid DIE verskil.
Met soveel aanmoediging KAN vroue elke nuwe dag sien as ‘n gawe van bo, en voluit leef, doen en gee.
ANNELINE SMITH
SKAKELBEAMPTE VLU VAALRIVIER
STANDERTON