VLU Mpumalanga
Volg ons op
  • Wie is die VLU?
    • Geskiedenis & Simboliek
    • VLUM Skrywes
    • Uitvoerende Bestuur
    • Dokumentasie
    • VLUM ARGIEF
    • VLUM is 21
    • VLUM vier 25 jaar Kongres 2021
  • Communique
  • Streeks Inligting
    • Gallery Facebook
    • Carpe Diem >
      • Carpe Diem Bestuur
      • Carpe Diem Nuus
      • Carpe Diem Argief
    • Hoeveld >
      • Hoëveld Bestuur
      • Hoeveld Nuus
      • Hoëveld Argief
    • Kosmos >
      • Kosmos Bestuur
      • Kosmos Nuus
      • Kosmos Argief
    • Malieveld >
      • Malieveld Bestuur
      • Malieveld Nuus
      • Malieveld Argief
    • Tambuki >
      • Tambuki Bestuur
      • Tambuki Nuus
      • Tambuki Argief
    • Suikerbos >
      • Suikerbos Bestuur
      • Suikerbos Nuus
      • Suikerbos Argief
  • Jaar Inligting
    • Jaar inligting 2023
    • Jaarinligting 2022
    • Inligting 2021
    • Inligting 2020
    • Inligting 2019
    • Inligting 2018
    • Inligting 2017
    • Inligting 2016
    • Inligting 2015
    • Jaarinligting 2014
    • Jaarinligting 2013
  • Kompetisies
    • Kompetisies Argief 1996-2021
    • Provinsiale Kompetisies >
      • Provinsiale Kompetisies 2022/23
      • Provinsiale Kompetisies 2019
      • Provinsiale Kompetisies 2021
      • Provinsiale kompetisies 2017
      • Provinsiale kompetisieriglyne 2016
    • Geborgde Kompetisies
    • SAVLU Kompetisies >
      • SAVLU Kompetisies 2021
      • SAVLU Kompetisies 2018/2019
      • SAVLU Kompetisies 2015 -
    • Streeks Kompetisies >
      • Carpe Diem streekkompetisies 2022/2023ekkompetisies >
        • Carpe Diem Kompetisies 2021/22
        • Carpe Diem Kompetisies 2019/2020
      • Hoeveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Hoeveld Kompetisies 2021/2022
        • Hoeveld Kompetisies 2020/2021
        • Hoeveld Kompetisies 2019/2020
      • Tambuki streekkompetisies 2022/2023 >
        • Tambuki Kompetisies
        • Tambuki Kompetisies 2021/2022
        • Tambuki Kompetisies 2019/2020
      • Malieveld Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Malieveld Kompetisies 2021/2022
        • Malieveld Kompetisies 2020/2021
        • Malieveld Kompetisies 2019/2020
      • Suikerbosstreek kompetisies 2022/2023 >
        • Suikerbos Kompetisies 2021/2022
        • Suikerbos Kompetisies 2020/2021
        • Suikerbos Kompetisies 2019/2020
      • Kosmos Streekkompetisies 2022/2023 >
        • Kosmos Kompetisies 2021/2022
        • Kosmos Kompetisies 2020/2021
        • Kosmos Kompetisies 2019/2020
  • Beoordeling
    • Beoordelaars werksboeke
    • Skrywes/Inligting tov Beoordeling
    • Beoordelaar vereistes
    • VLUM Beoordelaars
    • Beoordeling Verslae
  • Gallery
    • Gallery 2018
    • Gallery 2017 >
      • Skoene uitskoptyd
      • Binneland sepie pret Oktober 2016
      • ALZU EGGS and WAU Mpumalanga
      • Gallery 2012

Skrywes van president:

6/30/2020

0 Comments

 
​COMPLIANCE WITH THE PROTECTION OF INFORMATION ACT 4 OF 2013
​
briefhoof_popia_wet.pdf
File Size: 1305 kb
File Type: pdf
Download File

​01 July  2021
Dear WAU Mpumalanga member
COMPLIANCE WITH THE PROTECTION OF INFORMATION ACT 4 OF 2013
 
WAU Mpumalanga are committed to safeguarding your privacy and the confidentiality of your personal information and are bound by the Protection of Personal Information Act (POPIA).
WAU Mpumalanga understand that your personal information is important to you and that you may be reluctant to disclose it. Your privacy is just as important to us and WAU Mpumalanga are committed to safeguarding and processing your information in accordance with the law.
WAU Mpumalanga, will collect, hold and use information mainly to provide statistical data. WAU Mpumalanga will only process your information for a purpose you would reasonably expect.
WAU Mpumalanga affirm that we are in compliance with the Protection of Information Act 4 of 2013 and will process your information in a secure and confidential environment as part of our continued responsibility to our members.
 
Kind Regards
Cindy Coetzee
President WAU Mpumalanga
 
 
​                                                                                                                           28 Junie 2021
Liewe VLUM vriendinne,                                                                                      
 
Ek hoop van harte my skrywe vind elkeen van u in goeie gesondheid met ‘n vrolike gees.
Ons is oor die halfpad strepie van die jaar 2021.  ‘n Besondere moeilike en uitdagende tydperk wat reeds veby is.
Ons is ook nou in die derde golf van die wêreldpandemie, met meer ingrypende inperkings.
Ek doen ‘n beroep op elke lid om verantwoordelik op te tree, ter wille van haar eie gesondheid asook mede familie, lede en vriendinne.  Dit voel dalk nie so nie, maar ons sal hierdeur ook kom.
Hou by die voorgeskrewe wetgewing soos afgekondig, ek weet dit is moeillik want VLUM-lede hou van bymekaar kom.  Dra jou masker,wees bewus van alles rondom jou, was jou hande meer as gewoonlik, handhaaf jou afstand en bly eerder tuis.
 Kyk mooi na mekaar, almal se nerwe is baie dun en geduld het by die venster uitgevlieg.  Nou is die tyd om mekaar te koester, sagte woorde te spreek, moed in te praat.  Ons moet saamstaan as ‘n eenheid en hierdie uitdagende pad stap.
Wees met vreugde deel van die swaarkry in die wêreld.  Ons kan nie swaarkry genees nie, maar ons kan kies om met vreugde te lewe.
Ons kan nie bekostig om een enkele lid te verloor nie.  Hou mekaar positief, ondersteun mekaar en bid vir mekaar.  Vroeër of later maak almal van ons kennis met probleme.  Wat egter saak maak, is hoe ons kies om daarop te reageer.
Ons moet nooit hoop laat vaar nie.  Eendag sien ons dat alles uiteindelik ten goede meegewerk het. Dit waarvoor ons altyd gewens het, het uiteindelik waar geword.  Dan kyk ons terug en wonder…’Hoe het ons deur dit alles gekom?’
Hou jou hande besig, die egste ding omtrent die mens is ons vermoë om iets te maak, te oorkom, te deurstaan, te omskep, lief te hê en groter te wees as ons swaarkry.
Die lewe bestaan nie daaruit om te wag dat die storm verbygaan nie…dit is om te leer om in die reën te dans.
Liefde groete
Cindy
Skrywe 17 junie 2020
Skrywe 2 in verband met Covid-19 regulasie
Liewe VLUM-Vriendinne
Ek hoop en vertrou dat elkeen nog geseënd is met ‘n positiewe gemoed en goeie gesondheid.
Hierdie bibberweer laat my terug verlang na my ouma se warm kombuis, haar koolstoof met die geur van pannekoek, kaneel en die immer moerkoffie.
Ons lewe in ‘wonderland’ deesdae - ongelukkig nie die sprokie van ‘Alice in Wonderland’ nie, maar wonder van dag tot dag oor ‘n klomp hangende onsekerhede.
Ons as Uitvoerende Bestuur moes die onaangename besluit neem om VLUM-Kongres uit te stel na 2021.  In ons Grondwet:
Punt 8 Uitvoerende Bestuur
 8.5 Bevoegdhede en verantwoordelikhede:
8.5.1 Die uitvoerende bestuur is aan die kongres verantwoordelik vir die bestuur van die Organisasie, vir die administrasie van die fondse van die organisasie en vir die toepassing van die beleid en uitvoering van opdragte waaroor op die jaarkongres besluit word.
Ons het reeds in 2019 (toe Covid nog net ‘n vreemde woord was) baie opgewonde begin beplan aan ons 25-ste VLUM-Kongres.
 Ons het met Olifants River Lodge asook die kunstenaars onderhandel, kontrakte is aangegaan en deposito’s is betaal… soos die norm van elke jaar.  Teen einde Julie moet ons reeds 85% van gelde oorbetaal wat nog uitstaande is.
Met ‘n groot skok spring ons Covid-19 nie vry nie.  Ons het gelukkig ‘n ‘Plan B’ – die Lente skool datum, maar met verloop van tyd besef ons dat indien ons ‘n tweede maal moet uitstel ons ‘nuwe’ kontrakte nie voorsiening maak vir Covid-19 nie.
Met ons sperdatum van kongresbesprekings het ons op ‘n totaal van 28 takke en 140 lede – ingesluit streekvoorsitsters en gaste – gestaan, met geen waarborg dat lede wat bespreek het wel gaan bywoon nie, of dat ons skielik nog 100 besprekings gaan ontvang nie.
Ons borg het ook onttrek as gevolg van die finansiële Covid-19 implikasies, baie lede se gades het hulle werke verloor, of salarisse is drasties gesny.
 Persone 60 jaar en ouer mag nog steeds nie na hulle werksplek terugkeer nie.
Ons het besef dat die meerderheid van ons lede – asook sommige UB lede- ook 50 jaar of ouer is.
 Volgens sacoronavirus.co.za se statistiek is die meeste sterftegevalle in ouderdom 50-59jaar wat 24.6%  en 60-69jaar wat 27% van die geheel uitmaak.  Kyk mooi na julleself en families asseblief.  Elke lewe is kosbaar.
Ons het vergadering gehou en die Uitvoerende Bestuur het besluit om VLUM-Fondse te beskerm, ons ‘n besluit dringend moet neem en die reeds betaalde gelde vir 2020 se kongres met ‘n addendum - wat voorsiening maak vir Covid-19 pandemie - uit te stel na 2021.
Ons sit ook met die uitdaging van skoolkwartale wat heelwat anders lyk in 2021 as in vorige jare.
 Ons volgende uitdaging - Olifants River Lodge se besprekings van troues en ander instansies se konferensies en kongresse wat reeds oorloop van 2020 na 2021.
Niemand van ons kan met sekerheid sê wat die regering se nuwe reëls en regulasies oor ‘n week of ‘n maand gaan wees nie.
VLUM Grondwet  Afdeling A
 Sentrale Organisasie
 Punt 7.
 JAARKONGRES 7.1 ‘n Kongres word jaarliks gehou.
Hierdie jaar is buitengewone omstandighede, wat deur die regering ingestel is naamlik
 Covid-19 grendeltyd(lockdown).
Indien die regering die reëls en regulasies verslap later in die jaar – en vergaderings vir Organisasies  met X aantal (kworum volgens VLUM-grondwet) persone word toegelaat- mag die Uitvoerende Bestuur opnuut besin en moontlik ‘n Algemene Jaarvergadering hou, mits ons ‘n kworum kan bymekaar kry. ( Na die staatspresident mnr Cyril Ramaphosa se toespraak op 17 Junie 2020, wag ons vir die nuwe regulasies wat ‘n bepalende rol gaan speel in ons besluitneming vir 2020)
Ons onderneem om geen lede se gesondheid in gevaar te stel, venues aan moontlike boetes of vervolging bloot te stel of enige landswette te oortree in die huidige omstandighede nie.
 
Kompetisie Artikels 2021
Gebruik hierdie tyd om die mooiste handwerk ooit te maak- SAVLU-Kongres vind plaas DV Oktober 2021 en VLUM-lede het nou meer as genoeg tyd om hulle mooiste en beste handewerk – verweef met vele gedagtes- voort te bring vir volgende jaar.
Nadat ons SAVLU-artikels afgehandel het, is dit tyd vir 2022 se beplanning.
Ons is baie opgewonde oor die kompetisie-artikels vir 2022, ek weet elkeen gaan baie daarvan hou en sal graag deelneem.  Die inligting volg later.
Ledegeld 2021
Die Uitvoerende Bestuur het ook besluit geen verhoging in VLUM-ledegelde vir 2021 nie, dit bly onveranderd op R190 pp per jaar.
Communiqué
Soos almal reeds gesien het, het ons het ‘n pragtige nuwe Communiqué, in digitale formaat vir lees sommer op ons slimfone, maklik om aan te stuur en ons spaar heelwat op kostes.  Ons spogblaadjie kan ook op ons nuwe webwerf gelees word.
In die Communiqué is ook ‘hot links’ wat jou dadelik na jou tak/streek se FB sal neem.
 
Besoek ons splinternuwe webblad
Ons webblad het ook nou ‘n eie domein met ons nuwe webadres as volg: www.vlumpumalanga.org
Besoek asseblief die webblad, klik net op die ‘link’ hierbo.
Die ouer weergawe van ons handleidings is op die webwerf beskikbaar,vinnng om af te laai en oop te maak.  Baie dankie aan Mev Elsie Coetzee vir haar volgehoue harde werk en passie om ons webwerf op datum te hou.
OJA Kompetisie
Oja-Kompetisie staan oor totdat die ‘lockdown’ opgehef is, die kompetisie is slegs vir VLU-Mpumalanga lede.
 Hoëveldstreek  moet ook nog hulle demonstrasies asook bone ontvang.
 Die pryse is reeds gekoop vir die kookkompetisie, ons is steeds baie opgewonde vir die toekoms met OJA en die nuwe gedaante soja boontjies.
Passie vir VLUM
VLUM-lede is ongelooflik kreatief en ek geniet julle werksaamhede asook vergaderings wat julle so mooi met ons deel op FB.
Julle is voorlopers, julle maak geskiedenis met die inisiatief wat elke tak aan die dag lê!
Maskers
Baie dankie aan elke persoon wat help maskers maak het, materiaal, rek, ens geskenk het en steeds nog maak asook die lede wat help met die verspreiding na instansies en organisasies wat nie kan bekostig om maskers te koop nie.
 Elkeen van hierdie persone is goud werd vir ons land se behoud en toekoms.
Metson
Die meeste streke het goed gebaat uit die verkope van Metson Produkte.  Ons werk aan ‘n beter stelsel sodat julle die voordele kan sien.  Nou is weer die gulde geleentheid om Metson Produkte te begin bemark met Lente om die draai.  My tuin het haar Metson Winterjassie betyds gekry en lyk baie beter as verlede jaar die tyd- ten spyte van die kouer winter.
Mev Engela Thompson sal die bedrae bekend maak van elke streek se welkome Metsonsakgeld.
SAVLU NUUS
Albei die praktiese en teorie-eksamens se datums verskuif na die week van 5-10 Oktober 2020 in Pretoria.
Om die teorie-eksamen op ‘n aparte datum te hou veroorsaak net onnodige kostes- en ons is steeds nie seker wanneer ons vrylik mag rondbeweeg nie.
Die sluitingsdatum vir inskrywings om te registreer by VLUM vir SAVLU Eksamens is 30 Junie 2020. As daar nog iemand is wat wil inskryf, stuur asseblief dringend jou inligting aan Isobel Geyser.
Die SAVLU-Kalenders is gedruk en baie mooi.  VLU-Mpumalanga se bestelling is geplaas en ons sorteer die logistiek uit vir aflewering en verspreiding van kalenders.
 
VLU maak my nou eers opgewonde-om weer saam met vriendinne te kan kuier en wersklasse te kan hou.  Mekaar se lief en  leed te deel.  Die DAAR wees vir mekaar, ek mis die drukkies en ja...die teedrink en gesels ...sommer net die ‘koek en tee samesyn’.
Mens waardeer eers iets wanneer jy dit ‘verloor’, nooit sal enige een van ons weer kla om ‘n vergadering by te woon nie.
My ouma het altyd gesê…My kind, wanneer die swaar op sy heel ergste is, is die uitkoms op sy naaste….
Ons weet nie een wanneer ons hierdie keerpunt gaan bereik nie, maar dat dit wel sal gebeur, is vir seker.  My ouma het nooit vir my gejok oor wyshede en waarhede nie, sy was ‘n na-oorlogse-depressietyd-kind en het vele dinge voorspel wat vandag voor my oë gebeur. Sy was ‘n wyse vrou.
Bly warm, bly tuis, bly gesond
VLUM-Liefde
Cindy Coetzee
VLU Mpumalanga President
 
 

0 Comments



Leave a Reply.

    Author

    Write something about yourself. No need to be fancy, just an overview.

    Archives

    June 2020
    April 2020
    October 2019

    Categories

    All

    RSS Feed

Proudly powered by Weebly