Die Suid - Afrikaanse Vroue Landbou Unie (SAVLU) kondig met groot trots 2027 se opwindende Geborgde nasionale kompetisie in samewerking met SPAR aan! Ons daag alle VLU lede uit om hul bakvernuf te wys. 2027 draai alles om die perfekte Biscotti!
Die Kompetisie- Inskrywing
Die Resep: Alle deelnemers moet die amptelike Biscotti – resep gebruik soos uiteengesit op die amptelike kompetisie – pamflet. Belangrike Bakwenk: Onthou dat hoogte bo seespieël ‘n groot rol speel in die sukses van jou gebak. Pas jou baktye en temperature noukeurig aan volgens jou spesifieke streek sodat jou Biscotti die perfekte tekstuur en brosheid kry!
Fantastiese SPAR Koopbewyse te wen!
Die totale prysgeld word in die vorm van SPAR-koopbewyse as volg toegeken:
•Laai die amptelike plamflet en resep by jou plaaslike VLU – tak se whatsapp groepie af, dit verskyn ook op SAVLU se facebook bladsy. •Maak seker jou inskrywing voldoen aan die SAVLU – Beoordelingsriglyne •Inskrywings volg die gewone VLU roete, beoordeling vind plaas op takvlak, daarna op streekvlak en daarna by elke Samestellende Organisasie se Kongres.
•Die drie Kongreswenners se Biscotti word saam met die SAVLU artikels in 2027 ingeskryf. •Maak seker jou inskrywing voldoen aan die SAVLU – Beoordelingsriglyne. •Alle SPAR koopbewuse word tydens die SAVLU Kongres 2027 oorhandig.
Skakel jou oond aan, kry jou bestandele by jou naaste SPAR, en mag die beste bakkers wen!