Al die klere wat ingevorder is tydens die VLUM Kongres 2013 word geskenk aan die Lelievlei nedersetting naby Lydenburg
Die Uitvoerende Bestuur hou hul lywe modelle:
Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue Konferensie in Indië
FOTO'S EN ANDER INTERESSANTHEDE 2013 - VLUM:
Wat n voorreg om met so 'n wonderlike kunstenaar te kon kennis maak. Warm liefde straal behoorlik uit haar uit. Annette meld dat by al baie jare lank “familie” van die VLU voel deur haar oorlede mammie en ouma wat betrokke was. Haar positiewe reaksie kom van haar antwoord “Dit sal vir my die grootste eer wees om julle te kan leer ken en om, as ek kan, 'n bydrae te kan lewer aan die goeie beeld en uitbou van die VLU”. Die VLU is ook nie vreemd vir Annette nie en het sy al by verskeie geleenthede opgetree.
Annette voltooi haar skoolloopbaan in Pretoria by Wonderboom Hoerskool. Sy studeer aan die Universiteit van Pretoria. Sy ontvang nagraadse opleiding by Wits en trou met Will Robberts, 'n gewilde filmmaker. Haar groot deurbraak kom met die drama “As ons eers getroud is” toe sy vir Katinka Heys (op haar aanbeveling) moes instaan omdat Katinka aan die film “Pappalap” gewerk het. Die dramagroep toer rond en dis juis toe dat Annette besef dat dit is wat sy wil doen vir die res van haar lewe.
Omdat Annette nooit wil ophou leer nie verhuis sy na Engeland om haar horison te verbreed en te studeer, vir agt jaar. Haar man Will sluit ook later by haar aan. Sy besef dat studies egter baie duur is en doen op die ouderdom van 54 aansoek vir n beurs. Boverwagting word dit aan haar toegeken en sy sê self dat 'n mens nooit te oud is om te leer nie. Annette voltooi verskeie kursusse. Dit was 'n verrykende ervaring wat sy graag met haar mede landgenote by haar terugkoms so spoedig moontlik wil deel. Dankie Annette dat jy jou ervaring en kennis met die jonger geslag wil deel, veral met jou dramaskool in die Laeveld. Sy sê “Behoorlike opleiding in drama is 'n lewensvaardigheid”.
Annette vestig haar in die Laeveld, Witrivier, waar sy kreatief kan dink en leef. Weg van die stad se gewoel en lawaai. Hoewel sy heelwat tussen Witrivier en Johannesburg sal pendel sien sy uit na die nuwe uitdagings. Laevelders - julle is bevoorreg om so 'n talentvolle vrou en kunstenaar in julle midde te hê.
VLUM sien met vreugde uit na 2013 om meer van die formidabele vrou te leer, Annette wat 'n voorreg.
Elbie van der Schyff
VLUM skakelbeampte

Kuier saam met ons kunstenaar van 2013
Annette Engelbrecht - Januarie 2013
Elbie van der Schyff, Annette en Mariette Joubert |
Annette, Mariette Joubert en Rina Potgieter |